40 dae tot hoop. Ronell Bezuidenhout

40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout


Скачать книгу
hoe verduidelik die Ou-Testamentiese teoloog Walter Brueggemann dit: “’n Rusdag-viering, wat in die Bybel ook ‘sabbat’ genoem word, gaan nie in die eerste plek oor aanbidding nie. Dit gaan oor nee sê vir werk. Dit gaan oor nee sê vir die kultuur wat die farao’s geskep het om van mense slawe te maak. Dit gaan oor nee sê waar een groep mense hulle ten koste van ’n ander groep mense verryk.”

      Dit maak dus sin dat hierdie pelgrimsreis jou ook oor die farao’s in jou lewe wil laat nadink. Dit is nie maklike dinkwerk nie, want ons hedendaagse farao’s is nie altyd so sigbaar soos die destydse Egiptiese vorste nie – of só dink ons.

      Ons hoef ons dalk nie af te sloof om piramides te bou nie, maar ons is steeds baksteen-pakkers, dag na dag na dag. Steeds sloof ons ons af. Ons base het net ander name.

      Hoe bedink ’n mens hierdie siklusse as jy dit nie soms onderbreek nie?

      Die ou geloofvaders en -moeders het geglo dat jy minstens een dag per week êrens in die natuur moet kom. Hoekom? Dit dwing jou om na ander dinge rondom jou te kyk as na dit waarna jy gewoonlik kyk.

      Dit laat my dadelik dink aan God se gesprek met Abram in Genesis 15. Nadat Abram sy lot by God bekla – en in die proses ook ’n bietjie protesteer by God omdat God se tydsberekening nie na sy sin is nie – antwoord God hom só: Kyk ’n bietjie na die hemel, Abram! Probeer die sterre tel.

      Hiermee verwys God nie bloot na die sterre as ’n simbool van sy voorsienigheid nie, maar Hy sê dit waarskynlik ook om vir Abram te laat hoor: Haal ’n bietjie jou oogklappe af! Kyk na die groter wêreld waarvan jy deel is.

      Hoeveel te meer sal dit ons hier in die 21ste eeu nie baat om ’n slag verder en wyer te kyk nie – ons wat heeldag na ’n rekenaar se skerm staar …?

      Môre sit ons die reis voort met die aanbreek van die eerste Lydensondag. Natuurlik sal dit ’n onderbreking van ons gewone handelswyse wees. Dit sal amper wees asof God vir ons sê, soos vir Abram: “Kyk op …”

      Sondag is nooit soos ’n ander dag nie. Só lui een van die ou Christelike wyshede.

      Die lewe kan hóé sleg wees, maar Sondag is anders. Sondag herinner ons aan die opstanding. Sondag is Die Dag van Nuwe Lewe.

      Eugene Peterson se vertaling van Psalm 119 in The Message is ’n kunswerk. Luister hoe verwoord hy hierdie pelgrim se gebed: “Guide me down the road of your commandments; I love traveling this freeway … Invigorate me on the pilgrim way.”

      Gun jou vandag so ’n stilhouplek sodat jy die waarde van jou lewe kan bedink. Sodat jy die lokvalle kan systap en die weg wat God jou wys, kan leer ken.

      Sodat jy môre, met die eerste tree ’n nuwe week in, kan uitroep: “I love traveling this freeway.”

      Gebed: Here, maak my selfs méér opgewonde oor hierdie hartsreis!

      Geloofsgewoonte 4: Die sewe classics

      ’n Geloofsgewoonte is iets wat jou help om jou lewe só in te rig dat jy al hoe meer in jou toewyding aan God en jou diens aan jou medemens kan groei. Deur die eeue heen was daar sewe spesifieke gewoontes wat gelowiges gehelp het om staande te bly.

      Drie van die gewoontes het met ons lewe en ons leefwyse te doen:

      •om te vas

      •om te gee

      •om dikwels ’n geloofsmaaltyd saam met ons medegelowiges te vier

      Nog drie van hierdie gewoontes het met die bestuur van ons tyd te doen:

      •vaste tye vir gebed

      •die viering van ’n rusdag

      •om die lewe volgens seisoene te leef (die Advent-seisoen; die Lydenstyd-seisoen; die Pinkster-seisoen, ensovoorts).

