Uit oerwoud en vlakte. Sangiro

Uit oerwoud en vlakte - Sangiro


Скачать книгу
sonstraaltjies kom indring en die skaduwees onder die digste dele van die oerwoud laer af laat invlug. Aasvoëls, wat al van sonop af bo rondgedraai het en waarvan die getalle nog steeds aangroei, begin laer en laer vlieg en loer met gierige blikke op die buit onder. Was dit nie vir hul teenwoordigheid nie, dan sou ’n vreemdeling hom hier nou geheel verlate gevoel het; die enkele diere wat gedurende die nag in die nabyheid van die berghoek geloop het, is deur die jagters by hul vertrek verjaag geword; en in die stilte sou hy nouliks kon vermoed dat hier digby onder die akasia ’n leeumannetjie, met kop en voorpote onder ’n ruie bos silwergrou maanhare bedek, in onrustige sluimering lê, ’n bietjie hoër op die ou maanhaar met sy geselskap onder die krans rus, en ’n weinig laer af, waar die donker geboomte begin, die maat van die gevalle renoster, teen ’n oliewenhoutboom geleun, sy middagslaap geniet.

      Die jong mannetjie ontwaak uit ’n halwe sluimering en ontdek dat die skaduwee op ’n ander plek val; toe staan hy op en stap langsaam weg om die ander leeus te gaan opsoek.

      Die aasvoëls, wat by die leeu in ’n besonder slegte reuk staan, reeds omdat hulle altyd sy buit verslind sodra hy sy rug draai, het dit nie gewaag om op die grond te gaan sit solank as die jong mannetjie nog onder die boom lê nie: hy was veels te ná aan die begeerde buit. Dog nouliks is hy twintig tree weg, of die eerste aasvoël val neer op die dooie leeuin. Woedend spring die leeu om, en die aasvoël het juis nog tyd om homself deur ’n haastige vlug te red.

      In stede van sy vorige plan te volg, kruip die leeu nou onder digte bossies in op die wal, ná aan die dooie leeuin. Vandag sal die aasvoëls en jakkalse nog nie aan sy gesneuwelde wyfie raak nie.

      Hoofstuk 5

      Betowerende maanlig oorvloei die berge en sprei ’n sagte glans op die vlakte, waardeur die sandsloot met sy donker geboomte kronkel. ’n Aangename windjie waai van onder af hierheen en maak die gerunnik en skerp geblaf van sebras in die verte hoorbaar – hier waar ons drie leeus met die kleintjies op die rotsplate rus. Nie te ver nie klink nou en dan die klaende gehuil van hiënas en jakkalse, wat troosteloos omswerf en wonder wat van die klompie leeus geword het wat in die laaste maande aan hulle so menige lekker stukkie oorskiet van sebra of wildebees laat bly het. Die dooie renoster het hulle nog nie ontdek nie, want van gister af waai die wind berg op, en die skuilplekke van die hiënas is meestal onder in die sloot: hierdie hoek het hulle lankal eerbiediglik aan die leeus afgestaan.

      Van sononder af lê die klompie leeus al hier op die rotsplate, en hulle luister nog altyd of daar van hul twee makkers niks te hore is nie. Hulle het in die vroeë môre die geweerskoot en die daaropvolgende smartkrete van die sterwende leeuin gehoor, en lank daarna het hulle wakker gebly en gewag om te sien of een van die twee sou uitkom. Dat die een nie meer sou terugkom nie, het die ervare ou leeus maar alte duidelik begryp uit die geluide wat hulle van hier verneem het. Die beweginge van die mense later, en die skoot op die jong mannetjie, het nie gedien om hulle geruster te maak nie. Daarom lê hulle nog hier, hoewel die dag lank verby is en alles lok tot ’n toertjie deur die bekoorlike maanliglandskap.

      Die hiënastemme het intussen hul onrus laat aangroei. Sou die gespuis by die renoster wees? Dié gedagte en die feit dat geen leeustem hom daar onderkant ter verdediging van die buit laat hoor nie, laat die ou leier eindelik opstaan en uitvorsend van sy hoogte op die rots na benede afkyk. Maar op dié afstand kan hy niks onderskei nie; en ’n oomblik later gly hy, gevolg deur die ander leeus, in die maanlig deur die gras teen die berg af. Geen geluid kondig hul koms aan nie, want die ervare ou leier vrees dat daar gevaar om die dooie renoster skuil, en wil nie hul teenwoordigheid aan die onsigbare vyand verraai nie.

      Halfweg na die renoster, op ’n breë streep wit sand, waar die bome yl staan, sien hulle die jong mannetjie aankom. Hy is maklik aan sy glansende maanhare te herken, al sou sy gedrag nie dadelik gewys het dat dit hy is nie; en toe hy hulle sien, laat hy ’n kreun van verligting hoor en kom vinnig nader. Stilswyend ruik hulle almal aan hom, wat hom baie welgevallig is; want die vervolging van die mense, en die eensaamheid van die môre af, het hom laat begin verlang na hul geselskap; bowendien is daar iets in die houding en maniere van die grys ou maanhaar wat sy volgelinge aantrek en vertroue inboesem. Dit was heeltemal natuurlik dat die jong mannetjie in sy radeloosheid daaraan sou dink om die ou leier te gaan haal en na die ongeluksplek te voer.

      Daarheen draai hy ook nou terug; en na hy die ander leeus twee of drie keer met ’n “uuuupp” aangespoor het en omgekyk het of hulle aankom, draf hy vinnig vooruit, asof hy begerig is om hulle te wys wat gebeur het.

      Met die neus teen die wind gaan die leeus versigtig op die renoster af, en wantrouig snuif hulle die lug op om seker te maak dat daar geen verraad skuil nie. Op die wal in die skaduwee van die akasia uitgekom, ontdek hulle met verbasing dat twee vreemde leeus reeds rustig aan die renoster smul. Dit is vir ons leeus, wat reeds vir die laaste twee dae in geen aangename stemming verkeer nie, tog eenmaal te veel. Onheilspellend krom die twee ou mannetjies se sterte, en langs ruggraat en nek rys die hare steil orent; en nader kom hulle, met dreigende gebrom, wat hulle harder en harder uitstoot by elke tree.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RjgRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjA4 OjAxIDExOjE2OjUzAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAF6IAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDu08FQuDnV Oax21xEBxMfj/KQqm1suYPTdQ8gtjlj/AO1+81Z88pjOMeHQ16ia+eXDwj08PF/fnj/1fG2hG4k3 tenk2ElUF1fri7ePc817Z12Rta6P6/uUgTXk22k+wOa2weAIG1/9hyjHNRNECxx8BIltj4ZZPe/u +n5VxxEefDxbfpXw8DZgpQVVb7m10mdtltm+O4b7tn9pTYKq8gNY11e4EbY9jo13DX81GPMcVekA Ewgblrx5IxnUfT6v5yH6SDjq9ddTt+jH/w

Скачать книгу