Kraak. Rouxnette Meiring

Kraak - Rouxnette Meiring


Скачать книгу
keer ’n paar oomblikke stilte voor sy antwoord. Ek’t aanvanklik gedink sy hoor nie goed nie, maar dalk hou sy bloot daarvan om te dink oor wat sy wil sê voor sy praat.

      “Ons het, maar nie sulkes nie.” Ons kyk nog ’n rukkie in stilte, dan vra sy: “Is dit nie teen julle … teen die wet nie?”

      “Dis teen die wet om hulle dood te maak. En hulle moet die spel stop as dit te gevaarlik raak. Daar is ook diereregte-organisasies wat sê die speletjie ontstel die goggas en maak hulle soms seer. Hulle probeer dit nou onwettig maak.”

      Vega lag – weer ’n sekonde of wat te laat. “So hulle bekommer hulle oor die gevoelens van mikro-organismes.”

      Sy is regtig vreemd. My aandag is terug by Kaleb wat moet spook om nie in die kake van die kolossale stofmyt te beland nie. Iets is nie reg nie. Die spel moes al beëindig gewees het. Mohlomi het agteraf met die spelmeester gekonkel, ek is seker. Sy fopswaard flits weer in die kernlig – ’n tweede stofmyt wat hy op Kaleb wou afstuur, het omgedraai en hom begin aanval.

      “Hy hou van baklei.” Vega hou Mohlomi geïnteresseerd dop. “Hy is bly die stof-ding het na hom toe gedraai.”

      “Die goggas ruik aggressie,” sê ek ingedagte.

      Iets vreet aan Mohlomi, en hy probeer dit op iemand uithaal. Hulle span georganiseerde speletjies en sport in dat ons van ons natuurlike aggressie ontslae kan raak.

      En wanneer puberteit intree, is daar pille wat ons in toom hou. Ons kan nie bekostig om deur liggaamsdrange beheer te word nie, sê die stadsraad.

      Helder ligte gaan in die speelarea aan. ’n Elektroniese stem sê: “Game over. Phela umdlalo. Spel verby.” Mohlomi en Kaleb lyk vir ’n oomblik verward, en toe geïrriteerd.

      “Hei!” skree Mohlomi en kyk in die spelmeester se rigting deur die toeskouerglas.

      “Jammer, Mohlomi,” kom dit oor ’n mikrofoon.

      “Soveel potensiaal …” ’n Halfbekende vrouestem praat agter my. Ek kyk om. Dis Sophia – die vrou wat ons by die mark kom red het.

      In die helder lig lyk haar vel amper deurskynend. Weer die gevoel van kalmte omtrent haar, dít en ’n wysheid wat seker net met ouderdom kom. Hoe oud is die vrou? By haar kalm voorkoms is daar hope energie in die manier waarop sy na Mohlomi en Kaleb aan die ander kant van die skerm kyk.

      Amber staan langs haar. Wat is dit met hierdie Sophia-vrou wat oral verskyn waar Amber is? Ek weet nie of ek die vrou kan vertrou nie.

      Mohlomi kom verwoed in die gang af, Kaleb agterna. Sy donker wenkbroue is in ’n frons saamgetrek. Hy gaan staan voor Sophia.

      “Wie’s jy?” vra hy ongeskik en vee vies met sy hand oor sy kaal kop.

      “Ek is iemand wat julle kan help.”

      “En wie sê vir jou ons het hulp nodig?”

      “Julle is baanbrekers. Alles gebeur eerste met julle. Dit moet moeilik wees. Ek kan help deur te verduidelik.” Sophia praat vinnig en sag. Saaklik, maar strelend, kalmerend.

      “Is dit nie teen die kinderhuisreëls om ons met vreemde idees te probeer infiltreer nie?” vra Mohlomi smalend.

      Sophia kyk na Vega, wat haar geïnteresseerd dopgehou het, maar nou vinnig wegkyk.

      “Jy’s nie van hier nie, is jy?” Die vrou se stem het koud geraak.

      Vega kyk stadig op. Ek voel die spanning tussen hulle twee aan. Albei is sterk en vol selfvertroue.

      “Ek is,” antwoord Vega en haar katoë trek op skrefies.

      Sophia kyk eerste weg, asof sy besluit het om die meisie te ignoreer.

