Die afreis van Abel Lotz. Chris Karsten

Die afreis van Abel Lotz - Chris Karsten


Скачать книгу
en spazas en straatsmouse. Onder hom, as hy byna vertikaal afkyk, die nimmereindigende toue kopers met volgelaaide trollies by die ry betaalpunte – veertien kassiere, alles kontant.

      Majid lees weer die boodskap wat sy PA op sy lessenaar kom neersit het. Dis van sy oom wat hom kon gebel het, maar respek betoon en ’n boodskap by sy PA los: Molla Burki sê as jy tyd het, sal hy vanaand ’n besoek waardeer, ná Isha’a.

      As jy tyd het. Molla Burki is die patriarg van die familie; as hy ’n boodskap los vir ’n besoek, dan máák jy tyd. En natuurlik eers ná Isha’a, die vyfde en laaste gebed van die dag.

      Majid is deeglik onder die indruk van die las en verantwoordelikhede op sy eie jong skouers. Hy is die gesalfde, die kroonprins van Johannesburg se welgestelde Burki-familie. Op dertig al besturende direkteur van die EasySave Cash & Carry-ryk, reeds elf groothandelaars landwyd.

      Majid, met ’n MBA van Wits, wou eintlik een van Harvard gehad het.

      Hy was reeds gekeur toe die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg destyds sy aansoek vir ’n studievisum afgekeur het – sonder om redes te verstrek. Hy en sy gegriefde familie vermoed die redes het alles te doen met ras, geloof en herkoms.

      Majid is in Lenasia, Johannesburg, gebore, maar sy ouers het eens in Pageview gewoon. Daar het sy pa ’n materiaalwinkel in Fietas se 14de Straat bedryf en vyf keer op ’n dag in die groen-en-wit moskee in 22ste Straat gaan bid, naby die Braamfonteinse begraafplaas met sy afdeling vir Moslemgrafte en die mazaar met die oorskot van ’n Moslemheilige.

      Op die visumaansoek moes Majid onder meer sy pa se plek van geboorte verstrek, en sy pa is in Pakistan gebore, nie in Suid-Afrika nie. Sy pa se geboorteplek is Kanigoram, Suid-Waziristan.

      Hy moes ook sy pa se sterfdatum invul. Nadat apartheid sy pa van sy winkel in Fietas beroof het, het hy in 1982 – die jaar van Majid se geboorte – aangekondig dat hy teruggaan Pakistan toe. Hy het gesê dis sy plig om teen die Sowjets te gaan baklei wat die oeroue grond van die Pashtun in Afganistan probeer verower. Dis ook waar sy pa dood is, en nou doen die Westerse veroweraars dieselfde ding, en dit mag nie gebeur nie.

      Majid se visumaansoek was in 2004, drie jaar ná 9/11, vir die begin van 2005 se studiejaar in Boston. Hy is uit meer as ses duisend MBA-applikante van regoor die wêreld gekeur vir dié prestigekursus, een van die gelukkige nege honderd. Maar sy visumaansoek is afgekeur; sy paspoort het stempels in dat hy Pakistan besoek het. In daardie tyd het Osama bin Laden te midde van hewige Amerikaanse bomaanvalle uit die berggrotte van Tora Bora in Oos-Afganistan gevlug en vermoedelik skuiling gekry in die onregeerbare en onherbergsame FATA-stamgebiede van Pakistan – Suid-Waziristan een van hulle. Ook Taliban-vegters van molla Omar, Bin Laden se Afgaanse beskermheer, het met die Amerikaanse inval hulle toevlug in FATA gaan soek en gekry. Daar was hulle veilig, want die stamgebiede is kwalik vir Pakistan se eie veiligheidsmagte toeganklik.

      Majid het berus en Wits toe gegaan. Met sy MBA het hy die baie lonende Cash & Carry-besigheid oorgeneem wat molla Burki begin het nadat 14de Straat se basaar gesluit is. Die inwoners en handelaars van Pageview is ontwortel en na Lenasia en die nuwe Oosterse Plaza in Fordsburg gestuur – terwyl die wittes van Vrededorp in hulle huise kon agterbly, geskei deur 11de Straat, Fietas se eie Berlynse muur.

      “Majid,” sê molla Burki die aand in sy huis in Lenasia, groot soos ’n boetiekhotel, genoeg slaapkamers vir drie familiegeslagte, “vertel my waar ons staan.”

      Hier praat hulle steeds Pashto. Majid weet sy oom bedoel nie die winkelryk nie. Met die besigheid gaan dit goed, béter as goed. Die winste van die EasySave-groep is soos om jou eie geld te druk, want almal moet eet, internasionale resessie ofte nie.

      Sy oom is voorsitter van die EasySave-direksie, maar as hy vra waar hulle staan, bedoel hy iets anders. En Majid is vlug van begrip.

