Helse manier van koebaai se. François Bloemhof

Helse manier van koebaai se - François Bloemhof


Скачать книгу
hy moet gebruik om vinniger te hardloop. Hoe het hy so onfiks geraak, wanneer het dit gebeur?!

      En hy moes geweet het jy kry niks verniet nie.

      Tien minute gelede, sagte lippe op syne, in die oomblikke toe hy nog geglo het jy kry wel soms iets verniet. ’n Tong wat sy lippe oopmaak, die punt daarvan wat sy tong vind en daarmee speel.

      ’n Geluid, dof op die agtergrond. Voordeur wat oopgaan?

      “Did someone come in?” vra hy.

      “No, the house is great but it’s old, it’s full of strange sounds. Just relax.”

      “I’m sure I heard …”

      “Kiss me again.”

      Minder as ’n uur gelede, toe sy lewe nog op koers was, hy wat ’n kroeg binnegaan: Bert’s Place in Woodstock, waar hy graag uithang. As hy gatvol is vir sy werk – nie dat hy nou meer daai werk het nie, hy’t gister gefokof – of sommer net de moer in is, is dit al plek waar hy afkoel.

      “Die usual, Johnny?” vra die ou agter die counter, soos hy altyd vra. Hy kan nooit die ou se naam onthou nie.

      “Jy weet dan.”

      Johnny skrop nes by ’n alleentafeltjie met ’n Budweiser en buig eers daaroor om ’n ruik te vat. Aaaa. Bring dan die botteltjie se tuit, wat hom altyd aan ’n rewolwer se loop laat dink, na sy lippe en kantel sy kop, want die eerste sluk moet mos ’n meneer wees. Daarna kan jy dit rustig vat, maar daai eerste rush het jy nodig.

      Bert’s Place is aan die vol kant, dit smaak hom daar’s vanaand ’n klomp ouens in die Kaap wat gatvol en de moer in is. Dalk het almal dose vir base. Maar, onthou hy weer, hy’t nie meer vir Jacobs vir ’n baas nie. Hy kry die reuk van bier en sterker drank en ’n ondertoon van sweet, en voel tuis. Hy wonder of van hierdie ouens ook ’n pa het wat heeltyd aan hom sit oor hoe hy nie ’n ordentlike job kan kry of hou nie, sonder dat hy eens behoorlik weet wat sy pa doen! Ook maar lekker vol secrets as hy die dag lus het, maar hy, Johnny, mag hy ook secrets hê? Never.

      Twee Budweisers later, of eerder twee en ’n half, is die ou skielik voor hom.

      “Can I take a seat?”

      “Sorry?” want óf die ou het ’n vreemder, sterker Afrikaanse aksent as waaraan Johnny gewoond is, óf hierdie is actually die vierde botteltjie.

      “Good evening,” is egter die antwoord wat hy kry en die man met die kaalgeskeerde kop het klaar die stoel uitgetrek om skuins oorkant hom neer te sak. “Long day? Looks like it.”

      “Ja well.” Johnny besluit hy kan tog maar geselskap duld. “Can’t begin to tell you. Where are you from?”

      “Netherlands. You noticed the accent? It’s a hard one to shake off. But as long as you understand what I’m saying, we’ll be alright.”

      “Yep.” Maar hy wil nie hê die ou moet te veel praat nie, hy’t gekom om alleen te wees, net tussen mense. Gatvol ken nie maat nie.

      Toe sê die man eers niks meer nie. Minute gaan verby en nou’s die eienaardige ding dat Johnny ongemaklik wil word. En hy wórd, want die kroeg is besig maar daar is nog twee tafeltjies oop, so vir wat het die ou hier kom sit? Hy lyk na ’n tawwe kalant so met die kaalkop. As hy hom met ’n rede kom opsoek het, sou hy mos nou al gesê het.

      “Are you in the mood for company?” vra die man skielik.

      “Nope.” Donkie, hy moes geweet het. Lyk hy dan soos ’n moffie? “I don’t swing that way.”

      Die man lag. “Now that’s what I call a misunderstanding! My friend will be interested, I think. I should have made that clear. My young lady friend.”

      “Are you her pimp?”

