'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue. Anton F. Prinsloo

'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo


Скачать книгу
+ ulos “stert”; die Grieks daarvoor, sainein, het saam met stertswaai ook “vleiery” beteken.

      adultereer — egbreuk pleeg

      ’n Man se skelm se naam word dikwels deur hom verander, vervals of gekorrupteer totdat vroulief dit uitvind. Dit is wat adultereer oorspronklik beteken het. Die ding wat tydens adulterasie verander word, is die verhouding tussen getroude man en vrou. Die skuldige party ontken op ’n valse manier dat daar iets aan die gang is tussen hom of haar en die derde persoon in die driehoek. Wanneer alles uiteindelik op die lappe kom, is die huwelik gekorrupteer. Maar daar is ’n tweede betekenis aan die woord, naamlik “iets minderwaardigs maak deur die byvoeging van ’n stof”. Melk wat met water verdun is, is geadultereer. Dit geld eweneens die huwelik. Sommige bronne maak ’n onderskeid tussen enkel adulterasie “seksuele verhouding buite die huwelik met ’n ongetroude persoon”, en dubbele adulterasie (met ’n ander, getroude persoon — as jy dan regtig vir moeilikheid lus is). (Latyn ad “om te” + alter “ander, verskillend, korrup”)

      adverteer — bekend maak; die vermoedelik goeie eienskappe van iets aanprys

      Die oorspronklike Latynse advertare het beteken “waarsku, draai” – dit moes iemand sy kop laat draai sodat hy aandag aan die saak gee. Maar reeds in die 16de eeu het mense besef dat nie alles wat geadverteer word, is soos wat dit behoort te wees nie. Mense is dus gewaarsku om op hulle hoede te wees.

      Die Engelse skrywer John Milton (1608–1674) beskryf in sy Paradise Lost hoedat God die aartsengel Rafael gestuur het om Adam te adverteer (lees waarsku) teen die gevaar van die bose gees wat hom bedreig.

      advokaat1 — regsgeleerde wie se beroep dit is om regs­advies te gee en sake voor die hof te bepleit

      Die oorspronklike advokaat in die tyd van die vroeë Romeine was maar net ’n getuie wat geroep was om die aangeklaagde by te staan (Latyn ad “om te” + vocare “roep”). Eers tydens die keiserryk het die betekenis meer in ooreenstemming met vandag s’n gekom.

      Twee advokate wat besondere posisies in die Katolieke Kerk beklee, is die Duiwel se advokaat en God se advokaat. Wanneer ’n Katoliek se naam vir heiligverklaring voorgelê word, word eersgenoemde (Advocatus Diaboli) opgeroep om alle moontlike swak eienskappe of dade teen die kandidaat in te bring. Die Advocatus Dei daarenteen lê weer alle moontlike bewyse van die onbesproke lewe van die kandidaat voor.

      advokaat2 — alkoholiese drank

      Advokaat was oorspronklik ’n oggenddrank van brandewyn, eiers, suiker en gerasperde neutmuskaat en is beskou as goeie middel om ’n advokaat se keel mee te smeer, ’n keelsmeerder dus. Hy moes per slot van rekening die hele dag in die hof gaan staan en praat. Dat die brandewyn hom dalk twak laat praat het, sou nie opgemerk word nie, want die gewone beskuldigde was in elk geval totaal onkundig wat die regsproses behels het.

      affiliasie — opneem van ’n kleiner vereniging by ’n grotere

      Die Latynse oorsprong van die woord was affiliatus wat spesifiek beteken het om ’n seun aan te neem: ad “aan” + filius “seun”. In so ’n geval is ’n kleiner persoon deur ’n grotere aangeneem – wat die moderne betekenis so effens weerspieël. In kerklike terme het dit verwys na die voorreg waardeur persone wat deur ’n kloostergemeenskap as verdienstelik beskou is, in die gebede, goeie werke en geestelike verdienste van die klooster kon deel.

      affliksie — hartseer, beproewing, lyding

      As jou gees deur teenspoed vermorsel is, het jy ’n affliksie. Dit is ’n verskriklike toestand, maar fisiek nie so erg soos in Romeinse tye nie. Die Latynse herkoms (ad + fligere) het ook “beskadig, teister, neerslaan, neergooi, vermorsel” beteken.

