Branderjaer. Joha van Dyk

Branderjaer - Joha van Dyk


Скачать книгу
teken van koppro­ble­me? Dalk dwelms?”

      “Ek dink dis super hot.”

      As daar een ding is waaroor Mieke kan praat, is dit verhoudings. Sy’s immers ’n expert, selfs meer as Bella wat lank­al gekys het.

      Deidre kantel haar kop.

      “Hoe gaan dinge met Christiaan?”

      ’n Glimlag speel om Mieke se lippe. “Eh. Ons sal sien. Ek hou nogal van Erich?”

      “Uys?”

      “Jip, hy’s in Pieter se registerklas. Elke keer as ek vir Pieter daar kry, loop ons in mekaar vas. Hy’s bitter oulik.”

      “Laat ek raai: hy’t jou op ’n koffie-date gevra?”

      Mieke se mond pop komies in ’n ronde “o” en haar oë blink stout. “Hoe’t jy´ geweet?”

      Deidre skud haar kop en sug. Hier sit sy en worry oor sproete en ’n tutorsessie, terwyl Mieke met die rugby- én hokkiespelers doenig is. Asof Mieke se lewe nie besig genoeg is met die tweeling en haar waitressing-skofte by Eden nie. Moenie eens noem van Bella met haar atletiek en die Inkvis én haar vaste ou vanaf graad nege nie. Sy kon nooit verstaan hoekom hulle so jonk al ’n ou wou hê nie. Nou? Nou wens sy enigiemand kan haar kop van die donkeroog-Jaer afhou. Sy’s amper te bang om haar oefeningboek oop te maak, weer na sy handskrif te moet kyk, te onthou waaroor hulle gepraat het en sy stem en –

      Die ergste is, sy kan niks onthou nie. Bôggerol. Dis asof iemand haar brein skoongevee het, want sy weet nie waaroor hulle gepraat het nie.

      Hel, sy kan nie eens die presiese kleur van sy oë onthou nie. Bygesê, sy kan ook nie onthou wanneer laas sy gaan stap het nie, so dalk is daar ander dinge wat met haar kop smokkel.

      “Wanneer laas het ons gaan stap, Mieks?”

      “Uh, net voor jou ma so crazy geraak het oor jou toekoms en die beurs en seksisme en … ugh. Al daai. Hoekom?”

      “Ek dink ons moet weer begin.”

      “Hoekom nie nóú nie?”

      Bella kom van ’n lang lyn van fietsryers aan haar ma se kant, en ’n lang lyn van langafstandatlete aan haar pa se kant. Bella is dus nog altyd die aanhouer-wen, kom-ons-spring-­in-die-swembad-met-ons-skoolklere-tipe meisie. Vir die eerste keer kan Deidre nie kreun en Bella se spontane be­sluite weier nie.

      Sy moet iets doen, enigiets anders as om aan Louw te dink. Daar’s in elk geval iets vreemds aan haar spieëlbeeld. Asof sy ’n dowwe, uitgewaste weergawe van haar ou self is.

      Sy’t gedink sy bewys iets toe sy opgedaag het by die see, maar eintlik het daar iets gebeur – iets wat haar herinner het aan daardie meisie wat Frederik in die branders leer inhardloop het sonder om twee keer te dink. Wat het van haar geword?

      Mieke rol op haar maag en gryp haar foon. “Ek laat weet vir Pieter.” Terwyl sy tik, glimlag sy oordrewe. “Jy sal enigiets doen vir die Branderjaer, huh?”

      “Dit gaan nie oor hom nie,” keer Deidre.

      “Ja, dit doen, Deidre Anker. Ek ken jou al vir ewig, so moe­nie eens probeer jok nie.”

      Bella knik. “Jy suck in jok.”

      “Mieks –”

      “Jy besef elke meisie in die skool sal spring vir jou posisie, nè?” Mieke stoot haarself regop en trek haar vaal hare terug in ’n bokstert.

      “Wat bedoel jy?”

      “Dis Louw Swanepoel. ’n Branderjaer.” Bella se regter­wenk­brou is netjies gebuig. “Al die meisies jaag hulle. Alle. Meisies.”

      “In elk geval, hy’s soos die goue gans –” las Mieke by.

      “Die gans wat goue eiers lê.”

