Ena Murray Oordenkings. Ena Murray

Ena Murray Oordenkings - Ena Murray


Скачать книгу
mening, oortree. Hy mag nie in ’n rusie betrokke raak nie. Hy mag nóóit ’n onvriendelike gesig hê nie, al is myne ook hóé onvriendelik. En hy moet alles kan verdra en hom nie wip soos ek mý wip nie. En al raak ek ook wát teenoor hom kwyt, moet hy selfbeheersd en sagmoedig bly.

      Ek het nuus vir jou. Lees weer ons teksvers. Dit is ook op jóú van toepassing, want elke kind van God is ’n dienskneg van die Here.

      Ek vergeet so dikwels dat ek as kind van U ook u dienskneg is, Here! Amen.

      16 Maart

      En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na ’n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid …” – Handelinge 9:11

      Hierdie gedeelte behandel Paulus, toe nog Saulus, se bekering op die Damaskuspad en wat daarop gevolg het. Paulus was vir drie dae daarna blind en die Here gee Ananias die bevel om na hom te gaan en hom die hande op te lê dat hy weer kan sien.

      Toe Paulus nog Saulus was, was hy ’n man wat kruis en dwars oor baie kronkelpaaie dit sy beroep gemaak het om die Here se volgelinge uit te roei. Hy het soos ’n “besetene” te kere gegaan. En toe ontmoet hy daardie selfde Here op die Damaskuspad … en daarna beland hy in Reguitstraat. Op die paaie van die land het hy die kinders van God vervolg, soos ’n mal mens pal aangedryf deur ’n bloedhonger en vervolgingswaansin. Maar in Reguitstraat sit daar nou ’n ander man, rustig, vol vrede, biddend.

      Twee prentjies. So volledig verskillend van mekaar. En tog: dieselfde man.

      Wat die genade van God aan die mens doen! En Hy ken ook jóú naam en adres. Hy weet presies wie jy is, waar jy tuis is en wat jy daar doen. Ja, Hy weet van Saulus … en Hy weet van jou. Soos Hy Saulus se adres gehad het, het Hy ook joune. En Hy stuur sy boodskapper presies en akkuraat na die regte adres om daar die hulp aan te bied wat jy nodig het. Jy dink soms niemand weet nie, maar Hý weet. Saulus moet seker ook in sy hart gevra het toe hy daar blind en weerloos ná sy bekering in Reguitstraat gesit het: Wat nou, Here?

      Kyk na die twee prentjies: Is een van hulle dalk ook ’n prentjie van jou? Miskien die eerste een? Is die duiwel besig om jou ook rond te jaag soos vir Saulus? Daar is ’n Reguitstraat. Gaan nóú daarheen. Sak op jou knieë neer en dan is jy daar. En bid.

      Liewe Here, watter wonderlike, wonderlike God van genade is U om dit vir elke sondaar moontlik te maak om in Reguitstraat te beland! Amen.

      17 Maart

      En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. – Filippense 4:7

      Daar ís so iets: vrede wat alle verstand te bowe gaan.

      Dis iets wonderliks om te aanskou. Dis so jammer ’n mens sien dit so min. Eintlik behoort dit oor die gelaat van elke kind van God geskryf te staan, want hierdie vrede wat alle verstand te bowe gaan, wil God so graag aan elke kind van Hom gee.

      Ek het al ’n paar keer hierdie vrede in mense raakgeloop. Mens staan verstom. Jy kry dit in mense in omstandighede wat allesbehalwe vrede in die hand werk.

      Ek het dit gesien in ’n vrou wat die grootste liggaamlike hel met rugmurgkanker deurgegaan het. Ek het dit gevind by mense wat die grootste persoonlike smart deurgaan met die lyding en sterwe van ’n kindjie. Ek het dit gekry in mense wat só min het, só arm is dat jy wéét hulle het nie môre brood om te eet nie. Ek het dit ontdek in geskiedenisboeke waar martelare vir Christus biddend aan kruise gesterf het en al singende tot lof van Hom die arena binnegestap het waar honger leeus wag. Ek sien dit in Jesus waar Hy aan die kruis hang en vir die wêreld waarvoor Hy moes sterf, voorspraak doen by die Vader: “Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

      Vrede wat alle verstand te bowe gaan … dis net by God verkrygbaar. Jesus sê: “Vrede laat Ek julle na; my vrede gee Ek vir julle …” (Joh. 14:27).

      O, God, asseblief, gee my ook dáárdie vrede. In die Naam van Jesus Christus. Amen.

