‘n Enkele verhaal. Deon Wiggett

‘n Enkele verhaal - Deon Wiggett


Скачать книгу
dink, dink aan sy sportprestasies, veral rugby, krieket – ons het ’n hele paar beroemde Springbokke wat van Grey af kom. So, sport speel definitief ’n baie groot rol. Nie net by Grey nie, maar by baie ander beroemde Suid-Afrikaanse seunskole lyk dit of sport tipies boaan die agenda is. As jy ’n goeie sportman is, sou Grey ’n lekker plek wees om jou hoërskooljare deur te bring.”

      Ek lyk dalk onvoldoende beïndruk, want hy swenk. “Nie dat ons nie akademies ook baie sterk is nie. Histories het ons nog altyd ’n klomp van die sterleerlinge, definitief in die Vrystaat en selfs in Suid-Afrika, wat uit Grey kom. So, ’n mens sou argumenteer dit het ’n redelik goeie balans. Dit gaan nie net oor sport nie; akademie speel definitief ’n baie groot rol.

      Dan vertel Jean rugbystories. Hy was in Grey se eerstespan in sy laaste twee jaar op skool. “Ons het net nou die dag daaroor gepraat,” sê hy. “In my hele skoolloopbaan het ek nog nooit ’n rugbywedstryd by Grey Kollege verloor nie, van die onder-14A’s regdeur tot in matriek het ek nog nooit ’n wedstryd verloor nie, wat … ek dink nie baie mense kan dit sê nie. Ek is baie, baie bevoorreg dat ek kon, jy weet, deur dit alles gaan.”

      “Ja, maar was dit as gevolg van jou of ten spyte van jou?”

      Jean vervies hom effens. “Rugby is ’n spansport,” antwoord hy. “Die kameraderie … soveel so dat ek selfs dertig jaar later teruggegaan het om vir ons Old Boys te speel [ses maande gelede], wat ’n ongelooflike voorreg was – om weer ’n Grey Kollege-rugbytrui oor jou kop te trek. Ek meen, wie sou kon dink, op 47, dat ek nog steeds rugby sou speel? Ek’t nog steeds ’n paar pains and aches van daai wedstryd.”

      Dit is vier ure se ry met die N1 van die Goud- na die Rosestad, en ’n goeie tien ure verder Kaap toe as jy by die spoedgrens hou en net twee keer stilhou.

      Maar ek gaan net so ver soos Bloemfontein op ’n stresvolle missie. Groot hier-is-die-manne-plekke maak my buitendien ongemaklik, en ek is undercover op pad na Grey as iemand wat nié deur een van die skool se onderwysers verkrag is nie.

      Soos ’n Old Grey boy op pad vanuit Gauteng, neem ek die afrit na Nelson Mandela-rylaan en arriveer in die middestad. Soos u weet is Bloemfontein ’n klein en ietwat gatvol stad wat dit nietemin regkry om die grootste plek tussen Johannesburg en Kaapstad te wees. Dit is die hoofstad van die Vrystaat, waar die Boere eens republiek gehou het. Daar is ’n redelik goeie universiteit, ’n vermeende kleptokratiese provinsiale regering en Volksblad, die enigste dagblad.

      Maar Bloemfontein se roos is Grey Kollege – ’n skool só uitmuntend dat ouers oor die ganse land heen hul seuns daarheen stuur om manne te word.

      As u nuuskierig is oor Grey Kollege, maak Google Earth oop op u foon of tablet en soek na “Grey College” – nie die een in Engeland of Grey High School in Port Elizabeth nie. U is op soek na Grey aan Jock Meiringstraat, Universitas, Bloemfontein.

      Soos Moeder Aarde u na sentraal-Suid-Afrika tuimel, merk u die blinkrooi wyser vir “Grey College”. As u die skool via die indrukwekkende fasade wil betree – en ek beveel dit sterk aan – gaan u Google Earth moet roteer tot die swembad se paviljoendak aan die regterkant is en die 22 tennisbane bo links. (Tien van die tennisbane behoort aan Eunice Girls’ High School, Grey se minder befaamde susterskool oorkant die pad.)

      En nou, tesame, beskou ons die deftige hoofgebou se opregte provinsiale prag uit die Britse koloniale era. Voor die prag is karre geparkeer. Dit is waar ek parkeer op ’n herfsoggend in Bloemfontein.

      11

      Ek is op my senuwees en sit in my kar vir ’n minuut of so. Twee mans in ’n paneelwa hou langs my stil. Wanneer ek uit my kar klim, maak hulle ook so.

      Ek haal diep asem, gryp my mikrofoon uit die kattebak en praat paraat eerste: “Is dit hier waar die kantoor is?”

