Rewolusie van die hart. Adriana Faling

Rewolusie van die hart - Adriana Faling


Скачать книгу
die deur saggies agter Farouk toeklik, word sy dadelik wakker. Haar sintuie skerp.

      “Hallo, slaapkous,” terg hy vriendelik. “Ontbyt.” Hy bring ’n bord vol broodjies, gerolde vleisies, kaas en vrugte te voorskyn.

      “Dit lyk heerlik. Dankie, Farouk.”

      “Kom, eet. Jy moet daardie baba voer.”

      Sy sluit haar oë ’n oomblik en sê dankie vir die kos soos sy by Uncle George geleer het.

      Farouk staan eerbiedig tot sy klaar is en sak toe in die stoel in die hoek neer. “Nou toe. Laat ek hoor wat gebeur het.”

      “Het ons dan al stilgehou?” vra Saleh verbaas tussen die heerlike happe deur.

      “Seker ’n halfuur gelede al. Maar ek moes eers seker maak dat alles rustig is voor ek hierheen kon kom. Die boot is eintlik nou verlate met die toeriste wat inkopies doen en die bemanningslede wat gou ’n uiltjie knip of selfs gou inkopies doen.”

      “Hierdie kos is heerlik. Ek was flou van die honger.” Sy eet eers klaar.

      “Ons het uitgevind dit is ’n seuntjie,” begin sy met ’n hartseer glimlag. “Ons was so opgewonde om vir Ashraf se ouers te gaan vertel. Hulle weet hoe lank ons al hoop vir ’n baba en ons het dit stil gehou tot ons seker was ek is verby die vroeë miskraamgevaar. Toe ons gegaan het vir die laaste sonar, kon die dokter sien dat dit ’n seuntjie is. Ons het besluit om sommer dadelik verlof in te sit, die lang rit aan te pak en vir Farouk se ouers te gaan kuier om hulle self die goeie nuus te vertel.”

      “Wanneer was dit?”

      “Verlede week. Sjoe, ek het skoon tred met die tyd verloor, watter dag is dit ooit?”

      “Saterdag 7 Augustus.”

      “In elk geval, ons is toe weg. Eers per trein uit Kaïro en toe per bus na Luxor. Jy weet hoe lank ’n mens soontoe ry. Ek was gedaan, maar ons wou hulle so graag self vertel.”

      “En toe?”

      “Wel, hulle kon dadelik sien ek is swanger en hulle was so opgewonde saam met ons. En toe hulle hoor dat dit ’n seun is, kon ek sien Ashraf wou bars van trots.”

      “Ek kan dit dink,” sê Farouk, self pa van twee seuns en ’n dogter.

      “Maar toe sê sy ma: ‘Wonderlik! Dan kan julle hom Mohammed noem, na sy oupa.’ Ons het eers niks gesê nie, net vir mekaar gekyk. Die volgende oggend het sy dit weer gesê, oor en oor, en sy het gewag vir ons antwoord. Ons sê toe dat ons nog dink oor ’n naam vir hom. Dit het haar dadelik op haar perdjie gehad. My skoonpa ook: ‘Hoe kan julle hom ’n ander naam gee as die naam van die heilige profeet?’ het hulle geskreeu. Ons het maar net stilgebly, want ons weet hoe vurig hulle kan raak oor die geloof. Ashraf het baie diplomaties probeer sê dat ons nog net nie besluit het nie, dat hulle ons net ’n kans moet gee. Hulle wou niks weet nie. Daar is geen ander naam wat goed genoeg is vir hulle kleinseun as die naam Mohammed nie. Ashraf se tweede naam is ook mos Mohammed.”

      “Ek onthou,” sê Farouk.

      “Nou ja, en toe vra hulle die vraag wat ons al so lank vrees, direk, sonder omdraaikans: ‘Of het julle dalk intussen kafirs geword en die geloof verlaat?’ Hoe moes ons antwoord sonder om Isa te verloën?” Sy kyk vraend na Farouk.

      Farouk kyk haar gespanne aan: “Wat het julle geantwoord?”

      “Eers niks. Ons het net daar gestaan en al die wind was uit ons seile. Ek kon skaars asemhaal. Dit was asof die aarde vir ’n oomblik gaan stilstaan het. Sy pa het dreigend opgestaan, voor ons kom staan en baie sag gesê: ‘Sê vir my die waarheid. Het julle die profeet verloën? Dien julle nou die god van die heidene? Sê vir my!’

      “Ek het gedink ek gaan op die plek dood, maar Ashraf het sy kop gelig, sy pa in die oë gekyk en gesê: ‘Ek en Saleh dien nou die ware God, Pa. Sy naam is Isa.’

