Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies. Dr Arien van der Merwe

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe


Скачать книгу
soos insulien en geslagshormone aan spesifieke reseptore op die selmembraan bind. Dit stuur ’n stroom boodskappe na die sel, deur die sitoplasma tot in die nukleus (kern) en DNS waar selfunksie gereguleer word. Peptiede (inligtingstowwe) word ook volgens gedagtes en gevoelens gemaak, en word biochemiese molekules. Vreugde-, dankbaarheid-, liefdes- en vredemolekules stel die liggaam (bv. brein, hart, witbloedselle, dermvoering, beenmurg) in staat om ‘goedvoel’-peptiede soos serotonien en endorfiene te maak. Hulle bind aan spesifieke reseptore op selmembrane en die sel kan dan behoorlik en goed funksioneer. Die resultaat is optimale gesondheid en welwees. Die selmembraan, reseptorbindings- en boodskappermolekules (epigenetiese omgewing) is baie belangrik wanneer ons by ’n holistiese benadering tot die behandeling van chroniese leefstylsiektes kom.

      Kom ons loer dieper in die misterieuse wonder van lewe, die innerlike omgewing van elke sel. Die illustrasie hieronder toon ’n klein gedeelte van die selmembraan om reseptorbinding te illustreer, en stel die kernkonsep van epigenetika en genetika bekend.

      1.Eerste boodskappermolekule (ligand) bind aan sy baie spesifieke reseptor (daar is duisende verskillende reseptore) op die selmembraan. Die molekule kan ’n hormoon, soos insulien, wees. Sodra insulien aan die reseptor bind, kan glukose in die sel ingaan. Glukose is die sel se primêre brandstof wat gebruik word om energie binne die mitochondria te maak. Ander voorbeelde van boodskappermolekules: geslagshormone, skildklierhormone, inligtingspeptiede, sekere voedingstowwe, ens.

      2.Sodra die binding plaasgevind het, word die boodskap deur die sitoplasma gestuur deur middel van die tweede reeks boodskappermolekules met die volgende response:

      3.selreaksies, d.m.v. ’n ketting van ensieme wat kaskades van biochemiese reaksies veroorsaak ...

      4.wat weer boodskappe deurdra na die nukleus (kern) waar dit selfunksie beïnvloed en die genetiese uitdrukking van die DNS-molekule verander.

      Die rol van hormone in glukose- en vetmetabolisme: insulien, glukagon, grelien, leptien en adiponektien

      Insulien: ’n hormoon wat deur die beta-selle in die Langerhans-eilandjies in die pankreas vervaardig word in respons op stygende bloedsuiker- (glukose-) vlakke. Insulien stel glukose in staat om in selle in te gaan en daar vir energie gebruik te word. Sekere selle (bv. spier- en vetselle) kan nie glukose sonder insulien gebruik nie. Die onvermoë om genoeg insulien te maak of daarop te reageer, lei tot diabetes mellitus. Indien die beta-selle degenereer, of die liggaam se immuunstelsel val die beta-selle aan en vernietig hulle, kan die liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie, en dit lei tot tipe I-diabetes. Iemand met hierdie soort diabetes moet met insulien ingespuit word. In tipe 2-diabetes vervaardig die beta-selle insulien, maar óf nie genoeg nie, óf selle in die liggaam is weerstandig teen die insulien.

      Glukagon: ’n polipeptiedhormoon wat deur die alfa-selle in die Langerhans-eilandjies in die pankreas afgeskei word in respons op lae bloedsuiker (gewoonlik wanneer ons moet eet om brandstof vir die liggaam te verkry), of op stimulasie deur groeihormoon, wat dan die afbreek van glikogeen in die lewer bewerkstellig om ’n styging in glukose teweeg te bring.

      Grelien: ook die ‘hongerhormoon’ genoem; ’n peptied wat deur grelienselle in die maag en brein vervaardig word. Dit reguleer honger en speel ’n sleutelrol in die regulering van die verspreiding en verbruik van energie. Wanneer die maag leeg is, word grelien afgeskei. Wanneer die maag vol is, word afskeiding gestaak. Dit reageer op breinselle om honger, afskeiding van maagsuur en gastro-intestinale motiliteit (beweeglikheid) te verhoog om die liggaam op voedselinname voor te berei.

      Leptien: ’n peptiedhormoon wat deur vetselle vervaardig word. Dit speel ’n rol in die regulering van liggaamsgewig deur ’n effek op die hipotalamus te bewerkstellig om eetlus te onderdruk en vet wat in vetweefsel geberg is, te verbrand as brandstof vir selenergie.

      Vetsug, een van die hoofoorsake van diabetes, word gekenmerk deur ’n weerstandigheid teen leptien, en ’n wanbalans tussen leptien en grelien.

