Die De Zalze-moorde. Julian Jansen

Die De Zalze-moorde - Julian Jansen


Скачать книгу
maar ook haar passie, vertel kollegas.

      Vandag wil sy die bylslagoffers se post mortem eerste afhandel. Haar effens gryserige hare is netjies onder ’n kopdoek weggesteek. Die drie lyke is 48 uur tevore ingebring.

      Eerste aan die beurt is ’n man met grys hare langs die slape. Sy vel is wasbleek in die skel lig van haar lamp, sy gesig, hare en lyf bloedbevlek. Die forensiese offisier John Gouws identifiseer die liggaam van die “wit volwasse man” as dié van Martin Christo van Breda. “Hy is plus-minus 55 jaar oud, gesertifiseer as dood op 27 Januarie 2015 om 08:44.”

      “Plus-minus 1,75 m, plus-minus 120 kg, effens oorgewig,” teken dr. Anthony aan.

      Speurkonst. Zuko Matho staan by, sy gesig stroef en bleek. Hy het Vicks in sy neusgate gesmeer; dit help ’n bietjie teen die reuk van die dood. Die ondersoekbeampte weet al wat kom.

      Die patoloog doen met haar skalpel en geoefende hand dit waarvoor sy opgelei is. AO André Hitchcock van die polisie se kriminelerekordsentrum op Worcester neem foto’s. Hy en dr. Anthony werk half in tandem: Sy staan soms opsy sodat die sersant kan mik en druk, mik en druk. ’n Fotograaf van die slagoffer-identifikasiesentrum doen ook sy plig.

      Tussendeur die kameraflitse teken sy haar waarnemings in ’n notaboekie aan: “Uitwendige skerp en stomp trauma aan die kop en sentrale bo-rug,” skryf sy. Geen bewyse van verdedigingswonde nie. Meestal skedelfrakture, breinbeserings. Bloed in die neusgate en mond, ’n bietjie in die lugpyp, lugpypies en longe en sowat 100 ml in die maag. Geen teken van tablette, tabletstukkies of ander oorblyfsels in die maag nie.

      Die oorsake van dood word vlugtig neergepen: “Hoofbeserings en gevolge daarvan. Onnatuurlike oorsake.” Op sketsdiagramme dui sy die wonde aan van bo-op sy kop tot aan die agterkant van sy nek en nommer hulle van een tot vier. Hulle word sorgvuldig gemeet en aangeteken: ’n snywond van 10 x 7,5 cm aan die regter-agterkant van die kopvel; een van 9 x 1,5 cm aan die linker- en agterkant van die kopvel; ’n halfmaanvormige, penetrerende snywond van 8 x 2 cm regs aan die boonste deel van die kopvel; en een van 10 x 0,5 cm aan die agterkant van die bo-rug by die nek.

      Sy sien ook ’n massiewe skedelfraktuur van voor na agter, en ’n lineêre breuk in die agterste vloer van die skedelholte.

      Dr. Anthony gee die forensiese offisier ’n bloedmonster om vir tekens van alkohol en ander toksiese stowwe te laat toets. Konst. Matho kry ook een. Dit sal gebruik word om Martin Christo van Breda se DNS te bepaal. Dit kan dan met die DNS van die bloed op die toneel vergelyk word, asook met dié van die ander slagoffers en oorlewendes.

      Sy neem skraapsels onder die vingernaels; as hy hom dalk teen sy aanvaller teëgesit het, kan dit DNS-getuienis bevat.

      Die ondersoekbeampte staan ook by toe die liggaam van die vrou met die ligblonde hare en skraal gesig ondersoek word. Teresa Jacoba van Breda is “plus-minus 56 jaar oud, gesertifiseer as dood op 27 Januarie 2015 om 08:44”.

      Sy is aan die kort kant – “plus-minus 1,65 m lank” – en weeg “plus-minus 75 kg”. Haar gesig, hare en lyf is bloedbevlek.

      Sy het twee groot snywonde aan die regter-agterkant van haar kop: 11 x 1,5 cm en 11 x 2 cm. Die patoloog sien verskeie los beenfragmente van die skedel, asook breinweefsel. Bo-op die skedel, na regs agter, is ’n penetrerende snywond van 6,5 x 1,4 cm.

      Daar is klein kneusings aan die regterkant van die lae rug, skuurmerke op die neusbrug, bloed in die mond en neusvleuels en die longe het platgeval.

      ’n Sny van 2 cm aan haar regterduim kan daarop dui dat sy haar probeer verdedig het of die skerp voorwerp probeer keer het waarmee sy aangeval is.

      Twee bloedmonsters en skraapsels onder die vingernaels word geneem.

      Dr. Anthony skryf haar bevinding neer: “Hoofbeserings en gevolge daarvan. Onnatuurlike oorsake.”

      Die derde liggaam is dié van die 22-jarige Rudi van Breda, “as dood gesertifiseer op 27 Januarie 2015 om 08:48”. Hy is 1,7 m lank en weeg sowat 80 kg. Ook sý gesig, hare en lyf is bloedbevlek.

