In die land van pamperlang. Linda Rode
Derde Varkie maak pap en spinasie vir aandete. Hy
sê vir sy boeties: “Sien, as mens klein is, moet jy slim
wees, het ons mamma mos gesê.”
Die drie Ottepotte en die wolf
22
Die ou, ou man met die
lang spierwit baard
Lank gelede was daar ’n ou, ou man met ’n lang
spierwit baard wat hy nooit gesny het nie. So lank was
sy baard dat dit om sy tone gekrul het, so lank dat hy
dit om sy skouers kon draai as dit koud was, so lank
dat dit in die wind om sy ore gewapper het.
En . . . so lank was dit dat ’n tinktinkie-voëltjie
daarin nes gemaak het, en ’n skoenlapper en ’n
liewenheersbesie daarin geslaap het. Al drie gelukkig
en hoogs tevrede met hul snoesige huis.
Die ou, ou man met die lang spierwit baard
23
“Liewe Baardman,” kwetter Tinktinkie, “jy het die
sagste, warmste baard vir ’n tinktinkie-nessie.”
Skoenlapper fladder in en uit die lang wit baard en
sê: “Jy moet nooit jou baard sny nie. Dis die lekkerste
blyplek vir my.”
En Liewenheersbesie maak haar rooi vlerkies met
die swart kolletjies oop en sê: “Hier in jou lang wit
baard voel ek veilig.”
Dan glimlag die ou, ou man. Sy oë blink. En hy
vergeet heeltemal dat hy al oor sy lang baard begin val . . .
Maar op ’n dag kry hy ’n verkoue. ’n Nare verkoue.
’n Aaklige verkoue.
’n Al-ler-aak-lig-ste verkoue.
Eers word sy neus so rooi soos ’n beet.
Toe begin sy oë water.
En toe begin hy nies!
A-tie-sjoe! A-tie-sjoe! Aaaaa-tiésssjjj!
By die heel laaste aaaaa-tiésssjjj! fladder Tinktinkie
en Skoenlapper en Liewenheersbesie verskrik uit sy
baard. Dit voel of die wêreld om hulle ontplof.
Die ou, ou man met die lang spierwit baard
25
“Liewe Baardman,” sê Tinktinkie treurig. “So ’n
ontploffing is te erg vir ’n tinktinkie. Ek gaan vir my
’n nessie maak in ’n stewige boom met digte blare.”
Skoenlapper fladder om die ou man se kop.
“Verskoon tog,” sê sy met ’n sagte stemmetjie, “maar
ek gaan bly liewer in die kelk van ’n lelieblom. Daar is
dit veiliger.”
En Liewenheersbesie sê: “Jammer, maar ek gaan
bly liewer op ’n groen vinkelstingel. Jou baard raak
nou gevaarlik.”
Toe gaan staan die ou, ou man met die lang spierwit
baard vir die eerste keer in jare voor ’n spieël.
Hy sê: “Dis waar. My baard raak gevaarlik! Môre-
oormôre val ek oor my eie baard en breek my been.
Waar’s my skêr?”
Hy gaan soek sy skêr wat al jare weg is. Toe hy hom
eindelik kry, knip hy sy baard zirts, zirts, af. Mooi kort
en netjies.
Hy kyk weer in die spieël en hy sê: “Haai, hoe jonk
lyk ek nou.”
Die ou, ou man met die lang spierwit baard
26
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.