      Adiponektien: ’n polipeptiedhormoon wat deur vetselle vervaardig en afgeskei word. Dit reguleer die metabolisme van lipiede (vette) en glukose. Adiponektien beïnvloed die liggaam se reaksie op insulien. Adiponektien het ook ’n anti-inflammatoriese uitwerking op die selle wat die wande van bloedvate uitvoer. Hoë bloedvlakke van adiponektien word met ’n verminderde risiko vir hartsiekte verbind, en speel ’n beskermende rol om die ontwikkeling van metaboliese sindroom en insulienweerstandigheid te voorkom. Lae vlakke van adiponektien kom voor in mense wat vetsugtig is en ’n groter kans op diabetes en hartaanvalle het.

      Let wel: Alle potensiële hormoonwanbalanse in die geval van oorgewig, vetsug (obesiteit), insulienweerstandigheid en diabetes is gevolge en nie oorsake op sigself nie. Gevoelens en gedagtes is die hoofoorsaak van enige wanbalans in ons liggaam.

      Bron: Aangepas en vertaal uit Wikipedia, Merriam-Webster Medical Dictionary en International Journal of Endocrinology

      Die pankreas skei glukagon (wanneer bloedsuiker laag is) óf insulien (wanneer bloedsuiker hoog is) af. Glukagon stimuleer die afbreek van vet (of proteïn en glikogeen in spiere, of glikogeen in die lewer) om bloedglukose te verhoog vir voldoende brandstof om selle optimaal te laat funksioneer.

      Wanneer bloedglukose hoog is, sal insulien die deurgang van glukose na vet- en spierselle bevorder om brandstof vir selfunksie te verskaf, asook om brandstof vir latere gebruik te stoor (energie in die vorm van adenosientrifosfaat- [ATP-]). Insulien is ook verantwoordelik vir vetsintese (lipogenese) wanneer die bloedglukose te hoog is, of hoog bly. Dit sal gebeur wanneer die inname van voedsel te hoog is, daar te veel verfynde koolhidrate (bv. pasteie, koek en koekies, witbrood, witsuiker) in die dieet is, porsies te groot is, of selle onsensitief vir insulien geraak het (soos wat eers in insulienweerstandigheid en later in uitgesproke diabetes gebeur). Oorgewig en later vetsug sal die gevolg daarvan wees. Dit is een van die hoofoorsake van tipe 2-diabetes.

      Gewoonlik, wanneer jy weer moet eet, of indien jy nie gereelde maaltye eet nie, of te min kos eet (wanneer jy ’n dieet volg!), daal jou bloedglukose en word glukagon afgeskei. Wanneer die glikogeenvoorraad (primêre bron van geredelik beskikbare glukose) in die lewer uitgeput is, sal spierproteïen as brandstof gebruik word. Slegs daarna sal vet gebruik word!

      ’n Dieet wat hoog is in suiker en hoofsaaklik uit verfynde koolhidrate bestaan, verhoog jou risiko vir diabetes en hartsiekte deur metaboliese sindroom (’n groep simptome wat hoë bloedsuiker of bloedglukose, hoë bloeddruk, insulien- en leptienweerstandigheid, hoë trigliseriede, lewerdisfunksie en abdominale vetopeenhoping in die ingewande) te bevorder. Insulienweerstandigheid word veroorsaak deur faktore wat inherent is aan ons hedendaagse lewenstyl, met inbegrip van diëte wat hoog is in voedingstof-arm, verwerkte en onverfynde koolhidrate, verfynde suikers, verfynde meelsoorte en nywerheidsgraad-groente-olies. Om dit te vererger, skep onvoldoende oefening, chroniese stres, vitamien D-tekort, te min slaap, blootstelling aan omgewingstoksiene, chroniese inflammasie en swak dermgesondheid (disbiose of ongebalanseerde dermflora – mikro-organismes in die ingewande wat noodsaaklik is vir gesondheid) die ideale lys bestanddele vir die ‘chroniese-siekte-resep’.

      Insulien is noodsaaklik vir lewe. Insulien wat egter chronies verhoog is, is die wortel van onbeheerde inflammasie in die liggaam, en speel ’n groot rol in byna al ons hedendaagse chroniese siektes (oftewel ‘gesondheidsuitdagings’).

      LEPTIEN: NOG ’N SPELER IN DIE BALANSSPEL VAN GLUKOSE, BRANDSTOF EN ENERGIE

      Leptien is ’n hormoon wat ’n sleutelrol speel in die regulering van energie-inname en -verbruik. Saam met insulien en glukagon is dit waarskynlik een van die belangrikste hormone in jou liggaam wat gesondheid en langlewendheid bepaal. Leptien verhoog die sirkulering van glukose, insulien en glukagon.

      Sowel insulien- as leptienweerstandigheid word met vetsug en oorgewig verbind, asook tipe 2-diabetes. Verswakking van hierdie hormone se vermoë om aan hulle spesifieke reseptore te bind om


Скачать книгу