40 dae tot hoop. Ronell Bezuidenhout

40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout


Скачать книгу
alte gereelde miskyk in raaksien kan verander.

      Ons almal het blinde kolle. En soms kies ons vir ’n siende- blind-leefstyl. Deur terug te kyk, ondersoek jy jou toewyding: Het ek God lief met alles in my, en my naaste soos myself? Deur vorentoe te kyk, herinner die Gees jou aan die metamorfose-proses.

      Wanneer jy vorentoe kyk, weet jy hoe jy wil wees; deur agtertoe te kyk, weet jy waar jy vandaan kom.

      Geen mens wat met eerlike selfondersoek besig is, beland nié ook by ontnugtering oor jouself nie. Jy is nie wie jy voorgee jy is nie. Jy is anders as wat jy wil hê ander moet dink jy is.

      Ja, jy is dankbaar oor die vordering op hierdie reis, maar terselfdertyd huil jy oor jou gebrokenheid. “Selfondersoek” en “jammer!” is twee goeie karperde. “Jammer!” en “vry word” ook.

      En vir die eerste keer besef ek deesdae dat selfondersoek en “bid-vir-ander” ook by mekaar hoort. As ek myself regtig begin raaksien – deurdat ek na myself deur God se oë kyk – verander die manier waarop ek na ander mense kyk.

      Selfondersoek en deernis hoort dus ook saam. Treur ek oor myself, word my hartseer ook ’n hartseer oor ander se huiwering om te wees wat hulle bedoel is om te wees.

      •Waar in jou week sal jy ’n ekstra tydjie kan inruim om, sonder om gejaagd te wees, oor jou lewe na te dink?

      Dag 3

      Verspeelde kanse

      We don’t have enough time to waste time on nothingness.

      We need to repent our dillydallying on the road to God.

      We need to regret the time we’ve spent playing with

      dangerous distractions

      and empty diversions along the way.

      Ash Wednesday confronts us with what we have become

      and prods us to do better.

      Joan Chittister

      Net vanoggend kry ek dié skokkende nuus: ’n Jong, 30-jarige vrou het ná ’n operasie nie wakker geword nie.

      Die digter skryf: “Vandag hier, môre nie meer nie.”

      En ek kan nie anders as om my eie lewe te bedink nie. “Vandag hier …” – en ek weet daar gaan ’n dag kom wat ander van my ook sal sê – “ … môre nie meer nie.”

      My ganse lewe verloop tussen vandag en môre. Dit is die einste lewe wat ek so maklik ondeurdag deurbring. Die lewe waartydens ek my met beuselagtighede vermaak.

      Hoeveel onnodige seerkry veroorsaak ek nie deur ’n onnadenkende lewensingesteldheid nie! Méér: Hoe onnadenkend gaan ek nie met ander mense om nie. Hoe maklik kyk ek mis waar ek kon raaksien, stap ek verby waar ek kon stilstaan.

      Joan Chittister se “dillydallying” jaag my na die woordeboek. Ek ken nie die woord nie, ek blaai rond vir sinonieme, en vind dit: huiwerigheid, onsekerheid, in twee geskeur, besluiteloosheid.

      Het die skrywer van Psalm 103 dit dan ook geken? Want dit is tog hoe die lewe werk: Vandag is jy hier … en jy weet nie wanneer “môre” nie meer vir jou môre gaan wees nie.

      Moenie met hierdie geskenk speel nie! Of, soos die digter in ’n ander psalm sug: Moet tog nie dat my lewe nutteloos wees nie!

      Moenie die kans op lewe verspeel nie. Moenie met huiwerigheid of onsekerheid leef nie. Moenie tegelyk in verskillende rigtings probeer loop nie.

      Wees gefokus; jou lewe is kosbaar. Staak jou besluiteloosheid. Of, soos Chittister in The Liturgical Year skryf: “Repent (y)our dillydallying on the road to God.”

      Dit alles laat my aan Thomas Merton se bekende sin dink: “If you want to identify me, ask me not where I live, or what I like to eat, or how I comb my hair, but ask me what I am living for, in detail, and ask me what I think is keeping me from living fully for the things I want to live for.”

      Dalk is dít waaroor hierdie reis gaan: om die regte vrae te begin vra sodat jy by die regte bestemming kan kom.