      Die mans is besig om toerusting uit te laai. Hulle is ’n kameraspan en het Grey toe gekom om rugby af te neem voor die kragmeting teen Paul Roos. Dis maar net hoe dit gaan by Grey – kameramanne in en uit by die deur.

      “Ons gaat sommer nou saamstap!” sê die een wat meer omierig as sy maat is.

      “Cool,” sê ek, “ek sal jou agtervolg.”

      “Moet net nie dat ons agterkom nie!” sê die ander ou, wat minder omierig is, en ons almal lag lekker – u weet mos ons is hartlike mense.

      Dan ’n vlaag onverwagse gebeure. ’n Paar treë voor die voordeur pop ’n figuur uit die bloute op. Sy is die kort en opgewekte Marzaan Venter, wat ek binnekort sal uitvind Grey se bemarkingsbestuurder is.

      “Hallo, hallo, hoe gaan dit? Gaan dit goeee-oeeed?” borrel Marzaan, en haar klinkers reik hemelwaarts en tuimel dan weer in ’n gul gesang. Dan, aan die omie: “Meneer, ek neem aan … Kappie?”

      “Dis hy!”

      “Dit is goed so. Ek is Marzaan …” – nog ’n onderlinge gegroet – “… goed, dankie. Behalwe dat dit nou ewe skielik winter is. Ek wil weghardloop; ek’s glád nie ’n wintermens nie.”

      Marzaan se vars en kompakte vreugde is nie wat ek by Grey verwag het nie. Sy kloek ons na binne en gesels soos haar klinkers opreik tot by ’n konsonant, van waar dit weer na benede gly deur middel van ’n diftong.

      Ons is nou in die deftige hoofgebou en Marzaan sê ons moet asseblief wag terwyl sy gou vir mnr. Scheepers gaan haal.

      Sy bedoel Deon Scheepers, die skoolhoof. My twee toevallige trawante begin deur sakke en baadjies grawe, klaarblyklik ook redelik gereed vir die ontmoeting. Hierdie is ’n rampspoedige verwikkeling. Ek besef teen nou terdeë dat ek aangesien word as die derde lid van die kameraspan, bes moontlik omdat ek ’n mikrofoon vashou. Ek beter iets sê, en vinnig. ’n Verwelkoming deur Skoolhoof Scheepers sal ’n patetiese begin vir ’n undercover-missie wees.

      Ek laat van agter hoor: “Ek is … hierso om na julle museum te kyk; ek’s ’n oud-Paul Rooser.” Ek hoop dit is ’n voldoende verduideliking, maar hou nogtans nie op praat nie. “Ek’s net nuuskierig oor julle skool; ek was nog nooit hier gewees nie.”

      “Oooooooo!” sê Marzaan. “Nee, maar ek kan jou gou-gou omvat.”

      “Dit sal cool wees!”

      “Ja, doodreg!”

      Die twee TV-ouens en ek neem afskeid in ’n deeglike vlaag van “enjoy!” en “good luck!” en “julle ook!” en “dalk sien ons mekaar weer later.”

      En ek en Marzaan stap by die spoggebou uit wat my so ontsenu het. Ek was net lank genoeg binne om my eerste leuen te vertel en totsiens te sê vir twee vreemdelinge.

      Ons stap by ’n aangename, sonnige paadjie af, verby ’n groot en pragtige boom, op pad na die Grey Kollege-museum in die gebou langsaan.

      “Askies! Ek dog jy’s saam met hulle!” sê Marzaan.

      “Ek het maar daai familiar kind of houding,” antwoord ek in die deurmekaar Johannesburg-Afrikaans wat ek nou praat.

      “Ai!” sê sy.

      Ek begin haar vertel van my skoolkoerantprojek terwyl ons die Reünie-gebou binnestap. Dit is in dieselfde styl as die hoofgebou, maar nie van dieselfde negentiende-eeuse boumateriaal nie. Dit huisves die museum, asook Grey Together, ’n koffiewinkel vir besoekers.

      “Ek gaan jou opvat,” sê Marzaan, en heroorweeg dan soomloos. “Of jy kan solank hier deurstap, dan gaan ek gou by Estie hoor of sy jou gou-gou kan deurvat en alles net gou vir jou verduidelik. Is dit reg so? Ek kry haar,” sê sy en pop weer uit, moontlik om vir Estie te sê: “Estie, hierdie ou van Paul Roos het nou net hier opgedaag en hy dring daarop aan om die argiewe te raadpleeg; ’skuus, Estie, maar ek het die TV-span hier, asseblief kan jy ’n plan maak met


Скачать книгу