      Die sewende gewoonte raak sowel ons liggaam as ons tyd-bestuur:

      •’n pelgrimsreis.

      Ons vroegste geloofsouers het klaarblyklik met dieselfde dinge gesukkel as dit waarmee ons vandag in die 21ste eeu probleme ondervind, naamlik: Hoe maak ons met die té min ure in ons dag, en hoe leef ons die lewe in ons liggaam?

      Deesdae verwoord ons dit dalk ’n klein bietjie anders, maar die betekenis is presies dieselfde. Ons vra: Hoe maak ek ruimte vir God in my besige lewe? En: Hoe behou ek perspektief in dié tyd wat ek verslaaf geraak het aan die gesig in die spieël, of wanneer ek wens dit was eerder ’n ander gesig …?

      Die uitdaging hier is om hierdie geloofsgewoontes vir jou eie lewe se vorming te gebruik. Daar is immers net een doelwit: om dit wat jy doen, dit waarmee jy jou besig hou, só te doen dat dit “vir die Here” gedoen word. Om die manier waarop jy jou tyd deurbring, en die manier waarop jy jou omgewing en jouself versorg en versier, só in te rig dat dit “vir die Here” gedoen word.

      WEEK 2

      Eerste Sondag in Lydenstyd:

      Gebed as jou intiemste jy

      Dag 5

      Gemaksones

      Geloofsgewoonte 5:

      ’n Oefening in “oorbegin”

      Dag 6

      “Heaven is real!” … Ja, hier op aarde!

      Geloofsgewoonte 6:

      Bedink geloofsgroei

      Dag 7

      Slegte bemarking

      Geloofsgewoonte 7:

      Bedink waarom, dan hoe

      Dag 8

      Ego-bestuur

      Geloofsgewoonte 8:

      Kyk weer … en weer … en bly bid

      Dag 9

      Gister se lesse

      Geloofsgewoonte 9:

      Vyf vrae

      Dag 10

      Gebedsonderbreking

      Geloofsgewoonte 10:

      Bedink die ure in jou dag

      Eerste Sondag in Lydenstyd: Gebed as jou intiemste jy

      Don’t try to reach God with your understanding;

      that is impossible.

      Reach him in love; that is possible.

      Vader Carlo Carretto

      Gebed en liefde is onlosmaaklik deel van mekaar. Soos vir enige twee verliefdes, spoel die liefdestaal aanvanklik vryelik oor jou lippe. En namate dié twee mense mekaar beter leer ken, word hulle gemakliker met stilte. Die weet-van-mekaar begin op ander vlakke as gesels gestalte kry.

      Ek sien dit in my ouers se verhouding met mekaar. Ná ’n huwelik van bykans 60 jaar is die verlange na die ander een se daarwees, se blote teenwoordigheid, belangriker as die behoefte aan ure se gesels. En ek hoor dit by ons Oupa Klonkie wat by die voordeur inkom, en sy eerste woorde is: “Meidjie, waar’s jy?”

      Bloot die neerskrywe hiervan laat my dink aan God se “waar is jy?” in Genesis 3:9. Hierdie vraag laat ons ’n brose God sien. Een wat geselskap soek. Wat ’n ander se teenwoordigheid opsoek. En as jy nie antwoord nie, word dié soeke selfs meer intens: Wáár ís jy!

      In Letters from the Desert help Carlo Carretto ons om dit alles te verstaan. Hy skryf onder meer: “The soul converses with God with a single loving glance, although this may often be accompanied by dryness and suffering.”

      Ek is daarvan oortuig dat dit vir ons nodig is om deur verskillende gebedsfases te gaan voordat ons hierdie “single loving glance” tussen ons en God kan verstaan.

      En die eerste fase begin gewoonlik


Скачать книгу