‘n Enkele verhaal. Deon Wiggett

‘n Enkele verhaal - Deon Wiggett


Скачать книгу
ons hét ’n skoolkoerant,” sê Estie in die argief, en sy wys my ’n kassie met ou uitgawes van Stabilis.

      “Kan ek dalk ook die jaarboeke vir 1993 en 1994 sien?” vra ek, en Estie gee hulle aan voor sy teruggaan na haar kantoor om ’n dosyn takies kaf te draf.

      Ek sit die jaarboeke hard op ’n uitstalkas neer. Die glas rittel en ek bloos ’n bietjie. Ek voel baie vreemd oor hierdie hele gedoente. Ek het nou vir beide Marzaan en Estie gejok, en ek is op die punt om Willem te sien soos hy gelyk het kort voor ek hom ontmoet het – die weergawe van Willem wat vir soveel jaar hier skoolgegee het.

      My hande bewe terwyl ek deur die jaarblad na ’n foto van die personeel soek.

      Daar is hulle. Ry op ry in swart op wit. Ek kyk vinnig deur die onderwysers se gesigte, en dan ’n tweede keer. Dan deur die name in die onderskrif, en ook ’n tweede keer.

      Willem is nie daar nie.

      Dit kan wees dat die personeelfoto geneem is nadat hy reeds weg is? Ek kry die 1993-jaarblad en soek die personeelfoto. Geen Willem.

      “Uhm,” sê ek in Estie se kantoordeur, “kan ek dalk 1991 en 1992 s’n ook kry?”

      Hy is nie in 1992 nie. In 1991 ook nie.

      Eers dan snap ek dit: ek het géén bewys dat Willem by Grey skoolgegee het nie. Ek het hierheen gekom, want hy’t vir my gesê dit is waar hy was. Maar hy wás nie. Sy sogenaamde geskiedenis by Grey is alles gefabriseer; ’n berekende verdigsel vanaf die tong van my persoonlike brulpadda.

      Ek staan in ’n hoërskool se museum op ’n weeksdag wanneer mense soos ek veronderstel is om ’n loopbaan te hê. En waarvoor? Willem was nooit hier nie. Ek is in Bloemfontein sonder ’n rede.

      *

      Ek sal eerlik wees: Ek was in sak en as in daardie Grey-museum. Dit lei toe tot buitengewoon onvleiende gedagtes oor Bloemfontein, en ook oor die ganse mensdom.

      Ek geniet dit nie om in Bloemfontein te wees nie. Ek het alreeds ’n nag hier deurgebring, en nou mors ek ’n dag óók hier. Dis elfuur – as ek nou ry, sal ek voor spitsverkeer terug wees in Johannesburg, veilig tuis teen drie, fris en vars en statiesvry. Boonop sal ek vier ure hê om in my kar oor my lewe en keuses te dink. Ek weet glad nie hoe om ’n speurder te wees nie. Ek weet hoe om advertensies te skryf. Ek is veronderstel om in advertising te wees, soos normale mense; nie my eie seksmonster te probeer vang in ’n hulpelose, hopelose soektog wat nie tot verlossing sal lei nie, maar finansiële rampspoed en professionele irrelevansie.

      Soos ek sê: Ek was in ’n donker plek.

      Ek het die nuttelose jaarboeke opsy gesit en blaai moerig deur Stabilis. Dit is die eerste uitgawe van 1991 en my hart is nie daarin nie; net my brein, wat hou van geskiedenis en koerante.

      Byvoorbeeld, op bladsy twee het ’n Stabilis-redaksielid ’n blink plan: kom ons gesels met swart skoonmakers wat deur apartheid onderdruk word! Onder die opskrif “Koshuiswerkers werk goed saam” lees die storie: “Die Swart (sic) koshuiswerkers van Grey Kollege is ’n baie hegte en gelukkige eenheid. Verskeie Swart koshuiswerkers het in onderhoude aan STABILIS gesê dat hulle besonder gelukkig is in die posisies wat hulle beklee. Hulle sal ook nie graag hul poste wil verlaat nie. Nie een van hulle beplan op die oomblik om Grey te verlaat nie en hulle wil nog vir ’n onbeperkte tyd by die koshuise werksaam bly.”

      Ons verneem die werkers se taak behels basies die skoonmaak van die koshuise, onderwysers se woonstelle, linne en wasgoed. Daar moet partykeer ook in die kombuis diens gedoen word.

      Gelukkig is almal ’n groot en gelukkige gesin. “Alhoewel dit baie werk is vir so min werkers, is almal gelukkig en hulle kla nie oor die hoeveelheid werk nie,” berig Stabilis.

