Die De Zalze-moorde. Julian Jansen

Die De Zalze-moorde - Julian Jansen


Скачать книгу
kamerlig in ’n buurhuis aan. Kinders daar het glo verhewe stemme in Goskestraat 12 gehoor. Toe was dit weer stil.

      Die volgende oggend WhatsApp Narita ’n grappie vir Teresa. Toe haar suster teen halfelf se kant nie daarop reageer nie, pla dit haar en sy bel hul broer Francois. Sy kan aan sy stem hoor iets is drasties verkeerd. Hy breek aan haar die skoknuus dat Martin, Teresa en Rudi met ’n byl vermoor is en dat Marli se lewe aan ’n draadjie hang. Henri het darem net ’n paar skrapies opgedoen. Kort hierna hoor en sien Narita die vloed berigte oor die moord op haar familie. Sy is histeries.

      ***

      By haar nuwe skool word ’n gebedsdiens vir Marli gehou. Haar beste vriendin, Mia Boshoff van Johannesburg, plaas ’n foto van hulle twee op Facebook. Al haar vriende bid vir haar.

      Ook die Presbyterian Ladies’ College in Perth hou ’n waak in die kapel. Die hoof, Beth Blackwood, dra die medelye en gebede van die skoolgemeenskap aan die familie oor. Sy sê Marli was in haar sewe jaar daar ’n “hoogs gewaardeerde” leerling. Haar broers se skoolhoof by Scotch College, Alec O’Connell, spreek sy skool se simpatie uit en sê Henri en Rudi was aktiewe leerlinge in die skool en koshuis. En dat die Van Breda-gesin ’n gewaardeerde deel van die gemeenskap was.

      Op sosiale media vertel Rudi se vriende hoe hartseer en geskok hulle is. Toe Sam Fearon van sy boesemvriend se tragiese dood hoor, komponeer hy die liedjie “Rudi’s Song” en deel dit op die internet. Sy ma, Annie Durrand, vertel uit Kent in die Verenigde Koninkryk hulle het Rudi baie goed geken in die vyf jaar dat sy en Sam in Australië gewoon het; Rudi was soos ’n tweede seun vir haar. Hy was ’n sagte mens, hoflik, altyd met ’n glimlag op sy gesig. Sy en Sam voel die verlies ontsettend diep en is baie kwaad.

      ***

      In ’n bisarre voorval laat die aand van dieselfde dag as die bylmoorde neem ’n dierbare vriendin van Martin en Teresa haar lewe. Die Van Breda’s het vroeg in die Nuwejaar nog by Marie Gous en haar man, Flip, op Bon Avontuur, hul wildsplaas langs die Gouritzrivierbrug buite Mosselbaai gekuier. Die 72-jarige Marie het kanker gehad.

      Die tragiese nuus oor haar vriende het haar baie diep geraak, vertel haar familie. Die egpaar was laataand in hul voertuig op die N2 in die rigting van Albertinia op pad toe Marie haarself langs Flip doodskiet.

      ***

      Die gedenkdiens vir Martin, Teresa en Rudi word in Moreletapark in Pretoria deur ds. Willem Badenhorst gelei. Sonder hul oorskot; hulle is veras.

      Hy sê sedert die drie se afgryslike dood vra almal: “Waarom, Here?”

      “Die dood skeur ’n stuk uit ’n mens se lewe. Martin, Teresa en Rudi se dood het met ons almal, die land ook, gepraat. Dit wys ’n vinger en vra: ‘Is jy reg vir die dood?’”

      Hy beskryf elkeen: “Martin, die saggeaarde, vrygewige gesinsman; Teresa, die stil rots in die Van Breda-huis; Rudi, die unieke mens met baie liefde wat nie geskroom het om dit uit te deel nie.”

      Later dank hy die Here in sy gebed dat Hy in hul heel laaste sekondes nie Teresa se hand laat los het nie, sy arms steeds om Rudi gehou het, en nie vir Martin alleen gelaat het nie. En vra dan: “Here, sal U van hier af elke tree saam met Henri en Marli stap?”

      Henri is nêrens by die diens te sien nie. Baie twyfel agterna of hy daar was. Maar sy oom André van Breda sê later: “Natuurlik was Henri by die roudiens.”

      Sy broerskind het deur baie trauma gegaan en die familie aan albei kante – sy ondersteuningspan, sy regspan, almal – ondersteun hom. Die jong man se hart is gebroke; hy het Henri belowe hy sal hom nie drop nie.

      André noem ook dat Marli se toestand van kritiek na bestendig verbeter het. Die dokters het hom gebel en gevra of sy uit die waakeenheid na ’n groot kamer geskuif kan word waar sy fisioterapie sal kan ontvang. Die verpleegpersoneel het dit al met familiefoto’s versier, vertel hy bewoë. “Marli beweeg haar oë as ’n mens met haar praat. Bid vir haar.”