      Die belangrikste bevindings is “uitwendige skerp en stomp trauma” aan die kop en linkerkant van die boonste deel van die nek met gevolglike breinbeserings; klein skuurmerke aan die regterknie en albei handgewrigte; verdedigingswonde aan die linkerpinkie en nael. Die linkerlong het platgeval en daar is bloed in die maag.

      Die lykskouer skryf die fyner besonderhede neer in haar notaboekie: ’n penetrerende wond van 7 x 1 cm aan die linkerkant van die nek en een van 7 x 2 cm aan die linkerkant van die kop; ’n groot, onreëlmatige sny van 20 x 4 cm en ’n lineêre een van 7 cm aan die linkerkant van die kop, met groot, los beenfragmente sigbaar; ’n groot, onreëlmatige sny van 16 x 2,5 cm met ’n wond van 7 x 1,5 cm aanduidend van ’n penetrerende keep in die middel van die linkerbokant van die kopvel, met onderliggende breinweefsel sigbaar.

      Die slukderm en maag bevat ’n bietjie bloed. Geen teken van tablette, stukkies tablette of oorblyfsels in die maag nie.

      Sy oorhandig die nodige bloedmonsters en vingerskraapsels vir ontleding.

      Die oorsaak van dood: “Hoofbeserings en gevolge daarvan.”

      Dr. Anthony sou as staatsgetuie in ’n komende strafsaak kon getuig dat die 22-jarige donkerkop hoofsaaklik aan die linkerkant van sy nek en kop aangeval is. Dat die aanvaller waarskynlik regshandig is. Dat hy doodseker wou maak sy slagoffer sterf.

      Met die lykskouings agter die rug kan haar aantekeninge oor elkeen nou uitgetik word in ’n amptelike lykskouingsverslag vir konst. Matho se De Zalze-dossier.

      ***

      Kapt. Candice Brown werk by die ballistiese afdeling van die uiters moderne forensiese laboratorium in Plattekloof, 15 km noord van Kaapstad. Sy ontleed die “gereedskapmerke” – die patrone wat die waarskynlike moordwapen op die liggame van Martin, Teresa en Rudi gelaat het – en moet forensies-wetenskaplik bepaal waarmee hulle om die lewe gebring is. Die byl voor haar is swaar; dit weeg sowat 4,5 kg. Sy moet kyk of die snykant daarvan en die wonde op die slagoffers ooreenstem. Haar verslag sal in ’n strafsaak voor die hof kan dien.

      Kol. Sharlene Otto, laboratoriumhoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se forensies-biologiese eenheid, voer die DNS-toetse uit. Sy sal kan getuig wie van die oorledenes en oorlewendes se DNS op die byl, ’n kombuismes en veral Henri se bokserbroek gevind is. En wie se DNS in die bloedspatsels en merke teen die mure en op die vloer was. Die DNS se “verhaal” sal chronologies moet ooreenstem met Henri se getuieverklaring. Dit sal enige onwaarskynlikhede in sy weergawe van die nag se gebeure wetenskaplik kan blootlê.

      Kol. Henry Stewart, hoof-forensiese analis in die biologiese eenheid, stel ’n verslag saam oor die ontleding en identifikasie van die bloed- en weefselmonsters wat op die toneel gevind is. ’n Lid van die Valke se digitale forensiese laboratorium begin die sketse van die tonele voorberei, wat onder meer die tyd en tydsduur van die aanvalle sal insluit.

      ***

      Met die geur van Vicks nog in sy neusvleuels haas konst. Matho hom ná die lykskouings terug na Goskestraat 12. As leier van die span speurders wat sy hoof, kol. Deon Beneke, in hierdie hoëprofielsaak saamgestel het, kan hy nie bekostig om te lank uit De Zalze weg te wees nie.

      Hy is nougeset daarop ingestel om die protokol vir die hantering en bestuur van die misdaadtoneel deurgaans na die letter uit te voer. Nes hy op die eerste dag twee dae tevore sy bes gedoen het om die moordhuis “skoon” te hou. Hy was toe baie spesifiek oor wie die moordtoneel in watter stadium mag betree. Dié wat wel toegelaat is, is deur hom vergesel, al langs die ingangsroete wat hy reeds vroeg uitgemerk het. G’n besoedeling nie. G’n versteuring nie.

      Konst. Matho onthou hoe hy die kolonel daardie oggend op ’n “deurstap” van die toneel geneem het. Hulle het probeer sin maak van alles: Waar het die aanvaller(s) die huis binnegekom? Waarmee is die inwoners aangeval? Waar is die eerste slagoffer aangeval? Watter spore is agtergelaat? In watter volgorde het alles gebeur?

      Vir hom moet die res van die ondersoek nou so vlot moontlik verloop. As ondersoekbeampte hou hy die dossier. Hierin staan aangeteken watter speurder vroeg


Скачать книгу