      Ek wou graag hierdie hegte werkers uit 1991 individueel kontak om te hoor wat hulle dink van wat destyds geskryf is, maar die berig in Stabilis sluit nie enige name of aanhalings in nie.

      Ek blaai om en onderaan bladsy vier vang ’n berig my oog. “New blood for STABILIS”, lui die opskrif. En dan: “Last year we unfortunately had to bid Mr Breytenbach, the STABILIS convenor, farewell when he left for Willowmore.”

      What the actual?! Willem weg na Willowmore? Wat beteken dit?

      En waar op gods aarde is Willowmore?

      In hierdie museum wou ek die einde van Willem se sewe vermiste jare aantref, maar hier staan ek nou en ek is na aan die begin.

      Ek gaan nog jaarboeke nodig hê. Ek gaan terug na Estie se kantoor toe om te vra; sy sê ek moet myself help, en uit is ek weer met ’n armvol jaarboeke en wankelrige dringendheid.

      Ek kry die personeelfoto vir 1990 en ek hoef dit nie eens deur te kyk nie. Uit ’n oseaan van onderwysersgesigte spring Willem s’n uit soos ’n dolk in die oog. Willem grynsend soos ’n kat met ál die room.

      Willem was net vir twee jaar by Grey en was buitemuurs diep betrokke, bevind ek uit die enigste twee jaarboeke waarin hy verskyn: 1989 en 1990.

      Albei is propvol tipiese jaarboekfoto’s. Op skool het mens mos fotodag een keer ’n jaar. ’n Professionele fotograaf kom skool toe, stel sy duur professionele apparaat in die skoolsaal op, en vir die res van die skooldag word foto’s geneem van elke kombinasie waarin skoolkinders kan voorkom. Jaarfoto’s. Klasfoto’s. Sportspanne. Verenigings. Koshuise. Prestasies. Kostelikhede. Oor die interkom word daar die hele oggend geblaf: “Alle onder-15-rugbyspanne na die skoolsaal vir foto’s! Alle onder-15-rugbyspelers na die saal, onmiddellik!”

      As jy ’n kind is, is dit een van die beste skooldae van die jaar, want die foto’s onderbreek die ewige saaiheid van kindwees. Nie vandag nie. Geen skoolwerk kan gedoen word nie, want die helfte van die klas speel onder-15-rugby en hulle gaan wel moet weet waaroor die volgende les gaan.

      Soos ek deur die jaarboek blaai, is dit maklik om die dekades-oue toneel voor te stel. Willem en die 26 lede van Stabilis se hoofredaksie is oor die interkom geroep. Onderling skeer hulle die gek terwyl die fotograaf ’n tegniese verstelling maak. Die grappies oorskry kort-kort ’n grens; Willem het ’n familiêre manier met die seuns, so hulle het ’n familiêre manier met hom. ’n Mens kan regtig práát met mnr. Breytenbach – kan hom met ’n geheim vertrou. As jy ’n ruimdenkende grootmens nodig het, is Willem wie jy soek.

      Ek neem foto’s van alles. As Willem op ’n foto is, neem ek ’n foto. Elke kombinasie waarin Willem toegang gehad het tot Grey-seuns; elke seun se naam in die onderskrif gedruk. Op hierdie lank vergete foto’s is die legkaart se stukke.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4QAYRXhpZgAASUkqAAgAAAAAAAAAAAAAAP/sABFEdWNreQABAAQAAABkAAD/4QOOaHR0cDov L25zLmFkb2JlLmNvbS94YXAvMS4wLwA8P3hwYWNrZXQgYmVnaW49Iu+7vyIgaWQ9Ilc1TTBNcENl aGlIenJlU3pOVGN6a2M5ZCI/PiA8eDp4bXBtZXRhIHhtbG5zOng9ImFkb2JlOm5zOm1ldGEvIiB4 OnhtcHRrPSJBZG9iZSBYTVAgQ29yZSA2LjAtYzAwMiA3OS4xNjQ0NjAsIDIwMjAvMDUvMTItMTY6 MDQ6MTcgICAgICAgICI+IDxyZGY6UkRGIHhtbG5zOnJkZj0iaHR0cDovL3d3dy53My5vcmcvMTk5 OS8wMi8yMi1yZGYtc3ludGF4LW5zIyI+IDxyZGY6RGVzY3JpcHRpb24gcmRmOmFib3V0PSIiIHht bG5zOnhtcE1NPSJodHRwOi8vbnMuYWRvYmUuY29tL
Скачать книгу