Die Poort 3: Helers. Nelia Engelbrecht
uniform voor my is nie juis impressive nie. Dit lyk beslis nie asof hy die stamvader van al die Therons in Suid-Afrika kan wees nie. Ook nie asof hy en sy outydse geweer ’n geveg met die Ander sal oorleef nie.
“Jy kan … uhm …” Skuins agter die soldaat buk my ander stamvader, Jean, by ’n beseerde matroos. “Jy kan die dokter met die beseerdes gaan help,” sê ek vinnig.
Jacques se oë flits na die Ander en toe weer na my. “Maar ek wil julle eerder …”
“Sure,” val ek hom in die rede, “jy kan terugkom as die geveg begin.” Of hopelik nie.
“Kali! Ons moet iets doen, en vinnig!” roep Tara terwyl sy oor die reling kyk.
“Jip,” sê Leonardo. “Daai dudes kom nou vinnig nader.”
“Wat is jou plan?” vra Nomsa.
My plan? Schucks. “Ons … ons moet hande vat en neurie.”
“Wát?” vra Nomsa en kyk na my asof ek nou net al my marbles verloor het.
“Neurie. Konsentreer. As ons Bospoort se Poort met konsentrasie kan toehou, kan ons hierdie een seker op dieselfde manier toekry?”
“Ja, right, met die bad dudes aan dié kant van die Poort,” sê Leonardo.
“Maybe kan ons hulle eers terugstuur voor ons die Poort sluit.”
“Hoe?” vra Tara.
“Onthou julle die waterkolom op die tafel in die Raadsaal?”
“Daai een wat hoog is om te wys die Poort is toe?” vra Nomsa.
Ek knik. “Ons het gekonsentreer om dit hoog te hou, en nou moet ons ons konsentrasie soort van in reverse sit sodat die kolom seewater waarop hulle staan, ondertoe kan sak.”
“Dis ’n baie weird redenasie,” sê Leonardo, “maar dit kan dalk net werk.”
Voor ek my oë toemaak en begin neurie, loer ek oor die kant van die skip. Ondertoe het iets soos ’n luik oopgegaan en die punt van ’n kanon steek daaruit. Net jammer die ouens van Mitigon is al hoër op. Daardie kanon gaan nou net water raakskiet.
Hmm … mmm. Ek kyk oor die reling. Dit lyk of dit sowaar werk – die kolom water is besig om laer te sak. Hmm … mmm. Uh-oh, iets is verkeerd. Gewoonlik veroorsaak ons sterk vibrasies om ons wanneer ons neurie, maar nou is daar niks nie.
Ek loer weer af. ’n Vreemde perserige skynsel vorm ’n koepel om en oor die Ander. Sherbet, dit beskerm hulle teen ons. Ek word yskoud. Die kolom water styg nou vinniger as ooit.
Binne ’n minuut of twee gaan die Ander hier bo by ons wees.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.