Ek stamel ek sterwe. Eben Venter
eie sokkies koop en dit gaan ’n bleddie plesier wees.
Ek kom orent, stamp my kop teen die lae plafon van die kompartement, knipmes my lyf en vind die nagligskakelaartjie met die slaapdooie hand wat weer bygekom het. Van agter sy mat glasie gooi die gloeilampie ’n ougeel damp in die benoude kompartement. ’n Snorkende mens op die onderste bank draai in sy slaap om en ’n blouwit voet peul tussen sy lakens uit. Ek trek vier naels oor die holte van my rug, ondersoek dan my vonds: tussen nael en ondernaelvlees is ’n sweterige, treingrys aanpaksel.
Dis om van te gril. Daar’s niks soos ’n trein om jou hartkloppings te gee nie. Jy kan jouself omhels, jy kan jou arms om jou kaal lyf slaan, dit help alles niks nie. Ek’s nou eens en vir altyd weg, die vreemde in, mag die Vader my bewaar.
Maar my angs is ’n skerp ding. En staalkoud. Hy kan my maklik onderploe. Maar hy sal my nie kry … Waar’s my padkosboksie? Bokant. Daar’s hy. Toebroodjies netjies in wakspapier. Môre sal ek al Ma se kombinasies geniet. Komkommer en kaas, biltong en tamatie. Perske. Hier’s een van Pa se perskes. ’n Sappige Oom Sarel. Pa se werk: hy’t vanoggend nog kombuis toe gestap, die mandjie van die rak afgehaal, by die sifdeur uit vrugteboord toe gestap en teruggekom met die oordadige maar goed bedoelde getal van twaalf ryp, geel taaipitperskes as toevoeging tot my padkos. Dankie, my pa, jou perske smaak soet.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.