      ***

      Met die begrafnis verby begin die mediafokus nou die egpaar se testament insluit. ’n Familiewoordvoerder, Ben Rootman, bevestig die Rudell Holdings Trust en hul drie kinders is die begunstigdes van hul aansienlike rykdom. Ook dat die Australiese bates aan familie en die trustees bemaak is, maar dat dié bates nog nie volledig bepaal is nie.

      Martin se broer Bailey, en Teresa se broer André, word as trustees in die trust bygevoeg. Bailey is ook een van die eksekuteurs van die boedel, wat blykbaar meer as R200 miljoen sterk is. Tesame met Bailey se tweelingbroer, André, en nog ’n trustee, Don Bosman, moet hulle voortaan die belange van die enigste oorlewende begunstigdes, Henri en Marli, beskerm en bestuur.

      Drie maande ná die treurspel verskyn ’n berig dat die polisgeld van die vermoorde Van Breda’s nog nie uitbetaal kon word nie, moontlik weens onsekerheid oor wie dit toekom. Volgens ’n “onberispelike bron” het “die familie” van die twee jong erfgename die polisie genader vir ’n brief wat moet bevestig dat daar nie prima facie-getuienis bestaan wat Henri of Marli met die moorde verbind nie. Die polisie kon of wou nie so ’n brief uitreik nie.

      Die versoek vir die brief was glo te midde van “ongeduld” in die familie om die geldsake af te handel. Volgens ’n polisiebron was die betrokke familielid erg omgekrap omdat die versoek aan die polisie uitgelek het.

      ’n Brandende vraag was aan die ontwikkel: Is daar enige sprake van verdeeldheid tussen die Du Toits en die Van Breda’s? Iemand na aan die ondersoek het aan die media genoem van die familielede voel om onbekende redes die erfgeld moet net na Marli gaan, terwyl ander weer meen dit kom albei kinders toe. Marli se enorme mediese koste is ter sprake.

      Ben Rootman sê namens die familie Henri ontvang berading. Hy “cope” onder die omstandighede en sy laaste bekommernis is geld.

      ***

      Drie maande ná die moorde word die gesinshuis van 364 m², ’n bate van die Rudell Holdings Trust, vir R6,2 miljoen te koop aangebied. Dit is R1,6 miljoen meer as wat Martin die vorige jaar daarvoor betaal het. Die meubels word afsonderlik verkoop. In vergelyking met die gesin se vorige huise is hierdie een betreklik beskeie, die privaat ruimtes rondom besonder klein.

      Daar was glo onmiddellik groot belangstelling in en heelwat navrae oor die huis met die vier slaapkamers, vier badkamers, twee leefareas, ’n swembad en dubbelmotorhuis. Maar dit sou ses onsuksesvolle aanbiedings en twintig maande kos voordat dit eindelik van die hand gesit is – teen die vraprys van R6,2 miljoen.

      Goskestraat 12, waar ’n ouerpaar en hul oudste kind op een van die grusaamste maniere denkbaar tot hul einde gekom het.

      2 Skuilnaam.

      3

      Koptrauma sonder weerga

      DIE SKATRYKES EN brandarmes, die bekendes en minder bekendes van die Boland het al hier voor haar op die vlekvryestaaltafels met die swart rubberwieletjies gelê. Op dié tafels is almal gelyk. Die gemene deler? Die dood.

      Die kopwonde van Martin, Teresa en Rudi van Breda is van die skokkendste wat die staatspatoloog dr. Daphne Anthony nog gesien het. ’n Polisiebron sou later vertel “die wonde was soos wanneer ’n mens hout sou kap: Jy hou die byl met albei hande en kap met mag”.

      Dit is deel van die gruverhaal in ’n gesin se lewe waaraan haar bevindings nog sal help vertel.

      Dr. Anthony is ’n senior forensiese spesialis by die Wes-Kaapse forensiese patologiedienste in Du Toitstraat, Stellenbosch. Sy is by die Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer as mediese dokter en forensiese patoloog. Dié Paarliet is hoogs ervare. Sy tel glo lankal nie meer hoeveel lykskouings sy al gedoen het nie.

      ’n Liggaam is vir haar soos ’n misdaadtoneel. Sy moet so metodies en akkuraat moontlik vasstel wat die mens wat voor haar lê se dood veroorsaak het en watter skade daar aan die liggaam is. Die inligting moet fyn besonderhede bevat, want dit moet in ’n hof van nut kan wees. In kruisondervraging moet die feite lewend word.

      Lykskouings


Скачать книгу