Anderman se vrou. Chris Karsten

Anderman se vrou - Chris Karsten


Скачать книгу
kan nie kom nie, hy’s ’n slegte voorbeeld vir haar kinders, gaan droog eers uit, dalk kan ons dán iets uitwerk. Natuurlik was dit Doris wat haar gebel en gewaarsku het.

      In Montreal, dwalend deur ysige winterstrate, kry hy snags slaapplek en sop met ’n paar snye brood by die Old Brewery Mission. Sluip op Nuwejaarsdag terug huis toe, verlang na Jenny en Henry. Verlang na Doris. Verlang na sy huis, sy bed, sy vorige lewe. Het nie ’n sleutel nie. Klop. Doris maak die deur oop, sê niks, druk die stuk papier teen sy bors, klap die deur in sy gesig toe.

      Hy gaan sit op die trap en vou die papier oop. Beskermingsbevel. Mag nie binne honderd meter van die huis kom nie, mag nie binne honderd meter van Doris of die kinders kom nie. Trek die halfbottel Jack Daniels uit sy jas se sak, skroef die prop af.

      Cheers!

      Dit is 1 Januarie 1991.

      RACHEL

      Augustus 2006

      George Town

      Liewe Lea

      Voor ek enige woord verder skryf, wil ek eers dadelik sê: Jammer, jammer, ek is só jammer, Sus! Wat ek aan jou gedoen het, is onvergeeflik, maar wanneer jy klaar gelees het, hoop ek jy sal beter begryp en my nie te hard oordeel nie. Dalk laat jou hart selfs vergifnis toe.

      Hierdie brief is sonder S se wete en teen sy uitdruklike opdrag, maar langer kon ek nie stilbly nie, want ek en jy’t tog nooit iets vir mekaar weggesteek het. Het ons nie selfs ons persoonlikste en intiemste brokkies met mekaar gedeel nie?

      Ek weet ek het nou daardie vertroue op die ergste moontlike manier geskend en ek sukkel om my in te dink in jou skok en hartseer oor my kastige “dood”. Watse soort mens doen só iets aan ’n geliefde suster? Daarom is verskonings die laaste ding wat ek wil aanbied. Jy verdien die waarheid en ek hoop jy sal dan besef hoekom dit die beste is dat ons moes verdwyn het en hoe min beheer ek oor alles gehad het. Dit het so skielik gebeur en is vir my net so moeilik om te verwerk.

      Soos jy weet, is ons huwelik op ’n stamperige pad, maar S bly my man en ek vertrou sy instinkte, ten spyte van sy afsydigheid en vreemde opinies. Hy sê dis vir mý beskerming dat ons moes padgee en vra geduld sodat die stof kan gaan lê en hy kans kan kry om al die misverstande op te klaar.

      Dis belaglik, maar ek word glo verdink van ’n affair (en dus medepligtigheid) met daardie Jack wat al die mense in die Paasnaweek doodgemaak het. Moet tog nie al die skinderstories oor ons in die koerante glo nie, Sus, ek en S was by niks onwettigs betrokke nie, veral nie moord nie!

      Intussen is dit die beste dat ons “dood” bly totdat die wolk oor ons koppe weg is. Daarom kan ek net sê ons is iewers oorsee.

      Ek wens jy was naby sodat ek jou kon bel en jou stem hoor en als aan jou kon verduidelik. Ek voel partykeer so neerslagtig en alleen hier in die vreemde. Jy dink jy behoort die man te ken met wie jy al so lank ’n bed deel, die een wat jy veronderstel is om lief te hê. Jy dink jy ken hom so goed dat jy sy hart kan sien klop, sy brein kan sien dink, so goed dat jy kan voorspel hoe hy voel en wat hy gaan doen. Maar ná al die jare besef ek opnuut dat ek S nooit regtig verstaan het nie en nooit sal nie. Het hy my ooit liefgehad, wonder ek dan. Dit maak my baie onseker en eensaam en selfs bang, hierdie gevoel dat ek my man nie regtig ken nie en dat ek myself al die jare so kon bedrieg. Maar ek dink nie dit was valse gevoelens nie, ek dink dit was wel liefde en ek was gelukkig saam met hom, is dalk steeds. Ons huwelik het dalk bloot net afgekoel tot ’n temperatuur wat vir ons albei gerieflik en aanvaarbaar is. En nou voel dit vir my erger hier in die vreemde, so ver van die daaglikse roetine en bekende goed om my, maar dalk, so hoop ek met my hele hart, gaan die vreemde ook help dat ons by mekaar uitkom.

      Dit was nie my bedoeling om my hart aan jou uit te pak nie, maar dankie dat jy luister, Sus, al moet so baie goed ongesê bly, en dalk liefs ook ongedink.

      Moenie eens vir Peet sê dat jy iets van my gehoor het nie. En laat weet hoe dit met Ma gaan. Hoor jy iets van Pa?