      “Alle hel het losgebars. Hy het Ashraf op die plek met die vuis in die gesig geslaan, gesê hy is ’n skande vir sy huishouding en hy wens hy was nooit gebore nie.” Sy huil nou. “Hy het my uitgeskel vir ’n hoer wat sy seun in die afgrond in verlei het. Hy het gesê dit het alles begin toe ek vir daardie uitlanders begin werk het. Hulle het ons toegesluit in ons kamer en gesê hulle gee ons ’n halfuur om tot ons sinne te kom, anders gaan hulle ons daar hou tot die baba gebore is dat hulle hom kan grootmaak en van Mohammed kan leer. Vir ons sou hulle laat doodmaak, want ons is ’n skandvlek op hulle huis. Ashraf het dadelik langs die bed gaan kniel en gesê ons moet bid. Ek was histeries van vrees. Ek het aanhou huil oor my kind. Ek het gesê: ‘Ek kan nie dat hulle hierdie baba wat ons uiteindelik gekry het, vat nie.’ Ashraf was so kalm. Hy het gesê: ‘Saleh, kalmeer. God weet dit ook. Hy het vir ons die baba gegee. Hy sal ons help om die baba te beskerm.’ Toe bid ons. Ek het eerlikwaar nog steeds nie geweet wat om te doen nie. Ashraf was ’n rukkie stil en toe sê hy: ‘Jy sal eers alleen met die kind moet vlug.’ ”

      Ashraf het gesê die baba se veiligheid kom nou eerste, want dit is hom wat hulle wil hê. Sy moes teruggaan Kaïro toe, maar moet nie met die bus of die trein ry nie, en glad nie na hulle woonstel toe gaan nie. Hy het voorgestel dat sy in die geheim met Uncle George in verbinding probeer kom, want hy het kontakte. Sy is deur die badkamervenster op die tweede verdieping weg. Dit kon nie anders nie, sy ouers was tot enigiets in staat nadat hulle fatwa oor hulle uitgespreek het.

      “Ek wou hom nie daar los nie, Farouk, maar ek het nie ’n keuse gehad nie. Ek het van die tweede verdieping gespring en sonder besering geland. Seker die engele. Maar toe was ek vasgekeer in die agterplaas. Ek kon hoor hoe hulle vloek en na my soek.”

      “En hoe kom jy toe weg?” vra hy.

      “Vader God wys toe vir my die mangat na die rioolstelsel.”

      “Dit verklaar die reuk,” sê Farouk met simpatie in sy oë.

      Die trane prik skielik in Saleh se oë by die vernederende herinnering daaraan. “Dit was die enigste pad na vryheid. Ek het hier naby die Nyl uitgekom en hier is ek,” sê sy gemaak dapper.

      Hy knik. “Farouk was reg. Jy kan hom nie kontak nie. Dan was dit alles verniet.”

      “Ja, ek weet.”

      Stilte.

      “Isa is by hom, Saleh. Hy sal hom help soos Hy jou gehelp het,” troos hy.

      “Ek hoop so.”

      Hy dink ’n bietjie na. “Het hulle dit nooit voorheen vermoed nie, sy familie?”

      “Nee, ons het dit natuurlik ’n geheim gehou. Dit was ook makliker omdat hulle so ver van ons af woon.”

      “Ja.”

      “Maar nou is dit nag,” sê Saleh moedeloos.

      “Jy besef ons vaar weg van Kaïro? Van Luxor tot Aswan?”

      “Nee, ek het dit nie geweet nie,” antwoord sy geskok. “Ek het geen idee wat ek gaan doen om in Kaïro te kom nie. Ek het net geweet ek moet wegkom.”

      “Goed. Dan sal ek saam met jou bid daarvoor.”

      “Mag Isa jou en jou familie beskerm vir wat jy vir my doen.”

      “Amen,” sê hy ernstig.

      Hoofstuk 4

      PRETORIA. AUGUSTUS 2010

      Die dae wat Petrus weg is, gaan altyd stadig verby. Op ’n manier het Salomé en die kinders al daarmee leer saamleef, maar dit bly lank. Met elke reis is daar ’n ander kind wat swaar trek. Hierdie keer is dit beslis Alexander en hy haal dit op sy ma uit, dink Salomé wrang. Sy moet nog iets sinvols bedink wat sy saam met hom kan doen.

      Dis gelukkig nog net een aand voor Petrus terugkom. Dit voel vir Salomé of sy net nog die laaste entjie tot by die wenpaal moet hardloop, dan kan sy rus. Maar sy is fisiek en emosioneel so moeg dat sy nie eens weet hoe sy dit tot daar gaan maak nie. Die revue wil nog nie lekker aanmekaarvloei nie en


Скачать книгу