      affodil — geel blom met ’n trompetvormige kelk

      Vir die Grieke was die affodil ’n heilige plant wat aan die dooies gewy is en wat in begraafplase geplant is: ’n doodsplant dus. (Volgens die Griekse geskiedskrywer Homeros in sy verhaal van Odusseus wandel die skimme van die oorlede helde in die onderwêreld op ’n vlakte wat met affodille beplant is.) Volgens die Griekse mitologie was ’n dogter van Zeus, Proserpina, eendag besig om lelies in die Vallei van Nusa in Sisilië te pluk toe die god van die onderwêreld, Pluto, haar gegryp en met sy strydwa ontvoer het sodat sy met hom moes trou. In haar vrees het sy tydens die tog die lelies laat val en hulle het toe affodille geword.

      affronteer — beledig, in die eer krenk

      Maar nie so mak in Romeinse tye nie – die dief het al weer die kers van betekenis bygekom. In Latyn het frons onder meer “(plooi op die) voorkop” beteken. (Dié woord se oorsprong kan dalk ook Gallies frogna “neusgat” wees, maar met die idee van ’n snork van verontwaardiging.)

      Affronteer was om iemand op die voorkop te slaan. As die persoon nie oor die klap beledig voel of minstens woedend word nie, het hy ’n varkie weg. Die minste wat hy kan doen, is om te frons om sy afkeer te kenne te gee. Beter was dat die geklapte daarop sou aandring om die klapper douvoordag met pistool of rapier te konfronteer.

      Die werkwoorde frons en konfronteer is duidelik familie: laasgenoemde beteken om voorkop tot voorkop met iemand te staan sodat jy hom onder vier oë kan sien.

      ’n Ander vroeëre betekenis was “stelling inneem teenoor ’n vyand voordat die geveg begin”. Dit was veral die geval by onbeskaafde volke. Hulle sou eers mekaar tart en treiter deur gesig te trek of onbeskofte klanke of woorde te laat hoor. Miskien sou ’n diep grom soos in die diereryk die vyand afskrik. As hierdie voor­speletjies verby was, het hulle mekaar stormgeloop.

      terug na → FRONS, KONFRONTEER

      aggravasie — verswaring, oordrywing; irritasie

      Latyn gravis beteken “swaar” en om iemand te aggraveer, is om hom met ’n ekstra las te belaai, veral as hy reeds soos Martie Martelaar rondloop. Dit sou hom ook irriteer. Die woord aggravasie is ook in verband met siekte gebruik as ’n pasiënt sy simptome erger voorstel as wat dit regtig is. (Latyn ad “om” + gravare “’n gewig op iemand plaas”)

      aggregaat — ongelyksoortige dele saamgevoeg tot ’n geheel

      Latyn aggregatus (ad “na” + gregare “kudde trop”) het letterlik “verenig in ’n kudde of trop” beteken. Die ongelyksoortige dele van iets is dus gelei tot waar hulle ’n geheel gevorm het: die totaal van die som. Op dieselfde manier het segregasie “afgeskeide van die kudde” beteken (Latyn se “apart” + gregare “kudde”) – wat ook die herkoms van ons vermaledyde woord apartheid verklaar. ’n Nederlandse betekenis van aggregaat was dan ook “opneem in ’n gemeenskap”.

      aggressie — onuitgelokte aanval

      Om tot die aanval oor te gaan, beteken dat jy nader aan die vyand sal moet stap. Agressus in Latyn het beteken “benader, aanval”, maar die oorsprong was eintlik baie meer gematigd, naamlik “nader stap”. Natuurlik was dit nie ’n stappie ter oefening nie, maar om iemand ’n taai klap te gee. Die gressus steek ook in die woord progressie, wat dan letterlik “vorentoe stap” en “vooruitgang” beteken.

      agiteer — opjaag, aanstook

      Ja, maar eintlik het Latyn agere “dryf, aandryf, heen en weer skud” beteken. As iemand heen en weer geskud word, gaan hy beslis opgerui, opgejaag wees – dalk selfs tot raserny gedryf word. In dié toestand lei hy dalk selfs ’n betoging.

      agonie — doodstryd, groot pyn

      Behalwe masochiste is daar min ouens wat plesier uit pyn sal put. Maar die oorspronklike betekenis van agonie het plesier eerder as pyn in gedagte gehad. Uit Grieks agein “lei” het agon gekom: dit waarheen iemand gelei word. Agonie was dus die inlei van iemand in ’n vergadering. Dit is in die besonder toegepas op die samekomste van mense wat die groot Griekse Spele, atletiek en dramawedstryde bygewoon het – en genot daaruit


Скачать книгу