Die boek van Ester. Wilna Adriaanse

Die boek van Ester - Wilna Adriaanse


Скачать книгу
iets moois in die wêreld? En moet nou asseblief nie vir my een of ander soetsappige voorbeeld gee soos om te sê ek moet net na die sonsondergange hier kyk nie. Ek het nuus vir jou, die rooi gloed wat julle aan die toeriste verkoop, kom eintlik van die bloed wat oor Afrika uit die son drup.”

      “Ja, ek dink daar is nog mooi in die wêreld, behalwe al die mooi sonsondergange. Dis net makliker om die ander kant raak te sien, want mooi is soos ’n fluistering, terwyl lelik soos ’n gil is. Ek verwonder my altyd aan ’n groep mense wat almal al harder praat in ’n poging om hulself hoorbaar te maak. Die oomblik wat almal sagter praat, sal almal outomaties mekaar beter kan hoor. Maar die wêreld het daaraan gewoond geraak om te gil, en een van die redes is omdat elkeen heimlik dink sy storie is belangriker as die ander persoon s’n. Sy storie het ’n groter bestaansreg as sy buurman s’n.”

      “Jy weet, jy is soos ’n dinosourus wat in ’n wêreld probeer oorleef waarin daar nie meer plek vir jou is nie. Het jy nog nooit agtergekom jy is alleen nie? Die ander het lankal reeds uitgesterf.”

      “Jy kom maar net nie met die ander in aanraking nie, maar hulle is daar.”

      “Wys my waar is hulle. Al is dit net een.” Sy maak ’n groot swaaigebaar met haar hand en die helfte van haar wyn stort op haar hemp uit.

      Sy kyk mismoedig na die groot, nat kol.

      “Dis ’n truuk wat ek lanklaas gesien het. As jy van jou klere ontslae wil raak, hoef jy nie ’n verskoning te soek nie.”

      Toe sy hom net aankyk, staan hy stadig op en stap met ’n laggie in die rigting van die kamers.

      “Ek was bang die skok is te groot vir jou,” roep sy agter hom aan. Sy lig die glas na haar mond toe en neem ’n sluk. Sy proe die son, dink sy. Dis asof die druiwekorrels dit reggekry het om die son vas te vang, net soos die bome en plante hier om haar elke dag die son in hulle takke en blare vasvang. Sy wonder hoeveel die son te doen het met die persoonlikhede van die verskillende bevolkings in die wêreld. As Afrika skielik koud en reënerig word, sal die mense verander?

      Sy is so ingedagte dat sy ’n rukkie na die vreemde toneel voor haar staar, voordat sy dit vir die eerste keer raaksien. ’n Swartgeklede figuur is besig om oor die reling van die dek te klim. Die oomblik toe hy regop kom en haar gewaar, kan sy die verbasing in sy oë sien en die volgende oomblik gaan sy hande omhoog, maar sy gil reeds. Sy kry dit reg om regop te kom en ’n paar treë terug te gee, voordat haar rug teen een van die boomstamme druk. Haar keel brand en haar bene wil-wil onder haar padgee, maar sy weet sy moet regop bly. As sy wil wegkom, moet sy regop bly. Net voordat sy omswaai om te hardloop, hoor sy Samuel se stem en sy sien uit die hoek van haar oog hoe hy op die dek uitgehardloop kom en in ’n vreemde taal begin praat.

      8

      Samuel kyk na die figuur wat steeds op dieselfde plek staan en dan stap hy haastig na Ester toe. Sy arms vou om haar en hy begin paaiende geluide maak. Haar gille het intussen stilgeraak, maar in die bome bo hulle koppe het voëls en ape blykbaar wakker geword. Daar is skielik ’n gefladder en ’n skril geskreeu.

      Samuel sit sy hande om haar gesig. “Kyk na my.” Hy wag tot sy opkyk. “Alles is reg. Ek ken hom.”

      Met sy een hand om haar skouers kyk hy na die ander man en terwyl hy sy kop skud, begin hy praat. “Wat de donner doen jy? Ek kon jou doodgeskiet het.”

      “Hoe moes ek geweet het jy’s nie alleen nie!” Die besoeker gooi sy hande in die lug. “Ek kon dit nog nooit regkry om jou te verras nie, waarom sou ek gedink het vanaand sal anders wees! Ek het aanvaar jy het my lankal gehoor.” Hy gaan sit op die naaste stoel terwyl hy sy hand op sy hart sit. “Ek kon ’n hartaanval gekry het.”