      18 Maart

      … Hy wat roem, moet in die Here roem. – 2 Korintiërs 10:17

      Die meeste mense wat roem ken, sal jou vertel dis verbygaande, tydelik. Roem wat die mens vir homself toe-eien, is soos ’n verskietende ster. Dis nou daar en netnou is dit weg.

      Dis altyd so hartseer om te moet hoor van iemand wat “eens” ’n beroemde persoon was. Roem wat verbygegaan het, is soos as van gister se vuur. Dit dien geen doel meer nie en mettertyd waai die winde van die tyd selfs daardie vaal assies weg in die vergetelheid. Dis dan so goed asof dit nooit daar was nie.

      Aardse roem is ook iets wat soms meer trane as vreugde bring. Dit sal baie beroemdes jou ook kan vertel. Om beroemd te wees beteken jy het die toppunt bereik … en baie van hulle wat daarbo is, sal jou kan vertel dat dit daar ook baie eensaam kan wees.

      Agter aardse roem skuil ook so dikwels baie kwaad. Op die pad boontoe word daar so dikwels op ander getrap. Daar word so dikwels misbruik van ander gemaak. So baie word daarvoor gebruik, net om gerieflik vergeet te word wanneer die hoogste sport bereik is. Met aardse roem gaan dit verder dikwels so dat jy die een oomblik op die hande gedra word – en die volgende oomblik word jy gestenig.

      Wees maar versigtig vir aardse roem en moenie daarna smag nie. Die enigste roem wat die moeite werd is om na te jaag, is die roem in die Here. Dít het ewigheidswaarde.

      Ek roem in U, God my Vader, en prys U, Jesus, en ek sing tot eer van U, Heilige Gees. Amen.

      19 Maart

      Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as die apostels hulle die hande oplê, het hy hulle geld aangebied en gesê: “Gee my ook hierdie bevoegdheid …” – Handelinge 8:18

      Ons wil baiekeer ook met die Here sake doen. Ons wil ’n transaksie met Hom aangaan, as ’t ware met Hom handeldryf.

      Simon wou ook. Hy was eers ’n towenaar van beroep. Toe Filippus daar kom preek, het baie gelowig geword. Ook Simon het onder die indruk van die evangelie gekom. En toe Petrus en Johannes daar kom, die hande op die gelowiges lê en hulle die Heilige Gees ontvang, het Simon begeer om ook daardie gawe te kon hê. Maar … nie omdat dit die dringende behoefte van sy hart was om God so te verheerlik nie. Toe hy nog ’n towenaar was, het hy gedink dat hy self “besonders” was. Sy toorkunste het só beïndruk dat hy selfs “Die Groot Krag van God” genoem is. Hy het dadelik besef dat as hy hierdie gawe wat Petrus en Johannes het, kon bykry by sy toorvermoëns, dit hom ’n nog meer “besonderse” man sou maak. Hy wou dit hê vir eie gewin. Hy móés dit hê, het hy besluit. Hy was selfs bereid om daarvoor te betaal!

      Hoe pateties, sê jy by jouself. Ja, dit ís pateties. En so is ons ook soms pateties in ons “onderhandelinge” met die Here. Ons sien soos die dwase Simon ook soms kans om vir God te sê: Goed, ek sal dit of dat vir U doen, maar dan kry ek seker dit of dat in ruil daarvoor, of hoe? Ek sal soveel vir die Dankfees gee, maar dan verwag ek iets terug!

      Petrus se antwoord aan Simon was: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Jou gesindheid teenoor God is nie reg nie!”

      Is joune? Doen jy dinge vir God om iets in ruil daarvoor te kry? Kom jy met aanbiedinge na God in ruil vir genadegawes? Of is jou gesindheid dié van ’n Petrus en Johannes wat vir God gewerk en gegee het bloot om sy Naam te verheerlik?

      Here, bewaar my dat ek bymotiewe sal hê wanneer ek iets vir U doen of gee. Amen.

      20 Maart

      Ek bid vir hulle. – Johannes 17:9

      Dis Jesus wat bid.

      Wanneer? ’n Rukkie voor sy gevangeneming in die tuin van Getsemane.

      Vir wie bid Hy? Vir my en vir jou. Ja, vir jóú wat nou hier lees … as jy ’n kind van God is. Selfs terwyl Hy geweet het wat om die draai vir Hom wag, het Hy vir my en vir jou nie vergeet nie. Hy maak tyd om vir laas vir jóú in te tree by God. Hy weet daar wag vir Hom


Скачать книгу