Ena Murray Omnibus 38. Ena Murray

Ena Murray Omnibus 38 - Ena Murray


Скачать книгу
kyk. Maar hy sien die krip skaars raak. Hy staar voor hom uit. Kan dit wees dat ’n mens twintig jaar lank met ’n mens saamlewe en hom nie ken nie? Die antwoord is ja. Die besonderhede wat hy oor Klaas Benjamin kan opnoem, kan sy buurman ook opnoem. Almal weet hy is ’n goeie werker, dat hy soms ’n bietjie oorboord gaan met die bottel, dat hy dan en wan sy vrou slaan, dat hy sewe kinders het. Hy weet niks meer as die res van die buurt oor Klaas Benjamin nie. Daardie snipperige Miempie het reg.

      Manie kyk verbaas op toe hy Emile se bakkie aangery sien kom, en hy stap nader.

      “Jy het ’n mooi bulletjie daar,” sê Emile waarderend toe hulle groet.

      “Ja. Ek dink nie Zeus gaan my teleurstel nie. Hy gaan sy kant bring wanneer hy uitgegroei is.”

      Emile glimlag. “Is dit sy naam … Zeus?”

      Manie lag hartlik. “Ja. Ken jy die Griekse mitologie?”

      “Ek weet darem wie Zeus was.”

      “Maar weet jy hóé hy was?”

      “Nee, hoe?”

      “My vriend, hy het net nooit nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Ek hoop maar net Zeus sal sy naamgenoot nie in die skande steek nie.”

      Hulle lag hartlik en dan vra Manie: “Wat bring jou op ’n Maandagoggend hier? Kan ek help met iets?”

      “Ja … e … Ek wil ’n bietjie met jou gesels as jy tyd het.”

      “Natuurlik. Kom ons gaan huis toe. My keel voel al droog. Ons kan daar gesels.”

      Toe hulle elkeen met ’n koppie koffie voor hulle sit, kyk Manie sy buurman vraend aan.

      Emile se gesig is ernstig en dit is baie duidelik dat hy iets op die hart het.

      “Wel?” moedig Manie hom aan.

      Emile soek na woorde. Hy voel half selfbewus, selfs verleë. Tog, die ding hinder hom. Hy moet dit met iemand bespreek. “Man, ja, miskien is ek nou onnodig op loop, maar vanoggend toe ek my werkers so dophou, het ek my afgevra: Ken ek dié mense regtig?” Hy kyk op in Manie se peinsende blik. Dit gee hom moed om voort te gaan: “Ek het skielik vanoggend besef dat ek net ’n werkgewer vir hulle is. Soggens deel ek die bevele uit en vanaand is dit uitgevoer. Dan gaan hulle huis toe en môreoggend begin ons maar weer op die ou trant. Verder … Daar is ’n goeie verstandhouding tussen ons, maar tog is hul rol so passief – in dié opsig dat ék dink en húlle doen. Hulle hande hou my boerdery in stand, maar is hulle harte ook daar? Verstaan jy wat ek bedoel?”

      Manie het ’n ligte frons tussen sy wenkbroue. “Ja, maar gaan voort. Dis baie interessant.”

      “Neem Klaas Benjamin as voorbeeld. Hy is een van my staatmakers. As ek vir hom sê om ’n ding te doen, weet ek dit word gedoen en hy skeep nie af nie. Maar ek wonder nou … Stem hy altyd saam met wat ek gedoen wil hê? Het hy nie ’n mening van sy eie nie? Sou hy nie miskien die ding anders gedoen het nie? Miskien selfs op ’n doeltreffender manier as wat ek voorgestel het. Maar omdat die baas van die plaas só sê, word dit só gedoen. Moet ons nie ons werkers meer aktief betrek nie? Hulle laat voel húlle mening word ook in ag geneem nie? Trouens, die sukses van ons boerderye hang net soveel van hulle af as van ons, die base van die plase.”

      “Emile, jy praat nou so na my hart. Ek dink al lank oor hierdie ding, maar het nog niks daadwerkliks daaromtrent gedoen nie. Hoekom weet ek nie. Ek voel ook lankal die boerdery is net soveel hulle s’n as myne. Hulle moet ook voel hulle lewer ’n belangrike bydrae en dat hulle nie net werk omdat werk werk is nie.”

      Emile kyk hom verlig aan, glimlag. “Daar is ook ander dinge wat my pla. Ek weet nie wat die mense dink en voel nie. Klaas Benjamin is vir my ’n geslote boek. Miskien … miskien koester hy ook drome … het hy ook ’n ambisie wat in hom brand … sulke dinge.”

