'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue. Anton F. Prinsloo

'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo


Скачать книгу
+ itus “gaan”). Die ambo- vind ook neerslag in ons woord ambulans: ’n rondlopende hospitaal; → KANDIDAAT.

      terug na → AMBULANS

      ambrosia — kos van die mitiese gode op die berg Olimpus

      Hoekom sou die gode hulle kos so ’n deftige naam gegee het? Enigiets wat heerlik op die tong of welriekend is, word ambrosia genoem vanweë die opvatting dat net die gode iets so uitstekends sou verorber. Maar dit is nie die oorsprong van die woord nie: dit kom uit Grieks a “nie” + brotos “sterflik”. Die gode het dus die ambrosia geëet sodat hulle nie sou sterf en die hele Griekse mito­logie daarmee verongeluk nie; → NEKTAR.

      Die Romeinse wetenskaplike Plinius die Ouere (23–79 n.C.) het hom nie juis aan die heerlikheid gesteur nie en sekere kruie ambrosia genoem. Later is gewone vrugtedranke ook as ambrosia (dit wil sê kos, in teenstelling met nektar, die gode se drank) geklassifiseer.

      Letterlik ’n lopende hospitaal; → AMBISIE, KANDIDAAT. Die woord het tydens die Krimoorlog (1853–1856) inslag gevind.

      Diegene wat soggens met ’n kop sit wat voel of dit deur ’n hemp se knoopsgat gedruk is, moet in die toekoms liewer uit ’n beker of bokaal van ametis drink. Dit was oorspronklik ’n voorbehoedmiddel teen dronkenskap. Die woord kom uit Grieks a “nie” + methustos “dronk” van methus “wyn”. Uit die newelagtige verlede kom ’n oorlewering dat ’n paar Kapusynerpriesters een aand etlike bekers wyn (in plaas van hulle soort koffie, cappuccino) gedrink het om iets te vier, indien nie te fuif nie. Die volgende oggend het almal gehoop dat die vroeë gebede, die mette, kort sou wees sodat hulle hul hoofpyne kon gaan vertroetel, maar een van die makkers was so vrolik dat hy sy maats ’n pyn op ’n ander plek besorg het. Eers later in die droewige dag het hulle uitgevind dat hy uit ’n bokaal van ametis gedrink het.

      ’n Spelling in die laat Middeleeue amatis het gemaak dat daarna as die liefdesteen verwys is na aanleiding van die Latyn amare wat “liefhê” beteken het. Dit is waarskynlik ’n oorblyfsel uit die antieke Romeinse tyd: dit was die mees geliefde steen van die ou vrouens vanweë die bygeloof dat dit die liefde van hulle mans onsterflik sou maak.

      (Die steen is reeds solank bekend dat dit in Eksodus 28:19 as deel van die borssak van die hoëpriester vermeld word, asook in Romeine en Openbaring.)

      terug na → ABSINT

      amfibie — dier wat op land en in water lewe

      As jy elke dag jou baas in die gebou sien waar jy werk en dan skielik in ’n gesellinklub, is hy ’n amfibie, ’n dubbelganger wat op albei plekke ewe tuis is. Die woord is vroeër deur ­dierkundiges gebruik om allerhande soorte tweeslagtige verskynsels in die natuur te beskryf, soos otters en robbe. (Grieks amphi “van albei soorte” + bios “lewe”)

      amfora — antieke vaas of ander houer met twee handvatsels

      Die Griekse inhoudsmaat amphora was nege gellings, dus so amper 41 liter. Om dit te kon dra en vir die drinkers wyn te skink, moes ’n man murg in albei jou armpype gehad het, want die kruik moes aan albei kante gedra word (Grieks amphi “aan albei kante” + phoreus “draer”). (Lui Romeine wat geen fees met harde werk wou bederf nie, het hulle amfora met net 27 liter gevul.)