      “Ek’t alles gekry,” sê hy. “Veilig in my kluis toegesluit, al die dokumente is gereed en in orde. Ons wag net vir Sajida en haar ma.”

      “Wanneer kom hulle? Ek’t nou vergeet, die geheue raak kort.” Molla Burki krap met ’n voorvinger in sy lang, grys baard, die lig van die staanlamp flikkerend op sy brillense.

      “Oor ’n week, volgende Woensdag. Ek sal hulle persoonlik by die lughawe gaan ontmoet.”

      “En die geld, is dit oorgeplaas?”

      “Dis oorgeplaas, soos elke maand.”

      “Hoeveel is daar nou?”

      “Ons trust het nou honderd en sestig bakkerye oor die hele Pakistan, van Karatsji in die suide tot Mingora in die noorde, van Quetta in die weste tot Lahore in die ooste. In Islamabad en Peshawar is ons nuwe koringmeulens in produksie. Drie honderd nuwe Singers is gekoop vir ons klerefabrieke in Jacobabad en Faisalabad en Gujranwala. In Dara Adamkhel is die nuwe madressa betrek, in Makin is die skade aan die moskee herstel, in . . .”

      “Ja, ja,” sê molla Burki, haak die draadrame van sy bril agter sy ore uit en vryf oor sy oë.

      Majid merk vir ’n oomblik ’n toon van ongeduld in die sagte stem. Hy weet waarheen die gesprek nou mik, maar hy vat sy tyd. Sy oom wil nie met detail belas wees nie, stel nie belang in die mikrobestuur van hulle kruideniersryk in Suid-Afrika nie. Hy wil die groter prent sien, die panorama, stel meer belang in die besonderhede van hulle humanitêre hulp in Pakistan, veral in Kanigoram. Dís die detail wat die molla vanaand interesseer: Kanigoram, plek van die Burki’s.

      Molla Burki wil weet van hulle stam en hulle familie, die broers en ooms wat agtergebly het, en hulle vroue en kinders, Majid se neefs en niggies, en almal wat gesterf het toe Hakimullah se Taliban en Yuldashev se Oezbeeks daar gaan wegkruip het en die bomme en dood gelok het na daardie mooi, vrugbare vallei. Die Pakistanse leër het hulle daar gaan soek op aanstigting van die Amerikaners, en wanneer die Pakistanse soldate traag is, stuur die CIA sy onbemande robotvliegtuie in.

      “Is die geld daar? Vir Reema, my broer Hassan se weduwee?”

      “Dit het daar aangekom, ek het die advies van ons trust gekry,” sê Majid.

      “En vir die ander weduwees en die kinders wie se mans en pa’s gesterf het?” Die slagoffers toe die Predator laatmiddag die groep by die begraafplaas met sy Hellfires getref het, Sajida se pa en twee broers onder hulle.

      “Dit word uitbetaal,” sê Majid.

      Molla Burki het die trust in Pakistan gestig en as welsynsorganisasie geregistreer vir humanitêre hulp aan Moslemvlugtelinge. Ook aan gewonde moedjahedien, aan die weduwees en wese van Moslemmartelare, aan die naasbestaandes van Moslemprisoniers wat onwettig in Westerse tronke aangehou word, en om skole, hospitale en moskees te herbou wat deur die Westerse besetters verwoes word in hulle wêreldwye poging om Moslems tot onderdanigheid te dwing.

      “Het jy al meer besonderhede oor die aanval gekry?” vra molla Burki. “Die redes?”

      Majid knik. “Ons kry verslae dat hulle vir Nasir Raza gesoek het.”

      “Kry tee.” Sy oom wuif met sy hand na die skinkbord.

      Majid vat ’n koppie. Hy sluk en loer oor die rand na sy oom.

      “Is Nasir dan terug?” vra die molla. “Ek dog hy’s saam met die Oezbeeks weg.”

      “Dis wat hulle sê: niemand het hom gesien nie. Die Amerikaners het gedink hulle is terug, Nasir en die Oezbeeks, en die drone gestuur.”

      Molla Burki vat ’n sluk van sy tee. “Nasir stel ’n voorbeeld, ons moet hom nie vergeet nie. Sy naam en sy dade raak bekend, dit spoor ander jong manne en vroue aan.”

      “Hulle soek hom al sedert die Chapman-insident.”

      “By Khost, dan nie?” sê die molla.

      Majid weet goed, en hy weet die molla weet ook goed, van daardie insident. Die dapper fedayeen Humam al-Balawi het met plofstof om sy lyf sewe van die CIA-moordenaars hel toe gestuur toe hy by hulle basis ingelaat is sonder dat hy deursoek is. Die Amerikaners was so gerus, het gedink Humam is húlle informant.

      “Dis


Скачать книгу