Recce. Koos Stadler
met riete toegegroei was. Ons kon tydens die oortog op die baie eilandjies rus, maar is genadeloos deur die muskiete toegetakel. Die rugsakke is dryfbaar gemaak deur hulle in grondseile toe te draai en toe te bind. Ons wapens en gevegsuitrusting is bo-op vasgemaak.
Toe ek om ’n draai in ’n breë deel van die rivier kom, was João Antonio, die Boesman wat die span se RPG-7 gedra het, al spartelend besig om sy uitrusting kant toe te trek. Sy pak het omgekantel en was vinnig besig om te sink. Nadat twee van ons hom tot op droë grond gehelp het, het ons agtergekom dat die RPG-lanseerder en al die hulpladings (wat die vuurpyl aandryf wanneer dit afgevuur word) op die bodem van die rivier lê. Ons moes ’n paar keer duik om alles te herwin en sy uitrusting weer dryfbaar te maak. Die middag het ons die RPG se hulpladings in die son uitgepak om droog te word, maar was bekommerd dat dit dalk te erg beskadig was om te werk.
Ná 36 uur van spartel en ploeter deur moerasse het die span uiteindelik die oostelike oewer bereik. Ons het die uitrusting droog gemaak en ’n nag se rus ingekry voordat ons die operasie hervat het. Sowat 2 km van die beplande hinderlaagposisie het die span in twee verdeel: Die spanleier het die hinderlaaggroep na die pad gelei en ek het met ’n klein reserwemag by die uitrusting gebly en die HF-radio beman.
By die hinderlaagposisie het sake ’n interessante wending geneem, soos ons ná die tyd gehoor het. Op die tweede dag het ’n swaargelaaide Swapo-vragmotor in ’n suidelike rigting op die pad aangekom. João, die man met die RPG wat in die rivier beland het, het doodluiters in die middel van die pad gehurk om ’n beter skoot in te kry. Sy eerste skoot het egter net ’n onwelkome “klik” opgelewer – die wapen het geweier om te vuur. Met die tweede probeerslag was dit dieselfde ding.
Teen dié tyd het die groot vragmotor reg op ons man afgestorm. João het hom nie van stryk laat bring nie. Koel en kalm het hy sy ander wapen, ’n 9 mm-pistool, uitgepluk en op die voertuig losgebrand, wat toe reeds so te sê op hom was.
Gelukkig het die res van die hinderlaaggroep nie vir João gewag om die voertuig tot stilstand te bring nie, maar met elke denkbare wapen begin skiet. Die bestuurder is in die proses getref en die voertuig is van die pad af die bosse in. João het net betyds uit die pad gespring en die vragmotor het hom net-net gemis.
Die span het vinnig korte mette gemaak met die laaste weerstand, foto’s van die voertuig en vier dooie Swapo’s geneem en die vragmotor aan die brand gesteek. Toe het hulle onttrek en na ons posisie terugbeweeg. My span het intussen ’n landingsplek voorberei en die taktiese HK laat weet. Toe die hinderlaaggroep by ons aansluit, was die helikopters reeds op pad. Die hele span is die middag opgepik en na Omega teruggeneem.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.