      ammoniak — vlugsout; sterk ruikende soort gas uit ’n sout

      In die Middeleeue is op plekke selfs die ontlasting van die heiliges as relikwieë beskou. Ammoniak is amper daaraan verwant. Die naam is in 1782 deur die Sweedse chemikus, Torbern Olof Bergman (1735–1784), gegee aan gas wat van salammoniak verkry is. Dit was soutneerslae van ammoniumchloried wat in Libië aangetref is naby die tempel van Jupiter Ammon (die Romeinse naam van die Egiptiese god Amoen – die Romeine was besonder toeskietlik om die gode van vreemde, verslane volke in hulle godehemel op te neem). Die tempel was baie oud, want die Griekse geskiedskrywer Herodotus het reeds in die 5de eeu v.C. daaroor geskryf. Die sout is voorberei uit die sand waar die kamele gewag het terwyl hulle eienaars vir goeie voorbodes gebid het. Die diere se blase kon nie wag tot die ­eienaars se fortuine vertel is nie en het ongetwyfeld gehelp om die geur te laat posvat. Ammoniak het dus “kameelurien” ­beteken. Die god Amoen het waarskynlik sy naam te danke aan die Griekse woord ammos (“sand”) omdat die tempel in die woestyn was.

      amnestie — kwytskelding van straf vir politieke en ander misdade

      Amnestie was “vergetelheid”: As jy amnestie van ’n goedhartige regering ontvang, beteken dit dat hy al jou slegte dade teen sy land vergeet. Die woord is duidelik familie van ­amnesie ­“geheueverlies”, maar ook van mnemonies “wat met die geheue te make het”. Die a- vooraan is Grieks en beteken “nie”, dus “nie onthou”.

      amok — toestand van raserny

      Geskiedkundig sou ’n amok (’n kranksinnige Javaan) jou verwoed aanval – veral op straat waar hy so veel mense moontlik wou doodmaak. So lui ’n Portugese bron van ongeveer 1516 – dié noem die rasende amouco uit Maleis amok.

      Die woede of raserny het iemand soms aangegryp as hy deur wraaksug of ’n ander hartstog (soos die Woordenboek der Neder­landsche taal sê) verbyster is en waarby hy deur die onmatige gebruik van opium opgewonde met sy Oosterse dolk in die pad afloop, enigeen wat hy teenkom verwoed aanval en probeer vermoor. Om die mense van die omtrek te waarsku, is daar met houtknuppels op uitgeholde houtblokke geslaan (wat dikwels groter amok as die malle veroorsaak het).

      amuseer — aangenaam besig hou

      Ons het die woord amuseer uit Frans amuser wat bestaan uit à “na” + muser “staar, peins”. As ’n dame jou aanstaar, beteken dit nie noodwendig dat jy haar amuseer nie – jou snor sit dalk skeef of dalk dink sy maar net diep. Die betekenis het gaandeweg verswak tot “die aandag behou”; later om die aandag op iets anders te laat val sodat jy jou ware voornemens kon wegsteek. (Die Franse generaal (Hermann-) Maurice Saxe (1696–1759) het byvoorbeeld ’n ligte kanon ontwerp wat hy die amusette genoem het omdat die vyand nooit sou kon raai dat iets met so ’n naam jou troepe ernstige liggaamlike letsel sou kon berokken nie. Vra die personeel van die veldhospitaal).

      anakonda — reuseslang van Suid-Amerika, wat sy prooi dooddruk

      Met dié reusagtige dier slaan jy nie ’n sweepslag nie, maar ’n sweepslang soos ’n weerligstraal (wat dit waarskynlik oorspronklik beteken het). Die naam is moontlik ’n verlatynsing van die Singalese henacandaya wat “sweepslang” (maar letterlik “weerlig-stam”) beteken. ’n Ander prettige raaiskoot is dat dit uit Tamil anaikkonda kom – wat “het ’n olifant doodgemaak” beteken.

      analise — ontleding, kritiese ondersoek

      As iets ontleed moet word, moet ’n mens dit uitmekaarhaal en losmaak sodat jy die samestellende dele (lede) daarvan kan sien. Die Grieke het dié handeling as ’n losmaking of opbreek van die geslote geheel gesien. (Grieks ana “op, deur en deur” + lusis “losmaking”)

      anargie — wetteloosheid

      Wanneer die mense soos mal goed in die strate rondhardloop en winkelvensters breek, lyk dit of hulle leierloos is (al voer die leier soos ’n generaal hulle van ’n veilige afstand agter aan). Dit is anargie. (Grieks an “sonder” + archos “leier”)

      anatomie — studie van die vorm en bou van ’n diereliggaam

      Die enigste regte manier om uit te vind of jou nier na ’n nier­vormige swembad lyk is om jou oop te sny en te kyk. Dit is wat die woord anatomie beteken: uit Grieks ana “op” + tome


Скачать книгу