Tot siens, koning Arthur. Annelie Ferreira
vanjaar gaan daar niks aan nie.”
“Dalk gaan dit beter vorentoe,” sê ek hoopvol.
“Mm … Eina!” Ma skud ’n vinger. “Hoe was dit by die ouetehuis?”
“Orraait.” Ná ’n volle dag in die kombuis het ek ’n teorie oor reuke ontwikkel: As kos pap genoeg gekook word, ruik alles na kool. En in die ouetehuis word min kosse hierdie lot gespaar. As die mense in die kombuis kon, sou hulle seker slaai ook ’n beurt op die stoof gegee het.
“Wat het jy alles gedoen?” vra Ma.
“Wel … van die kombuismense het nie opgedaag nie, so ek het omtrent die hele dag daar gehelp, met kosmaak en opruim en so aan.”
“What a waste,” brom Ma. “What a waste.”
Ag, Ma. Kan jy nie maar één keer …
Ek loop moeg kamer toe.
Voor ek my deur toemaak, hoor ek Fransie ’n epic nies in die bad gee. Taffies, ek gaan nie sy neus afvee nie, hy moet maar so sit.
Nes ek met my skuld.
Die konstabel se gesig flits skielik voor my, hard in die skerp geel lig van die polisiekantoor, Hein wat met hulle baklei, Ma so kwaad, kwaad.
Nuwe skuld.
Ou skuld.
Skuldig, skuldig.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.