      “Ek het ’n uitnodiging vir julle. En bring Shivani saam.” Haar oë rus om die beurt op Amber, my, Mohlomi en Kaleb. Dis duidelik dat Vega nie ingesluit word nie. “Ontmoet my môre na skool op ’n plek waarheen Amber julle sal neem.” Sy raak stil, asof sy nie glo nog aanmoediging is nodig nie, maar ek sien sy gewaar die uitdrukking op Mohlomi se gesig.

      “Ek weet meer oor waar julle ouers is as enigiemand anders in ||Hui !Gaeb.” Sy weet dit is die troefkaart.

      Aan die ander kant van die glas het die volgende driedimensionele spel reeds begin. ’n Stofmyt storm bulkend op ’n lang, gespierde meisie af en aan haar swaardtegniek kan ’n mens sien sy neem al lank skermlesse. Ons hou die spel in stilte dop.

      8

      Kaleb loop voor teen Seinheuwel uit. Ek sukkel om hom in te haal – hy is belaglik fiks met daai capoeiraklasse en goed wat hy doen. Ons kyk stip voor ons, asof dit sal keer dat iemand ons raaksien. Dit sal ’n groot storie afgee as ons verby die drietalige Geen toegang-bordjies beweeg en iemand sien ons. Mohlomi drentel ’n ent agter Shivani en Amber. Hy lyk of hy nie seker is of hy wou saamkom nie, maar te bang was hy sou iets mis as hy bly.

      Die semiwoestyn-landskap verander in groener fynbos soos ons Leeukop nader. Ons loop oor die rug van Seinheuwel verby die ou kramat op pad na die grotterige deel van Leeukop. Dit lyk of die leeu, soos die plat berg, sy eie geheime bron van water het wat dié deel van die stad se plantegroei voed. Veilig uit die stad en tussen die fynbos, gaan Kaleb staan om ons in te wag.

      “Wat blaas jy so?” vra hy toe ek by hom kom. Ek voel weer die aantrekking wat sy lyf op my het. Sy sterk, gespierde borskas … en nog baie meer as net sy lyf.

      “Ek oefen my joga-asemhaling. Kyk, nou kan ons raak aan al die blomme waarvan ons in die studiesentrum leer.”

      “Kyk waar dwaal Amber weer – sy’s in haar eie lugland en die berg praat met haar.”

      “Los haar, Kaleb. Dis min genoeg dat ons hier op die berg kom.”

      Shivani het ook gaan staan om na ’n regte bergpypie te kyk. Blomme wat so vanself opkom sonder dat mensehande hulle moes paai, is te ongewoon om nie by te gaan staan nie.

      “Hoeveel voëls het jy al gesien?” vra Kaleb.

      “E … ek het ’n dassie gesien.”

      “Nogal vet voëltjies, daai dassies.”

      “Kyk daar.” Hy neem my aan die skouers en draai my na waar twee verskillende soorte voëls op ’n ghwarrie-bossie sit. Sy hande op my skouers stuur ’n warm gevoel deur my lyf. “Probeer onthou wat jy sien, want jy gaan dit nie gou weer sien nie.”

      “Wat noem ’n mens hulle?”

      “Die een is ’n jangroentjie en die ander is ’n kortbek-suikerbekkie. Kan jy sien watter een is watter een?”

      “H’m …”

      Die geur van grond en fynbos is sterk om ons. Die natuur se reuke laat my veilig voel, deel van iets bekends. En met Kaleb so na aan my voel ek byna gelukkig. Hoe erg moet dit nie wees om soos baie mense heeltyd bo of onder hierdie aarde te woon nie?

      “Kom, ons moet verder gaan, almal is nou naby genoeg.”

      “So, wat’s jou eintlike konneksie met Amber?” Ek sal so simpel voel as Kaleb moet dink ek’s jaloers.

      “Haar ma was ’n siener – jy weet, sy weet goed voor dit gebeur, daai tipe ding. Ons het in dieselfde straat gebly. Haar ma en pa was albei lektore by die universiteit, glo sterrestelsels slimmer as ons gewone ouens, maar so half geheimsinnig en op hulle eie. My ma, toe sy nog geleef het, het nie van die vrou gehou nie. Maar my pa het respek gehad vir Amber se ma. My pa het in ’n ongeluk blind geword, maar hy wou nie dat hulle sy oë regmaak nie. Hy’t gesê daar was dinge wat hy nou beter kon sien as ander mense. Haar ma het eendag kom vra ek moet na Amber kyk as sy en haar man iets oorkom. Ek kon nie nee sê nie, maar ek het nie geweet wáárvoor ek ja sê nie. Om vir Amber te sorg is … Jy weet


Скачать книгу