Swemlesse vir ’n meermin. Marita van der Vyver
behoort?
In Londen is daar ’n eksklusiewe klub wat die Groucho Club genoem word omdat hierdie ou met die snorretjie glo gesê het hy wil nie aan enige klub behoort wat hom as lid wil hê nie. En dis min of meer ons eie Groucho se opinie oor al die eksklusiewe groepe in ons skool. Die jocks en die nerds en die fashionistas en die geeks en die rockers en al die ander groepe wat jy in enige skool kry.
So moet asseblief tog nie dink die ses van ons – ek en Sharon en Karin en Leo en Peter en Groucho – en enige van die ander wat soms saam met ons hang, vorm ’n groep nie.
“Nee,” sê Peter op sy droë manier, “ons is net ’n klomp losers wat vir ander losers lag.”
“Wie’s jou losers?” wil Karin dan weet, altyd reg om op haar perdjie te spring en iets te bestorm.
Sy’s baie mooi, lang blonde hare en groot blou oë en alles wat jy kan begeer, maar haar boude is te groot om haar as een van die gewildste meisies te kwalifiseer.
“Kyk, dit werk só,” verduidelik Groucho. “Ons wéét party van die ander beskou ons as losers en ons kan daaroor lag.” (Wel, nie altyd nie, maar ons probeer.) “Hulle weet nie hulle is losers nie, hulle gaan dit eers later in die lewe agterkom. Selfs party van daais wat nou as die coolste ouens beskou word. En ek weet nie van julle nie, maar ek sal eerder vir ’n paar jaar op hoërskool ’n loser wees as vir die res van my lewe.”
Wat dink jy, Ariel? Dis waar dat die res van mens se lewe baie langer aanhou as hoërskool, nè.
“As ons oor dertig jaar ’n skoolreünie hou,” sê Groucho, “sal almal sien wie die regte losers is.”
Ek moet erken dit laat my amper uitsien na so ’n skoolreünie oor dertig jaar.
Wat ek geleer het, Sus, is dat seunsmaats partykeer vir jou heeltemal ’n nuwe perspektief op ’n ou probleem kan gee. So moet hulle nie versmaai nie, al verstaan jy nie hoe hulle koppe of hulle lywe werk nie. Beskou sulke vriendskappe eerder as opwarmingsoefeninge.
Jy sal nie eendag gemaklik kan gesels met ’n ou op wie jy verlief is as jy nie eers geleer het om gemaklik te gesels met ouens op wie jy nie verlief is nie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.