In die land van pamperlang. Linda Rode
alt=""/>
Trommetjie
Rollerommetjie
Lank, lank gelede was daar ’n spierwit boklam met
rooibruin kolle en vier netjiese swart steweltjies. Sy
naam was Bokkie-my-Lam.
Op ’n dag sê Bokkie-my-Lam vir sy ma: “Mamma-
mê, ek gaan bietjie vir Ouma kuier. Ek sal terug wees
voor die son gaan slaap. Voor die uil begin whoe-hoe.
Voor die kiewiete kie-wiet, kie-wiet, begin skree.”
“Sê tog groete vir Ouma, Bokkie-my-Lam,” sê sy
ma. “En pasop vir Jakkals-agter-die-Bos.”
Trommetjie Rollerommetjie
3
Huppel-huppel, daar gaan Bokkie-my-Lam.
Maar hierts! Kyk net so! Daar loer Jakkals agter ’n
bos uit.
Hallo, hallo, Bokkie-my-Lam!
Oe! Lamsvleis smaak so nammie-nam.”
Bokkie-my-Lam skrik dat sy stertjie wip. Jakkals-
agter-die-Bos wil hom opeet!
“Hm . . . wag net ’n bietjie,” sê hy slim. “Ek’s op pad
na my ouma wat my baie lekker kos gaan voer sodat ek
spekvet word. Dan vang jy my liewer as ek terugkom.”
Jakkals-agter-die-Bos dink so bietjie, dink so bietjie.
Ja, dit klink goed. Hy sal wag. En Bokkie-my-Lam
huppel verder tot by sy ouma se plaas.
Ouma Bok gee hom so baie kos dat sy magie bol
staan.
Toe die son begin sak, sê Bokkie-my-Lam: “Ouma,
ek moet nou huis toe, maar Jakkals gaan my vang langs
die pad.”
Ouma Bok sê: “Toemaar, Ouma het ’n plan. Kyk,
daar onder die toorkruidbossie lê ’n mooi rooi trom.
Net die ding vir jou.”
En wlappe-wap, maak sy die trom se bokant los en
laat Bokkie-my-Lam inspring. Toe sit sy die dekseltjie
terug en gee die trom ’n stampie. “Huis toe, Trommetjie
Rollerommetjie!”
Trommetjie Rollerommetjie rol met Bokkie-my-
Lam daarin reguit huis toe. Wip-wip oor die klippe.
Bokkie-my-Lam lag kliphard, so lekker kielie sy maag
van die rondomtalie. “Om en om, mooi rooi trom!”
sing hy.
Maar daar hoor Jakkals-agter-die-Bos sy stem.
“Dis mos Bokkie-my-Lam,” sê hy. En hy keer die trom
voor. “A, die boklam gaan nou spekvet wees en lekker
smaak!”
Bokkie-my-Lam skrik hom boeglam.
Maar rollerom, rollerom, wip die trom vorentoe en
stamp Jakkals op sy swart snoet dat hy ie-aau! ie-aau!
weghardloop. Ver, ver weg.
Trommetjie Rollerommetjie
4
Bokkie-my-Lam rol verder in die mooi rooi trom.
Oor die klippe. Deur die sand. Tot by sy ma se voordeur.
Daar vlieg die deksel af en Bokkie-my-Lam spring
uit en roep: “Mamma-mê, ek’s terug! Voor die son
onder is. Voor die uil begin whoe-hoe. Voor die
kiewiete kie-wiet, kie-wiet, begin skree. En Jakkals-
agter-die-Bos is ver, ver weg!”
Trommetjie Rollerommetjie
5
Diedeldonsie
Op ’n dag loop ’n koekoekhen en haar kuikentjie bos
toe om daar rond te skrop vir saadjies. Die kuikentjie
was geel en sy naam was Diedeldonsie.
“Onthou, moenie die groot sade eet nie,” sê Koekoek-
hen vir die kuikentjie. “Hulle sal in jou keel vassit en
dan kan jy hik en verstik.”
Maar Diedeldonsie is honger, en toe hy ’n groot
saad tussen die blare kry, sluk hy dit in.
Ugge, ugge. Hy begin hik. En verstik.
Die saad sit in sy keel vas.
“Ag, Diedeltjie, my donskind,” kerm Koekoekhen,
Diedeldonsie
6
en hardloop na die stroompie om water te vra.
“ Stroompie, gee tog ’n bietjie water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Die stroompie sê:
“ Gee my ’n akkerdoppie,
dan gee ek jou ’n bietjie water.”
Die hen hardloop na die akkerboom en sê:
“ Akkerboom, gee my ’n akkerdoppie,
dan gee die stroompie vir my water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Die akkerboom sê:
“ Skud my liggies heen en weer,
dan gee ek jou ’n akkerdoppie.”
Diedeldonsie
7
Die hen hardloop na ’n seuntjie en sê:
“