      Gebed: Here, verander my “sommer net”-lewe na ‘n voluit-lewe!

      Geloofsgewoonte 3: Maak jou potlood skerp

      Die goeie ou gewoonte om dagboek te hou is ’n waardevolle hulpmiddel om jou oor jou “dillydallying” te help nadink.

      Maar dalk is jy een van daardie mense wat vol energie begin om ’n dagboek te hou, en ná ’n paar dae moed opgee en ophou omdat jy dit nie élke dag “reggekry” het nie.

      Ons behoefte aan perfeksie is een van ons grootste struikelblokke. Buitendien is skryf nou nie meer in die mode nie; daar is mos kriptiese e-posse, of kort teksboodskappe. Skryf is tydrowend, en wie kan dit bekostig om só lank stil te sit?

      Sommige mense voel ook ongemaklik met ’n gedurige gekarring in hul eie gedagtes. Die befaamde CS Lewis was eens ’n kranige dagboekskrywer, maar hy het dit ná sy bekering gestaak, juis omdat hy nie op homself wou fokus nie. Hy het dit as ’n egosentriese aktiwiteit beskou om oor sy eie doen en late te skryf.

      Daar kan inderdaad bedenklike redes wees waarom jy dagboek hou, en daarom moet jy sekerheid oor jou motiewe hê. Daar is wel ’n goeie rede om dit, al is dit net tydens hierdie reis, tóg te oorweeg: Hier gaan dit nie oor “mooi” skryf nie; dit gaan oor biddend skryf. Dit is nie ’n verslag oor jou doen en late nie; dit help jou om jou lewe te bedink. Dit gaan nie oor wat gebeur het nie, maar oor hoe jy daarop gereageer het.

      Dalk kan jy met behulp van jou dagboek, ná ’n paar dae of weke se skryf, ’n klompie patrone in jou lewe raaksien. Dalk herken jy slaggate wat jy andersins sou miskyk.

      Dit gaan hier dus oor ’n bestekopname, en oor hoe jy op die lewe-as-geskenk reageer. Om die gewoontes te ondersoek wat van ’n kosbare lewe ’n tydmors-lewe kan maak. En, nee, ’n tydmors-lewe het allermins iets met “nie besig genoeg nie” te maak. ’n Tydmors-lewe kan net soveel te make hê met ’n oorlaaide program as met ’n lewe vol verveling.

      ’n Tydmors-lewe is om dit te doen wat nie jou bestaansdoel is nie.

      En dit is eers wanneer jy oor jou lewe begin nadink dat jy begin verstaan dat jy keuses moet maak tussen dit waarmee jy jou lewe vul, en dit waarmee jy dit eerder sou wou vul.

      Eers dan sal jy ontdek wat die aandagafleiers is. Wat presies dit is wat jou daarvan weerhou om te leef soos jy bedoel is om te leef.

      Dag 4

      Stilhouplek

      Ná ’n leeftyd se middelmatige gewoonheid of

      ’n ondeurdagte vasval in die slaggate van godsdienstigheid,

      vereis Lydenstyd van my as Christen om tot stilstand te kom.

      Net dan kan ek eerlik nadink oor wat regtig in my

      binneste aan die gang is. Lydenstyd dwing my tot stilstand

      sodat ek myself weer kan uitdaag: Glo ek regtig?

      Joan Chittister

      Elke reis het ’n stilhouplek nodig, ’n plek waar jy weer die padkaart kan bestudeer. Of waar jy sommer net kan asemskep voordat jy die reis later hervat.

      Nou hoekom sal ons tussen die Kaap en Johannesburg die motor by Colesberg onder ’n boom in trek om te rus, maar ons gun ons nie dieselfde soort stilhouplek vir ons lewensreis nie?

      Gewoonlik sal Dag 4 ’n Saterdag wees. (Dit is inderdaad só as jy op Aswoensdag begin het). En dit bied jou die ideale geleentheid om vir ’n slag nee te sê vir jou gewone aktiwiteite, en om ’n bietjie meer tyd by jou stilhouplek deur te bring.

      Het jy dit al oorweeg om een van jou naweekdae as ’n heilige stilhouplek in te rig? Nee, ek bedoel nie dat jy op ’n


Скачать книгу