Ter wille van geluk. Naretha Franken

Ter wille van geluk - Naretha Franken


Скачать книгу
is dus nie weer getroud nie. Hoekom laat dit haar … amper goed voel?

      Toe sy lank gelede daardie oggend ná hul huweliksherdenking uit die stort gestap het, was haar plan om hom in eie munt terug te betaal. Sy wou in haar motor klim en vir die res van die dag en nag net verdwyn.

      Hy het haar met ’n hartseer gesig in die kombuis ingewag. Een verduideliking na die ander gegee en haar belowe om te vergoed vir die aand wat hy haar so skandelik gefaal het.

      Sy verskonings het mekaar weerspreek en drankwalms het in die kombuis gehang, maar sy het besluit om hom te vergewe. Haar gebede is verhoor en hy was immers veilig.

      “Al wat ek vra, Christiaan, is dat jy my nie vir die gek hou nie. As daar ’n probleem is, of as jy ’n behoefte het aan ander geselskap, sê dit vir my. Moet asseblief nie dat ek die laaste een wees om dit te hoor nie,” het sy in sy arms gepleit.

      “Hoe kan jy so iets van my dink? Hemel, Rien, jy ken my tog al lank genoeg om te weet dat ek nie so laag sal daal nie.”

      “Ek het nie gesê dis wat jy doen nie, Christiaan. Ek vra jou net om met my eerlik te wees. Ek is jou vrou en jy weet hoe lief ek vir jou is. Ek kry net soms die idee dat jy dinge vir my wegsteek. Dinge wat ek behoort te weet.”

      “En hier gaan ons al weer.” Hy het haar weggestoot en met lang treë by die agterdeur uitgestap.

      Dae lank het hulle nie met mekaar gepraat nie. Sy het besluit een keer in haar lewe gaan sy nie die minste wees en om verskoning vra nie. Sy het geëet en sy kos in die louoond gelos.

      Haar liewe dierbare man wat as student skaars sy mond aan drank gesit het, het skielik selfs gedurende die dag na drank begin ruik. Hy was nooit meer homself nie en wanneer sy hom daarop sou wys, het alles net vererger.

      Saans het sy haar kussing nat gehuil, maar sy het nie weer ’n enkele oproep gemaak wanneer hy nie huis toe gekom het nie. Tog het sy vroeg een oggend ’n oproep ontvang van dieselfde konstabel wat ’n paar weke gelede die pad tot op die plaas gefynkam het op soek na Christiaan se bakkie.

      Sy stem was bietjie onseker. “Mevrou van Breda, dis konstabel Spies hier. Ek het bietjie navrae by die kantoor gedoen – u het meneer Van Breda toe nie as vermis aangegee nie. Ek neem dus aan dat u hom opgespoor het.”

      “Ja, baie dankie vir die moeite, konstabel.” En toe, asof iets in sy stem haar gepla het, vra sy. “Kon jy hom toe opspoor?”

      Hy het vreugdeloos gelag. “Nie daardie nag nie, mevrou, maar toevallig het daardie selfde bakkie waarna ons gesoek het vanoggend net voor my by ’n woonkompleks uitgery. Ek neem dus aan dat u hom gisteraand weer gesoek het.”

      ’n Yskoue hand het om haar hart kom vat. Sy wou darem nie pateties klink nie en het toe, ondanks die vrees om haar hart, sag gelag: “Nee, gisteraand het ek darem geweet dat hy gaan uitslaap. Net nie wáár nie.”

      “Nee, maar dan is die saak reg, mevrou. Lekker dag vir u verder.”

      Net voor hy die oproep afsny, het sy gou gevra: “Jammer, konstabel, waar het u gesê is die kompleks?”

      Hy het gelag asof hy geweet het sy gaan dit vra. “Ek het nie gesê nie, mevrou, maar dis Chrismor Villas. Dis net buitekant Somerset-Wes, reg agter Pick ’n Pay. Wil u hê dat ek u moet skakel as ek hom weer daar gewaar?”

      “Ag, ek dink nie dis nodig nie, baie dankie. Ek dink dis waar sy een vriend bly. Lekker dag vir jou ook.”

      Sy het die foon doodgedruk en eindelose minute net so roerloos bly staan. Haar kop het soos ’n tuimeldroër begin draai met duisende gedagtes, en toe al het sy geweet dat sy nie sal rus voordat sy weet by wie hy in Chrismor Villas oorbly nie. Heel moontlik is dit waar een van sy nuwe drinking buddies bly, maar haar vroulike intuïsie het ’n ander storie vertel.

      Toe dit haar weeklikse inkopiedag word, het sy sonder huiwering by die kruising regs in pleks van links gedraai. Sy het die Pick ’n Pay-tak waarna die konstabel verwys het, maklik gevind, maar ietwat gesukkel om die kompleks te kry.

