Kristel Loots-omnibus 1. Kristel Loots
stap. Die toppie klou aan haar bolyf en die natheid en die koue wys meer van haar as wat betaamlik is. As sy moes raai dat sy in die water sou beland, sou sy ten minste ’n bra onder die flentertjie lap aangetrek het wat as toppie dien.
Luca kyk spottend na haar. “Niks wat ek nie voorheen gesien het nie, skattebol,” terg hy. “Ontspan gerus.”
Die “skattebol” val hard op haar ore, want sy hoor die hol klank daarin. Die betowering is verby!
Woordjies soos daardie rol van Luca se lippe af soos die waterdruppels wat nou hul pad oor sy lenige lyf vind, dit weet sy. En tog is sy nie heeltemal immuun daarteen nie.
Dis hierdie dag, dink Jenna. Hierdie helder, wonderskone, verruklike dag met Tafelberg blou in die verte en die son soos ’n seëning uit die hemel oor ons. Dis hierdie Kaap van Storms, wat ook die Kaap van Goeie Hoop is, wat ’n mens se sinne stomp maak. Wat jou ’n kykie in die hemel gee en jou van die aardse dinge laat vergeet.
Sodat jy vergeet dat jy nie veronderstel is om dit so te geniet saam met Luca de Wet nie en jy redeloos luister na die lied van jou lyf. Sodat jy vergeet dat Luca de Wet in ’n ander wêreld as jy leef en hom bloot met jou vermaak wanneer hy die dag stokkiesdraai. Wat jou net soen om dit uit sy gestel te kry ... en slegs wanneer jy daarvoor vra!
Hy herstel blykbaar gouer van hul vergrype in die water as sy. “Sies!” kla hy. “Kyk hoe nat is jy!”
“Water is nat, my lief, het jy dit nie geweet nie?” haal sy hom aan.
Sy sien die gepynigde frons waarmee hy na haar kyk. “Nou kom ons gaan sit daar anderkant op die rotse dat ons kan droog word.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.