      Delete hierdie e-pos dadelik, ook uit alle ander files op jou rekenaar. Doen dieselfde met e-posse wat jy vir my stuur. Ek is seker jy weet hoe om elektroniese spore dood te vee, so nie gaan vra vir iemand hoe mens dit doen. Ek sal dieselfde op my laptop doen. Daar moet tog nie ’n teken op enige van ons rekenaars wees dat ons met mekaar kontak het nie.

      Jammer oor al die geheimsinnigheid. Tot later.

      Liefde

      R

      Rachel druk Send, wis dan die e-pos uit, klap die laptop toe en sit daarmee op haar skoot, turend by die venster uit oor die turkoois water van die Karibiese See. Simon het vir hulle die condo op Seven Mile Beach gehuur, naby die strand en loopafstand van die Queen’s Court Plaza met al sy winkels, restaurants en nagklubs. Natuurlik is dit hemels, wie droom nie van ’n lewe op so ’n tropiese eiland nie?

      Maar in die stil condo het haar e-pos aan Lea te veel herinneringe afgestof wat nou eers haar aandag vereis. Simon is uit met ’n lêer vol dokumente, om ’n bus te haal na die Kanadese konsulaat bo in West Bay Road. Sy wens sy kon haar suster se stem hoor, want Lea is eintlik al familie wat sy het. Behalwe haar ma. En haar pa. Haar ma krepeer in die Blue Haven in Pretoria-Noord, haar pa jol met ’n brons bimbo aan die arm in Mooloolaba, of Malalooboo, so iets, iewers aan Australië se Goue Kus. Vir haar ma traak niks meer nie, op haar brein is daar reeds te veel neuritiese aanpaksel, die degenerasie te ver gevorder, willoos en onomkeerbaar net al hoe dieper in haar eie eensame donker put. Dít maak haar en Lea bietjie bitter. Haar ma so hulpeloos, kragteloos, sterwend. En doer lê hulle pa in die son saam met sy Sheila en haar verbleikte hare, silikoontiete en rooi botoxlippe.

      Nadat haar ma so erg begin verswak het dat sy permanente sorg benodig, het hulle, saam met hulle pa, besluit om haar in Blue Haven Frail Care te laat opneem. Haar pa het genoeg geld, sy TipTop Auto Body Repairs in Rosslyn was besonder winsgewend. Maar op ’n dag kondig hy aan dat hy vir vakansie Australië toe gaan en dat Peet na die besigheid moet kyk. Peet was toe al ’n paar jaar by sy skoonpa se paneelkloppery, nadat hy op vier en dertig te lank in die tand geword het om gereeld span te haal by die Bulle. Haar pa het eers twee maande later teruggekom, met op sleeptou hierdie Australiese gusooi wat haar verbeel sy is eintlik nog ’n speelse lam. Sy sakebelange kom konsolideer, het haar pa aangekondig. Wat hy bedoel het, is dat hy TipTop wil verkoop en Australië toe verkas, Queensland se koers, die Goue Kus. Peet sê hy het rugbygeld in die bank opgepot, hy wil TipTop oorvat. Die transaksie is daar en dan met Klipdrift Premium beklink.

      Haar nuwe laptop piep. Kan net Lea wees.

      My liewe, liewe Sus

      Die vreugdevure brand, Rachel! Jou stem uit die “Anderkant” is so ’n wonderlike awesome surprise!

      Maar ja, om jou enigste suster te “verloor”, veral op so ’n terrible manier, was baie erg en baie sad, dit kan ek nie ontken nie. Ek wens jy kon my betyds gewaarsku het, eers kry ek die nuus dat julle doodgebrand het, toe bel die cops om te sê ek moet julle goed gaan uitken. Double whammy! Kan jy dink hoe ek gevoel het toe ek jou ruined verloofring daar sien? S se fênsie Rolex was skaars herkenbaar, maar ek kon dit goed onthou. Dis hoekom ek so seker was dis julle. Oor die ring en horlosie.

      En natuurlik moes die koerante ’n spul lelike ou stories gaan opgrawe oor S se werk destyds in daardie geheime lab en die cops se suspisies oor jou en daardie sleazeball Jack in die Paastyd. In een koerant sê ’n grootkop nadat Jack dood is, het hulle jou as ’n person of interest beskou en hulle sal steeds graag met jou wil gesels. Is dit wat jy bedoel van S wat sê hy wil jou beskerm?

      Anyhow, gelukkig het ons julle nog nie gaan begrawe nie, die polisie wil nie die ashes release nie, hulle praat van ’n ongoing investigation. Hoe lank kan dit nog ongoing wees, dis al maande?

      Maar van jou het ons al wel afskeid geneem. Ek het gesê dis die regte ding om te doen, ons moet jou lewe celebrate. Daar was nogal baie mense, ook Mira Kellerman. Sy sê haar eksman en S het saamgewerk. Wim, dink ek, boer glo met butterflies.

      Van Pa hoor ek g’n woord nie, net ’n kort email op my verjaarsdag. Vir Ma gaan kuier ek nog gereeld elke Sondagaand. Sy praat skaars en staar net so voor haar uit, ek weet nie eens of sy


Скачать книгу