      En toe sy die naam uiteindelik op die woonstelblok van rooi baksteen met sy drie verdiepings gewaar, het haar brein gesukkel om Christiaan daarmee te assosieer. Die gebou het oud en verwaarloos teen die res van die buurt gelyk. Sy het lank na die bedrywigheid om die woonstelblok gesit en kyk en toe besluit dat die konstabel seker ’n fout gemaak het.

      Sy het daar weggery en besluit om vir eers van Chrismor Villas te vergeet.

      Ruchelle se oproep dat sy vir ’n paar dae wou kom kuier, het soos ’n bestiering gekom.

      Christiaan het haar daardie selfde aand ná Ruchelle se oproep om verskoning kom vra en toe sy suster twee dae later opdaag, was sy en Christiaan ’n gelukkige paartjie. Dinge was weer in hul gewone glybaan waaroor sy dankbaar was.

      Ongelukkig nie vir lank nie.

      Skaars drie weke na Ruchelle se vertrek het die verskonings weer begin en het hy meer as tevore gedrink. Sy kon nie anders as om weer oor Chrismor Villas te wonder nie.

      Ander dinge het ook gepla. Daar was iets aan hom wat sy nie kon plaas nie. Soms was hy net ’n totale vreemdeling. Die kyk in sy oë, die manier waarop hy gestap of gesit het. ’n Koue hand het al stywer om haar hart begin klem. Sy was huiwerig om aan haar vrese ’n naam te gee. Hy sou tog nie so dom wees om …

      Hoewel sy dit nie wou glo nie, het al hoe meer van sy reaksies en handelinge daarop begin dui.

      Dwelms!

      Die dag wat sy sonder om te klop by sy studeerkamer ingestap het, die wit poeier voor hom op ’n stuk papier op die lessenaar gewaar het, daardie dag het sy gedink sy gaan dood.

      Hy het woedend opgespring en haar begin uittrap. Hoe durf sy sonder om te klop hier instorm!

      Sy kon hom net verslae aanstaar. Haar hart het van teleurstelling gepyn. Hoe kon hy? Hoe kon hy dit aan haar én aan homself doen? Waar sou hy die goed kry? Is dit wat hy by Chrismor Villas gaan doen, of wag daar nóg skokke op haar?

      Die blou oë het groot en verwytend in sy kop gestaan.

      Stil het sy omgedraai en by die agterdeur uitgestap. Sy moes vars lug kry. Hoe ver sy gestap het, kan sy nie eens onthou nie, maar dit was donker toe sy uiteindelik omgedraai het.

      In stilte en met baie gebede het sy gewag vir die regte tyd om met hom te praat. Genadiglik het hy ingestem tot behandeling en is hy vir twee weke na ’n privaat kliniek. Keer op keer het hy egter die opvolgbesoeke misgeloop en slegs ’n paar maande later moes hy weer teruggaan. Dié keer vir twee maande.

      Die plaas is in die hande van betroubare plaasbestuurders gelos. Elke tweede aand het sy hom gaan besoek. Vir hom skoon klere en ietsie lekkers geneem. Dankbaar het sy met elke besoek ’n stukkie van die ou Christiaan teruggekry. Dit het begin voel of haar lewe weer koers kry.

      Sy het die huis omgekeer en behoorlik skoongemaak. Nuwe beddegoed en strooikussings in die sitkamer moes die plek bietjie ophelder. Sy was opgewonde oor ’n nuwe begin.

      Maar toe, deur ’n onskuldige vraag, word haar lewe in sekondes weer onderstebo geruk.

      “En jy? Ek dog jy slaap lankal,” breek haar ouma se stem deur Marina se pynlike gedagtes. “Ek sukkel ook vanaand om te slaap, seker bietjie oormoeg. Wil jy tee hê? Ek gaan maak.”

      Marina skuif verskrik, tog bietjie verlig, op teen die leuning van die bank en sukkel ’n oomblik om na die hede te kom. “Dankie, Ouma, dit sal lekker wees. Myne het gestaan en koud word.”

      Sy dop die lêer in haar hand gou om en maak een van die ander op haar skoot oop. Die laaste ding wat sy wil hê, is dat haar ouma nou begin vrae vra. Haar liggaam pyn behoorlik van ingehoue spanning, en haar voete het yskoud geraak.

      Die pyn en vernedering van jare gelede lê weer vlak in haar binneste en die begeerte om weg te hardloop wil-wil net kop uitsteek. Hoe gaan sy deur die nag kom?

      Susan sit Marina se beker tee voor haar op die tafel en gaan sit op die bank oorkant haar. Haar oë gaan lê


Скачать книгу