      “Okay then. Forget I said anything. I just thought, you looked so …”

      Johnny kan dit nie ontken nie, hy stel belang. Obviously! Wanneer laas het hy ’n stukkie gekry?

      “If she … is interested in, uhm, something like that, why doesn’t she get it from you?”

      “We don’t have that kind of relationship.” Die man wil duidelik nie daardie aspek verder bespreek nie. Klink amper verveeld.

      “Why not?”

      “That’s my business.”

      “What does she look like?”

      “Oh, she’s very pretty. Beautiful, really.”

      “So? And? Does she want anything in return?”

      Hy’s besig om te probeer dink hoeveel hy in sy agtersak het. Noudat die gedagte by hom posgevat het, hoekom nie? Dit sal net die ding wees om hom reg te ruk.

      “She would never want money for an activity she enjoys so much!”

      “Do you have a photo of her?”

      Die man lag, maar: “Yes, I do.” Hy haal ’n selfoon uit sy baadjiesak en soek deur die images tot hy die regte een kry.

      Die meisie kyk uitdagend na die kamera. Die foto wys net haar bolyf, en dis kaal. Sy lyk Indies, haar oë baie donker, die digte los hare om haar skraal gesiggie swart. Lippe wat net mooi dinge kan sê. Beautiful, really.

      Sal hy regtig? So iets is gevaarlik. Want sê nou die man … Maar wat kan hy wil maak? Hy wat Johnny is, het tog nie geld nie en lyk ook mos nie of hy rol in die pitte nie.

      Hy weet dis die laaste paar sekondes van vrae vra, en nou vra hy hulle nog net vir homself. Hy’s te lus. Maar kry jy rêrig meisies wat soos hy oor dié soort ding voel – wat mal is oor seks, en dis dit? ’n Meisie wat nie wil verloof raak of trou voor sy dit vir jou gee nie? En as daar ’n ou is wat namens haar ’n ander ou nader, is dit nie te goed om waar te wees nie?

      Die Hollander glimlag vriendelik.

      “So, what do you say?”

      Twintig minute gelede, hulle wat voor die huis stilhou. Die man klim nie uit die Land Cruiser nie, die sterk enjin loop nog en hy beduie vir Johnny daar’s die voordeur.

      “You’re not coming in?”

      “Why, do you want me to watch?”

      “No!” Johnny sluk, skielik benoud. Wurg dan ’n laggie uit. “No offence, but no. So, I just go to the door and knock?”

      “That’s all. Get out now, I’ve got to get going, I have to be somewhere. I’ll come pick you up in an hour or so.”

      “Right … Thanks!”

      En Johnny klim uit die voertuig en dit trek weg. Dalk is dit als net ’n grap. Jy weet nooit hoe kry party mense hulle kicks nie. Hy gaan aan die voordeur klop en dan is daar niemand tuis nie. Die meisie wie se foto op die selfoon was, is net ’n girl, dalk die ou se eks. Of dis rêrig sy wat hier bly, maar sy en die ou het uitgemaak en nou wil hy haar terugkry deur ’n jagse kêrel hier aan haar deur te laat klop.

      Maar die lusgeit jaag hom voordeur toe en hy klop, en amper dadelik maak sy oop, so stunning soos op die foto, en glimlag asof sy hom verwag het, al het Johnny nie opgemerk dat die ou haar bel of SMS nie.

      “Hello. I’m Feroza.”

      “Hi.” Hy sluk. “I’m Johnny.”

      “Come in, Johnny,” en die meisie begin sy hemp losknoop nog voor sy die deur klaar toegestoot het. Hy hoor dit op knip gaan.

      En nou hardloop hy kaalgat in die straat af en weet nie hoe ver die ou agter hom is nie.

      Johnny het gevries toe hy so sonder geluid naby hulle verskyn. Dan wás dit die voordeur wat hy hoor oopgaan het, en hier is die man, en dis verkeerd. Hy wil vir ’n sekonde dink die ou wil net kyk wat hulle aanvang, maar hy kan aan sy gesig sien hy’t iets kom dóén, en met ’n verdere tree is hy by Johnny. Die blits van ’n lem wat sy linkervoorarm oopsny, en saam met die pyn kom die besef dat die mes net is om


Скачать книгу