      “Sien, jy weet waarvan ek praat.” Mieke krap in haar kas vir plakkies. Dis asof niemand anders verander het nie. Mieke en Bella is presies soos hulle was. Voor alles gebeur het. Is dit net sy wat stilstaan? Is dit net sy wat gestagneer en sproete verloor het? Het hulle dit ooit agtergekom? Of het hulle haar net tyd gegee om self te besef sy kan nie alles van Voor uitskakel en vergeet nie?

      “Julle oorreageer, Bella. Komaan.”

      Bella laat haar oë oor Deidre gly, vingers wat tik-tik teen haar foon. “Ek sien my vriendin wat heeltemal te veel skoenlappers het om skynbaar so kalm te wees.”

      ’n Paar plakkies tref Deidre se bene en Mieke kom staan oor hulle.

      “Kom, ons gaan stap jou skoenlappers weg.”

      Louw

      “DAAR’S ALIENS IN Breekwater.”

      Dis hoe Frederik Anker vir Louw en Jak gewaarsku het toe hulle Breekwater met hulle fietse wou binnevaar en verken. Eers jare later sou Louw besef Frederik was reg.

      Hy verstaan ook nou hoekom hulle as jong laaities vir die waarskuwing gelag en toe in elk geval Breekwater vermy het. Hulle het altyd geweet iets is nie reg daar nie.

      Die eerste keer toe hy daar ingestap het, het hulle met fiet­­se daar aangekom, met puisies en maer arms en vrees. Ben het hulle gewys waarheen sy pa hom gevat het toe hy klein was, en hulle het by die ondergrondse parkeerarea ingery. Hulle’t die fietse op die swart gruis gelos en Ben gevolg tot by ’n deur waarteen ’n swart rot binne ’n kring gespraypaint was. Jak het een of ander sarkastiese opmerking gemaak oor die rot. Ben het hom ’n vuil kyk gegee, maar Malherbe het gelag.

      Die ou wat by die deur uitgekom het, het ’n pyp tussen sy tande gehad, die reuk van tabak die enigste skoon ding omtrent sy teenwoordigheid. Boss was nog altyd tingerig – te maer om self te baklei – maar hy het ander skills, so het Ben hulle gewaarsku, skills wat selfs Ben se pa indrukwekkend gevind het. Dis nog iets wat Louw later besef het. Boss het een of ander siekte wat hom so sleg laat lyk, maar in sy hart is hy nes ’n rot. Hy sal jou opvreet as hy honger genoeg is.

      Louw het nie geweet wat hulle opgee toe Boss hulle na kantore onder die gebou lei nie. Die Kring was leeg, maar alles was taai – al was daar skoonmakers met moppe en lappe. Die Kring is altyd taai, maak nie saak hoeveel keer dit ge­skrop word nie.

      Toe die deur van ’n kantoor oopgaan en hulle die man ag­ter die lessenaar herken, ’n sigaret tussen sy vingers, was dit asof hulle almal gelyktydig vries. Hy het hulle na­der ge­wuif – die eerste van nog baie bevele wat die Jaers sou nakom. Louw het die man se ring met sy van se wapen op gememoriseer, die trouring aan sy linkerhand, die netjies ge­strykte hemp. Hy was te skoon vir hierdie plek, sy gesig te be­kend om hier te hoort. Die hoof-Kringmaker. Die man wat ’n oor­een­koms gesluit het met die Rotte, Breekwater se wreedste bende. Die man wat saam met die Rotte hierdie hel geskep het. Die breins agter die muscle.

      Hy was nie die man wat hulle gedink het hy is nie.

      Ben het hulle voor die tyd gesê dat sy familie bekend is in Breekwater – om die verkeerde redes – en het al die praatwerk gedoen. Hulle het Kalla se misdaad probeer verduidelik, gevra vir empatie. Toe hulle niks kry nie, was daar net een ding oor om haar skuld aan te spreek.

      Die kontrak was klaar op die tafel.

      Die man het agteroor in sy stoel geleun en die kontrak met ’n selfvoldane glimlag oor sy lessenaar geskuif. Ben kon net na die papiere staar, en niemand wou die keuse maak nie.

      Dit was Ellis wat eerste die kontrak geteken het. Toe hy dit doen het Louw net gedink aan Kalla se gesig, die trane wat oor haar wange gerol het. Die bloed.

      “Ek het al gehoor van julle,” het die man gesê toe hy die kontrak terugneem en in sy onderste laai toesluit. “Julle’s redelik bekend vir daai stunts van julle. Dis great.” ’n Netjies geplukte


Скачать книгу