      “Jy is reg, Emile. Ons ken nie ons mense nie. Vriend, ek is baie bly jy het vandag met my kom gesels. Ek is oortuig daarvan dat jy jou gewig by die plaaswerkersvereniging moet ingooi. Hulle doen reeds baie in die rigting waarheen jy mik, hoewel jy die saak blykbaar in ’n nog breër konteks sien.”

      “Ja, ek weet jy het voorheen met my daaroor gepraat, maar ek het toe gedink ek doen genoeg vir my mense, of liewer, gee hulle genoeg. Ek het dit nie op my plaas nodig nie. Maar miskien moet jy my meer inligting gee oor die plaaswerkersvereniging en wat hulle beoog.”

      “Dis die werk van ’n paar boere wat self met die ontwikkeling van hulle werkers begin het, en wat nou baie wyd uitgekring het. Hulle doel is om die plaasgemeenskappe op te hef.”

      “Maar wat presies dóén hulle?”

      “Hulle hoofdoel is die ontwikkeling van ons plaaswerkers. As ons genoeg boere met ’n positiewe gesindheid bymekaar kan kry, kan ons ons eie GOV stig.”

      “Wat is dit?”

      “Dit staan vir gemeenskapsontwikkelingsvereniging.”

      “Goed. Maar in watter opsig is hulle betrokke by die plaaswerkers?”

      “Daar is baie kursusse wat aangebied word, vir die boer self en ook vir sy werkers.”

      “Soos?”

      “Vir die boer is daar kursusse in praktiese arbeidsverhoudinge, algemene bestuur, produktiwiteit, kommunikasie, man­ne­kragbeplanning, te veel om nou op te noem. Selfs die boervrou word nie oor die hoof gesien nie. Hulle kan ’n vroue­klub stig en verskillende kursusse aanbied: netheid, higiëne, lees- en skryfkursusse, kooklesse waarin hulle kan wys hoe om van min kos baie te maak, of selfs hoe om ’n bewaarskool te begin en te organiseer – iets wat baie belangrik is in ons soort boerdery wat so sterk op vrouekrag steun.”

      “Ja. Ek weet Klaas se vrou hou maar ’n ogie oor die kleintjies wanneer die ander vroue landerye of boorde toe gaan.”

      “Maar sy kan leer hoe om dit rég te doen. Klaas kan ’n trekkerkursus bywoon en ’n sertifikaat kry as bewys dat hy die kursus geslaag het. Dit gee ’n mens selfvertroue; laat hom voel hy beteken iets. Dit doen wondere vir iemand se selfbeeld.”

      Emile knik. “Ek begin al hoe meer besef daar is wel ruimte vir verbetering op La Rhône. Ons moet weer oor hierdie saak gesels, Manie.”

      “Beslis. Laat gaan jou gedagtes so ’n bietjie en dan kom ons vanaand bymekaar en bespreek die belangrikste kwessies.”

      “Goed. Kom jy oor na ons toe. Ek sal vir my ma sê jy eet ook sommer daar. Pa sal ook by ons bespreking moet wees. Hy is nog die baas van die plaas.”

      “Natuurlik.”

      Emile staan op. “Ek het jou nou lank genoeg opgehou. Ons praat vanaand verder.” Hy glimlag skamper. “Daar is een ding wat ons twee beslis hoog op ons agenda sal moet plaas.”

      “Wat is dit?”

      “Ek en jy sal moet vrou kry. Ek sien regtig nie kans vir bewaarskole en resepte nie!”

      Manie lag hartlik. “Ja-nee, ou maat. Ons sal moet hulp kry!”

      Emile loer onderlangs na hom. “Maar het jy nie dalk al een in die oog nie? Dit lyk my jy en ons plaaslike Florence Nightingale kom goed klaar.”

      Manie glimlag. “Ja, maar ek is nie haastig nie. Ek het maar pas die boerdery oorgeneem en het nog te veel wat ek moet doen voordat ek aan trou kan dink. Daar is geen haas nie. Ek kuier maar net ’n bietjie. Miempie is ’n interessante meisie.”

      “Interessant, sê jy?” Emile se mondhoek trek. “Dalk het jy reg. Haar man sal seker nooit van verveling doodgaan nie. Sy kom met die … e … interessantste dinge op die interessantste tye vorendag.”

      Manie glimlag. “Ag, Emile, jy weet sy het nie regtig bedoel wat sy Saterdagaand gesê het nie. Sy was net ontsteld.”

      “Ja, ek weet. Toe maar. Ons het die sakie al uitgeklaar. Maar sy is nie ’n dametjie wat sonder handskoene gepak moet word nie.”

      Manie grinnik geamuseerd. “Jy kan dit


Скачать книгу