Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht
die woorde wat reggemaak is.
1. Uilspieël is ’n grap jas wat die lewe nie ernstig opneem nie.
2. Hy probeer egter hard om meer ernstiger te word.
3. Hy sê dat hy wil met die Keiser se dogter trou.
4. Die grappies het al drooër geword, maar die mees netjieste man sal beslis suksesvol wees.
5. Ek wonder of ’n mens klein herinneringkies van hierdie gebeure sal hê.
6. Dit sal seker so wees want hy probeer begreip dat dit die dinge is waarna ’n mens moet oplet.
a. Daar is ’n spelfout in sin 1 gemaak. Stel die fout reg.
b. In sin 2 is die vergrotende trap foutief gebruik. Gee die regte vorm van die woord.
c. In sin 3 is ’n woordordefout begaan. Skryf die sin oor en verbeter die woordorde.
d. Daar is nog twee foute met die trappe van vergelyking in sin 4 gemaak. Skryf die woorde korrek neer.
e. Die verkleiningsvorm in sin 5 is verkeerd. Stel dit reg.
f. In sin 6 is nog ’n spelfout. Verbeter die fout.
g. Daar ontbreek ’n komma in sin 6. Skryf die woord voor die komma en die woord na die komma neer.
Kies die regte antwoord in die volgende reeks vrae.
8. Watter woord se verkleining is verkeerd gespel? Skryf dit reg neer.
a. boodskapper – boodskapperkie
b. koning – koninkie
c. toring – torinkie
d. paleisdak – paleisdakkie
9. Watter een van die volgende woorde is die korrekte verkleiningsvorm van “beloning”?
a. beloningkie
b. beloninkie
c. beloningtjie
d. belonetjie
10. Gee die korrekte klankgreepverdeling vir “verrinneweer”.
a. ver/rin/ne/weer
b. ver/in/ne/weer
c. ve/ri/ne/weer
d. ve/rin/e/weer
11. Drie van die volgende woorde is verkeerd in lettergrepe verdeel. Watter woord is korrek verdeel?
a. Uil/spi/eel
b. Uil/spi/e/ël
c. Uil/spie/ël
d. Uils/pie/el
In hierdie aktiwiteit gaan jy
meer van volksverhale leer
die doel, teikengroep en trant van ’n teks ondersoek
die hoofgedagte en ondersteunende besonderhede identifiseer
’n dialoog skryf en rolspeel.
Die verhaal “Die uil in die toring” in die vorige aktiwiteit is ’n voorbeeld van ’n volksverhaal. Kom ons ondersoek die kenmerke van so ’n volksverhaal en vind ’n bietjie meer uit oor waar Uilspieël vandaan kom.
Pieter W. Grobbelaar, ’n groot kenner van volksverhale, is in Januarie 2013 oorlede. Lees ’n onderhoud wat voor sy dood met hom gevoer is.
Ons gesels met Pieter W. Grobbelaar
Mnr. Grobbelaar, u is bekend vir u boeke oor volksverhale. Wat is ’n volksverhaal?
Volksverhale is verhale wat van geslag tot geslag deur ouers aan hulle kinders vertel word. Vroeër jare is dit oorvertel, deesdae kan ons dit darem neerskryf. Volksverhale sluit sprokies, fabels, mites en legendes in.
Ek het my altyd ingeleef in die stories wat Oupa vertel het. Dit was baie interessante stories en pret om na te luister.
Presies. Volksverhale moet geniet word. Dit prikkel ook die kinders se verbeelding, want alles en enigiets is moontlik in ’n volksverhaal.
Ek het u vertellings van Uilspieël gelees. Bestaan daar werklik iemand of iets soos Uilspieël?
Nee, Uilspieël is ’n karakter wat in Duitse stories ontstaan het en daar het hy die naam Till Eulenspiegel gehad.
Nou hoe het ons hierdie stories oor hom in Afrikaans gekry?
Die eerste stories oor Till Eulenspiegel is reeds in 1300 vertel. Baie gou het die stories oor die hele Europa versprei en baie gewild geword. Hierdie stories het al in die Hollandse tyd na die Kaap gekom en hier het hulle Till Eulenspiegel se naam na Tyl Uilspieël verander.
Wat het in Suid-Afrika met Uilspieël se verhale gebeur?
Die kinders het die stories só geniet dat dit van geslag tot geslag oorvertel is. In Suid-Afrika het Uilspieël, Antjie Somers, Jakkals en Wolf en die Swape baie kinders se lieflingkarakters geword.
In hierdie verhaal van Uilspieël wat ons gelees het, was die volk aan die einde hartseer toe hulle besef dat hulle hul grootste grapmaker verloor en Uilspieël keiser gaan word. Wou die grootmense met hierdie stories net hê dat die kinders die verhale moet geniet en lekker lag?
O nee, so tussen die grappe deur het Uilspieël dit geniet om die swakhede of foute van mense te beklemtoon. In een verhaal was daar ’n boer wat gedink het hy weet altyd beter en in ’n ander een is ’n buurman te suinig. Ou Uilspieël sien hierdie ouens dan goed reg. So leer hy in elke storie vir die kinders ’n lewenslessie wat hulle ook weer in hulle eie lewe kan toepas.
Lees eers Pitkos wat hierna verskyn. Dit sal jou met die vrae help. Beantwoord dan die vrae wat op begripstrategieë gebaseer is op jou eie en vergelyk jou antwoorde met jou groepslede se antwoorde. Jou onderwyser sal die antwoorde saam met julle nasien.
1. In die eerste antwoord van Pieter W. Grobbelaar word gesê dat volksverhale nie verhale in die ware sin van die woord is nie. Verduidelik die stelling.
2. Is die volgende sin ’n feit of ’n mening: “Die eerste stories oor Till Eulenspiegel is reeds in 1300 vertel.” Gee ’n rede vir jou antwoord.
3. Wie het die verhale van Uilspieël na Suid-Afrika gebring?
4. Gee bewyse uit hierdie onderhoud . . .
a. dat die verhale van Uilspieël sprokies of legendes is.
b. dat dit baie gewild was.
5. In die laaste vraag word die woord grapmaker gebruik. Gee ’n sinoniem (woord met min of meer dieselfde betekenis) vir dié woord.
6. Skryf die hoofgedagte van die laaste paragraaf neer.
7. Watter ondersteunende feite word by die hoofgedagte van die laaste paragraaf gebruik?
8. Wat sou jy sê is die doel van hierdie onderhoud?
9. Kies die teikengroep wat in hierdie onderhoud sou belangstel. Maak ’n keuse uit die volgende:
volwassenes • wetenskaplikes • kleuters • storieliefhebbers
10. Skryf name neer van sprokies waarvan jy baie hou of gehou het toe jy kleiner was. Skryf ook neer watter lessies jy van hierdie sprokies onthou.
Pitkos
Die teikengroep van ’n teks
Dit is die persoon/groep mense wat jou skryfstuk