      Ester hoor die woorde en die Afrika-tongval, maar dis ’n vreemde taal wat sy nie verstaan nie. Die man op die stoel is donker van gelaat met ’n fyn beenstruktuur, ’n sterk neus en hoë wangbene. Sy voorsate moes wyd in Afrika gereis het.

      “Ester, dit is my vriend, Robert Morewa. Robert, dis Ester Green. Ira se suster.”

      Robert kom orent en stap nader tot hy sy hand na haar uithou. “Ek vra opreg verskoning dat ek jou so gruwelik laat skrik het. As ek geweet het Samuel het gaste, sou ek beslis nie so onaangekondig en ongenooid hier opgedaag het nie.”

      Ester skud sy hand en probeer die bewing in haar tot bedaring bring. Hy praat ’n byna perfekte Engels asof hy so pas uit Engeland hier aangeland het.

      “Ek is jammer ek het so gegil.” Sy kry die woorde met moeite uit.

      Hy skud sy kop. “Ek neem jou nie kwalik nie. Ek is seker jou brein het vir jou gesê ’n swart man in swart klere wat oor die reling klim, is definitief gelyk aan ’n moordenaar.”

      “Dis nie ...”

      Hy glimlag skielik breed. “Twee plus twee ... in hierdie land ... jy sou dom wees as jy dit nié gedink het nie.” Samuel het intussen kombuis toe geloop en hou nou ’n glas na Ester uit. “Drink, dit sal die skrik laat bedaar.”

      “Ek is orraait.”

      Hy druk haar op die rusbank neer en sit die glas in haar hand. “Drink dit in elk geval.” Toe hy langs haar op die rusbank gaan sit, kyk hy na Robert.

      “Ek het nie ’n voertuig gehoor nie.”

      Robert maak homself op een van die gemakstoele tuis en glimlag. “Jou aandag was met ander dinge besig.” Samuel gee hom ’n veelbetekenende kyk. “Waar is jou voertuig?”

      “ ’n Ent hiervandaan, windaf. As ek geweet het jy’s nie meer so skerp nie, kon ek baie nader gestop het.”

      “Was jy by die kamp aan?” Samuel gaan haal ’n botteltjie bier uit die yskas en kom gee dit vir Robert.

      Hy neem ’n lang sluk. “Nee, ek was nie seker waar Pappa Elias vanaand slaap nie.” Hy skud sy kop. “Ek kan nie verstaan waarom hy nie van my hou nie.”

      “As Kiki my dogter was, sou ek ook nie van jou gehou het nie.”

      Robert kyk na Ester. “Hoe gaan dit met Ira?”

      “Dit gaan goed met hom. Waarvandaan ken julle mekaar?”

      “Ons het per geleentheid mekaar al raakgeloop. Ek dink die eerste keer was so twee jaar gelede toe Sammy ons aan mekaar voorgestel het.”

      “Woon jy in Johannesburg?”

      “In Jozi?” Hy neem eers weer ’n sluk en skud dan sy kop. “Dis nie ’n lekker plek daardie om in te woon nie.”

      “Robert woon in Lusaka.”

      “Jy’s ’n Zambiër.”

      Hy skud sy kop. “Eintlik ’n Zimbabwiër, soos Sammy.”

      “Ons het saam grootgeword. Sy pa is ’n dokter by dieselfde sendingstasie waar my ouers gewerk het. Sy ma is ’n onderwyseres. Een van die bestes wat daar is.” Samuel kyk na Robert. “Hoe gaan dit met hulle?”

      “Baie goed. My ma raak net haastig vir kleinkinders.” Samuel lag. “Ek hoop nie haar verwagtinge het iets met jou te doen nie.”

      “Shani is volgens haar nog te jonk en moet eers klaar leer.” Robert gaan haal nog drie biere uit die yskas en gee die ander twee vir Samuel en Ester. Ester skud haar kop en sak laer af teen die leuning van die rusbank.

      “Wanneer het jy gekom?”

      “Ek is eergister by die huis weg, maar ek het ’n paar dinge langs die pad gehad om te doen. En dan natuurlik moes ek soveel petrol saamry, want met al oom Bob se manewales in Zim, weet ’n mens nooit of daar nog petrol beskikbaar is nie.” Hy vee oor sy gesig. “Hulle behoort daai man ’n medalje te gee. Daar is nie baie mense wat daarop kan roem dat hulle manalleen vir die ondergang van ’n hele land verantwoordelik is nie.”

      Ester kyk na Samuel waar hy langs haar op die breë rusbank sit en sy lig haar wenkbroue effens. Hy glimlag. “Hy het dit darem nie alleen gedoen nie. Daar was beslis ’n paar maatjies wat hom gehelp het.” Hy kyk


Скачать книгу