In die land van pamperlang. Linda Rode
gee hy my ’n akkerdoppie,
dan gee die stroompie vir my water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Die seuntjie sê:
“ Gee my ’n paar skoene,
dan skud ek die akkerboom.”
Die hen hardloop na die skoenmaker anderkant die
bruggie en sê:
“ Skoenmaker, gee my ’n paar skoene,
dan skud die seuntjie die akkerboom,
dan gee die akkerboom my ’n akkerdoppie,
dan gee die stroompie vir my water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Diedeldonsie
8
Toe lag die skoenmaker, want dit was sy eie seuntjie
wat die skoene gevra het. En hy sê:
“ Hier’s twee mooie skoentjies van leer,
gee my daarvoor ’n koekoekveer.”
Die hen gee die skoenmaker ’n koekoekveer,
die skoenmaker gee haar twee skoentjies van leer,
sy gee die skoentjies vir die seuntjie,
die seuntjie skud die akkerboom,
die akkerboom gee ’n akkerdoppie,
die stroompie gee water,
die hen gee die water vir Diedeldonsie . . .
en Diedeldonsie
hou dadelik op
met hik
en
verstik.
Diedeldonsie
10
My liewe
Kokkenennetjie
In die ou-ou dae het daar ’n haan en ’n hennetjie in
’n houthuisie met ’n groen deur en twee vensters met
groen gordyntjies gewoon.
Haan se naam was doodgewoon Haan.
Hennetjie se naam was Kokkenennetjie.
Omdat elke huis ’n muis moet hê, het daar ook
’n muis saam met hulle gewoon, en hulle was almal
doodgelukkig.
Maar naby die huisie, in ’n populierbos, het ’n
jakkals gewoon. ’n Jakkals met ’n spits snoet en rye
My liewe Kokkenennetjie
11
skerp tande. En hierdie jakkals was baie lus vir vet
hoendervleis.
Elke dag sluip hy skelm-skelm rond tussen die bosse
en bome om Kokkenennetjie se huis, en mompel-brom
saggies:
“ My liewe Kokkenennetjie,
my liewe klein dingetjie,
ek’s vreeslik lus
vir ’n hoenderdis.”
Eendag terwyl Kokkenennetjie skottelgoed was en
Haan en Muis met vol mae sit en dut, sluip Jakkals
deur die houthuisie se tuin en tok-tok-tok op die groen
deur.
Ag nee, dink Muis en dut voort.
Ag nee, dink Haan en dut voort.
Kokkenennetjie dink dis die posman en gaan maak
die deur oop.
Wloep! spring Jakkals in by die deur.
My liewe Kokkenennetjie
12
Kokkenennetjie vlieg op ’n stoel, maar Jakkals
gryp haar en prop haar in sy sak. Muis glip onder die
tafeldoek in, maar Jakkals pluk hom uit en stop hom in
sy sak.
“Help! Help!” kraai Haan en flapper sy vlerke, maar
Jakkals gryp hom aan sy keel en druk hom in die sak.
Hy bind die sak toe en gooi dit oor sy skouer. Heelpad
huis toe fluit hy vrolik op die wysie van “My liewe
Kokkenennetjie, my liewe klein dingetjie”.
“O tog, o tog!” kla Muis en Haan in die sak.
Maar Kokkenennetjie kloek saggies: “Toemaar, ek
het ’n plannetjie klaar.”
Die son brand, die sak is swaar, en gou-gou plof
Jakkals neer onder ’n koelteboom. Pfoefff, blaas hy.
“Eers bietjie rus.” En grr, grr, snork hy, vas aan die
slaap.
Toe haal Kokkenennetjie ’n skêr, ’n naald en garing
uit haar voorskootsakkie. Soos blits knip sy ’n gaatjie
in die sak en sê vir Muis: “Glip uit en gaan haal ’n klip
wat net so groot is soos jy.”
My liewe Kokkenennetjie
13
Muis maak so en kom druk die klip in die sak.
Kokkenennetjie knip die gat groter. “Toe, Haan,”
sê sy, “gaan haal ’n klip net so groot soos jy.”
Haan maak so en kom druk die klip in die sak.
Toe glip Kokkenennetjie uit die sak, sy gaan haal ’n
klip net so groot soos sy en druk dit in die sak. Daarna
werk sy die gat toe met haar naald en gare.
En dáárna hardloop die drie blitsvinnig na hulle
houthuisie,